Vin­ni­ge ta­ma­tie­kon­fyt

Weg! Platteland - - Kook Met Tamatie En Eiervrug -

3-4 kop­pies 10 mi­nu­te 25 mi­nu­te

Maak Be­rei­dings­tyd Gaar­maak­tyd

Hier­die soet­suur “kon­fyt” maak ’n mens ver­skrik­lik vin­nig, en dis heer­lik op toe­brood­jies saam met sterk kaas of kou­e­vleis. Ek hou daar­van om dit saam met ge­po­sjeer­de ei­ers (fo­to bo) voor te sit vir ont­byt. Die smaak hang baie af van hoe ryp jou ta­ma­ties is – daar’s nie veel sui­ker in die re­sep nie.

Jy be­no­dig

• 2 eet­le­pels (30 ml) o­lyf­o­lie

• 4 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap

• 2 roos­ma­ryn­tak­kies, blaar­tjies ge­stroop

• 2 klein rooi­uie, fyn­ge­kap

• 1 kg baie ryp ker­sie­ta­ma­ties, ge­kap

(of ge­bruik an­der ta­ma­ties)

• 2 eet­le­pels (30 ml) taai bruin­sui­ker

• 4 eet­le­pels (60 ml) bal­se­miek­a­syn

Só maak jy

Ver­hit die o­lie, knof­fel en roos­ma­ryn in ’n groot ka­strol en roer dit vir 3 mi­nu­te saam. Voeg die ui daar­by en so­teer dit oor ma­ti­ge hit­te tot sag (on­ge­veer 8 mi­nu­te). Voeg die res van die be­stand­de­le by en prut dit vir 15 mi­nu­te oor lae hit­te of tot­dat die meng­sel ver­dik soos kon­fyt. Bê­re dit in die ys­kas en ge­bruik dit bin­ne ’n maand.

‘ ’n Ta­ma­tie is soos ’n soen: Dis óf aard­skud­dend ver­ruk­lik óf ver­ve­lig, af­ge­wa­ter en son­der e­ni­ge oemf.

Niks tus­sen­in nie.’ – A­let­ta

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.