VRUG­TE­BIER

Weg! Platteland - - Vlaggieiets Te Drinke -

Tuis­ge­maak­te, na­tuur­lik ge­gis­te of ge­fer­men­teer­de bier en gas­koel­drank is ’n ge­son­de al­ter­na­tief vir die weer­ga­wes wat op kom­mer­si­ë­le s­kaal ge­maak word. Na­tuur­lik ge­gis­te dran­kies is nie net be­kos­tig­baar en mak­lik om te maak nie, maar hou ook ge­sond­heids­voor­de­le in. In my re­sep­te ver­kry die bier sy gas deur gis­ting. Ty­dens die gis­pro­ses word sui­ker in kool­suur­gas en dan in al­ko­hol om­ge­sit. Geen kleur-, geur- of an­der by­mid­dels word by­ge­voeg nie en dit be­vat min­der sui­ker, wat die ge­hal­te, geur en smaak net so­veel be­ter maak.

Hou die vol­gen­de in ge­dag­te wan­neer jy jou eie vrug­te­bier brou.

Wa­ter

Wa­ter is die hoof­be­stand­deel van die bier. Die ge­hal­te daar­van sal nie net die gis­pro­ses be­ïn­vloed nie, maar ook die smaak. Pro­beer om nie kraan­wa­ter te ge­bruik nie, want die chloor daar­in be­ïn­vloed die gis­tings­pro­ses. As jy nie jou eie boor­gat- of re­ën­wa­ter het nie, kan jy ’n groot hou­er mi­ne­raal­wa­ter koop om die bes­te brou­sels te ver­kry. Óf kook ge­wo­ne kraan­wa­ter, laat dit af­koel en laat dit oor­nag on­be­dek staan so­dat die mees­te chloor kan ver­damp.

Sui­ker

Sui­ker help die gis­tings­pro­ses aan. Ek ver­kies om wit­sui­ker te ge­bruik om­dat bruin­sui­ker die kleur van die bier be­ïn­vloed. Nie­mand hou van ’n dow­we, vaal bier nie! Jy kan ’n paar le­pels sui­ker met heu­ning ver­vang, maar nie te veel nie. Heu­ning is van na­tu­re an­ti­bak­te­ries en kan die gis­pro­ses in die wie­le ry.

Vrug­te

Ge­bruik ryp vrug­te wat in sei­soen is. Die geur kom van die vrug­te, en as jy nie die bes­te ge­bruik wat jy in die han­de kan kry nie, gaan die smaak ook nie so goed wees nie. Jy kan ook be­vro­re vrug­te van die vo­ri­ge sei­soen ge­bruik, of as jy tus­sen sei­soe­ne is, werk be­vro­re bes­sies van Hil­l­crest Ber­ry Or­chards ook be­son­der goed.

Brou­hou­ers

Ge­du­ren­de die eer­ste gis­ting staan die hou­er oop en bou geen kool­suur­gas op nie. Dís hoe­kom ek in dié sta­di­um van die pro­ses glas­fes­se ver­kies. Hier­na gooi ek die meng­sel oor in plas­tiek­hou­ers en dit kan ys­kas toe gaan. Vir hier­die twee­de sta­di­um werk ’n twee­li­ter­koel­drank­bot­tel soos ’n droom. Die plas­tiek sit uit soos die kool­suur­gas op­bou, ter­wyl glas kan ont­plof. Wees dus baie ver­sig­tig as jy wel glas ge­bruik.

Gis

Die mak­lik­ste ma­nier om die gis­pro­ses aan die gang te kry is met die ge­wo­ne kits­gis wat bak­kers ge­bruik. Gas­koel­dran­ke word dik­wels met jo­gurt­kul­tu­re ge­maak, wat ’n lak­to- ge­fer­men­teer­de dran­kie gee. Dit is be­son­der ge­sond, aan­ge­sien dit jou na­tuur- li­ke maag­flo­ra ’n hup­stoot gee en dus goed is vir spys­ver­te­ring. Die ge­bruik van ’n gem­mer­gis­plant­jie (sien on­der­aan dié blad) is ’n vorm van lak­to-fer­men­ta­sie.

Al­ko­hol­in­houd

Al­le tuis­ge­brou­de vrug­te­bie­re be­vat ’n klein hoe­veel­heid al­ko­hol. Ver­koe­ling laat die gis­pro­ses stop, waar­deur die om­ska­ke­ling van sui­ker in al­ko­hol ver­traag word. Hoe lan­ger jy jou bier laat gis, hoe ho­ër sal die al­ko­hol­in­houd wees. Bier be­vat eg­ter sel­de meer as 4% al­ko­hol. Vir my is bier op sy bes­te 12 uur tot ’n dag na­dat jy dit in die ys­kas ge­sit het. As jy jou bier te lank laat gis, boet jy geur in vir die ek­stra al­ko­hol.

Bot­tel dit

Jy kan jou vrug­te­stro­pe en -bier in e­ni­ge lug­dig­te hou­er be­waar. Ont­hou net dat bier druk op­bou in die hou­er; dus moet jy jou brou­sels liefs in plas­tiek­bot­tels hou. Glas is wel be­ter vir die om­ge­wing, maar dit kan ont­plof as jy die bier te lank laat gis. Ek stel voor jy koop ’n dop­pie­ma­sjien ( bott­le cap­per) en dop­pies as jy reg­tig erns­tig wil bier brou. Met dié slim ap­pa­raat­jie kan jy dop­pies op ou bier­bot­tels sit wat dit lug­dig maak, en dit lyk boon­op pro­fes­si­o­neel. Som­mi­ge ge­sond­heids­win­kels en ap­te­ke hou ’n ver­skei­den­heid brou­toe­rus­ting aan, maar ek het my bot­tel­toe­rus­ting by beer­lab.co.za ge­kry. Ont­hou om die bot­tels al­tyd eers te was en te ste­ri­li­seer voor­dat jy dit ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.