Groen plan­ne teen pes­te

Weg! Platteland - - Kweek Tamatie En Eiervrug -

• Slak­ke

E­mi­lia le Roux deel groen wen­ke om groen­te­boe­we vas te vat.

Ek strooi fyn­ge­stamp­te droë ei­er­dop­pe om jong saailinge. Maar van­dat ’n pad­dage­sin in die dam­me­tjie in my tuin nes­ge­skop het, moet ek reg­tig soek vir ’n slak.

• Rooi­spin­nek­op­myt

Plan­te kry ver­al rooi­spin­nek­op­my­te in droë toe­stan­de en wan­neer die lug­sir­ku­la­sie om die plan­te swak is. Hier­voor sit ek ’n sproei­er on­der die plan­te neer en be­sproei dit van on­der af. Ek het ag­ter­ge­kom hoe vroe­ër in die sei­soen jy in die Kaap jou groen­te plant, hoe min­der is die pes­te en plae. Ver­wy­der al­le bla­re in die herfs so­dat die my­te nie oor­win­ter­plek het nie.

• Wit­roes

Dit ver­oor­saak lig­groen tot geel kol­le bo-op die blaar en ’n poei­er­ag­tig­heid aan die on­der­kant. Hier­voor maak ek ’n tee van brand­ne­tel of smeer­wor­tel: Kap die vars bla­re fyn, gooi dit in ’n em­mer met wa­ter en laat dit vir ’n week trek. Ek

ge­bruik 1-2 kop­pies in ’n gie­ter vol wa­ter en gooi dit oor die bla­re.

• Plant­lui­se

As jy dié wit goe­ter­tjies op die bla­re ge­waar, spuit jy hul­le let­ter­lik met ’n sterk straal wa­ter van die plan­te af. Vir swart plant­lui­se is dit goed om ’n of­fer­plant te plant wat lui­se aan­trek en waar­van jy nie die vrug­te oes nie. In my tuin werk kap­per­tjies en nas­ter­gal goed.

• Laat­roes

Dié ver­nie­ti­gen­de swam­siek­te word deur koel, vog­ti­ge weer ver­oor­saak. Die bla­re, blaar­ste­le en stam­me van die plant raak bruin en gaan dood, en die vrug­te kry don­ker, o­lie­ri­ge kol­le. Moet nooit aar­tap­pels na­by ta­ma­ties plant nie – hul­le is ook dra­ers van dié swam. Die mees­te spuit­mid­dels werk net voor­ko­mend – as jy dus te­kens van dié siek­te ge­waar, moet jy da­de­lik die siek bla­re ver­wy­der. As dit nie help nie, moet jy die ta­ma­tie­plant uit­spit en ver­brand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.