DROOG JOU EIE TA­MA­TIES

Weg! Platteland - - Kweek Tamatie En Eiervrug -

• Ver­werk die ta­ma­ties da­de­lik na­dat jy dit ge­pluk het. Die ta­ma­ties kan ge­skil of ongeskil, in hal­wes, kwar­te of smal­ler stuk­ke ge­droog word. Klein of taam­lik dun stuk­ke le­wer ge­woon­lik die bes­te eind­pro­duk. • Ge­bruik slegs vars ta­ma­ties van die heel bes­te ge­hal­te – die droog­pro­ses sal nie ta­ma­ties van swak ge­hal­te ver­be­ter nie. Ro­ma-ta­ma­ties droog die bes­te dank­sy hul­le dik, dig­te vlees. • Die mees­te vars pro­duk­te moet be­han­del word voor­dat jy dit droog. Ons ge­bruik ’n op­los­sing van 10 ml as­kor­bien­suur (vi­ta­mien C) en 50 ml sout in 500 ml wa­ter. Sprin­kel dit oor die ta­ma­ties om te keer dat dit ver­kleur. Tuis­ge­droog­de ta­ma­ties is ver­ruk­lik in ’n slaai of tert, op ’n piz­za of saam met kou­e­vleis en kaas. Die kos­ve­te­raan

Ina Paar­man ver­dui­de­lik hoe.

Só maak jy

Ver­hit die oond tot 150 °C. Sny die ta­ma­ties mid­del­deur en skep die saad en pulp uit. Pak die ta­ma­ties met die ge­sny­de kant na bo op bak­pla­te.

Be­sprin­kel dit met ’n bie­tjie sout, strooi­sui­ker en o­lyf­o­lie. Roos­ter die ta­ma­ties tot die mees­te vog ver­damp het. Af­han­gen­de van hoe­veel jy op ’n slag droog, kan dit tot ’n uur neem. Skuif die ta­ma­ties el­ke nou en dan rond om se­ker te maak dit brand nie vas nie.

Haal dit uit die oond. So­dra dit af­ge­koel het, kan jy dit styf op­me­kaar in ge­ste­ri­li­seer­de glas­fles­se pak. Be­dek dit met o­lyf­o­lie. • Ta­ma­ties kan ook op hout­rak­ke in die son ge­droog word. Bê­re dit laat­mid­dag on­der­dak om dit teen dou te be­skerm – klam­mig­heid sal dit laat muf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.