Kry die bal aan die rol vir vrug­te­bier

Weg! Platteland - - Vlaggieiets Te Drinke -

’n Gem­mer­gis­plant­jie (in En­gels ’n star­ter) word ge­kweek van ’n meng­sel van vars gem­mer, sui­ker en sui­wer wa­ter. Die gis­plant­jie word dan by ’n be­rei­de vrug­te­sap­meng­sel ge­voeg so­dat dit kan gis. Jy sal met jou eie sap­pe en geu­re kan be­gin eks­pe­ri­men­teer as jy eers die ba­sie­se re­sep­te op die vol­gen­de paar blad­sye on­der die knie het.

Gem­mer­gis­plant­jie

Jy be­no­dig

• 3 eet­le­pels (45 ml) ge­ras­per­de vars

gem­mer (s­kil en al)

• 3 eet­le­pels (45 ml) wit­sui­ker

• 3 kop­pies (750 ml) chloor­vrye wa­ter

Só maak jy

Meng al die be­stand­de­le saam in ’n een­li­ter­glas­fles. Be­dek dit los­weg met ’n klein­bord­jie of moe­se­lien­doek. Die ge­dag­te is dat lug nog in die fles moet kan vloei maar gog­gas uit­ge­hou word.

Hou die fles in die spens, weg van di­rek­te son­lig. Voer jou gis­plant­jie el­ke dag ’n tee­le­pel ge­ras­per­de gem­mer, ’n tee­le­pel wit­sui­ker en 2 eet­le­pels chloor­vrye wa­ter. Ná ’n paar dae be­hoort die spul­le­tjie te bor­rel en skuim wan­neer jy dit roer. Dit is nou ge­reed om te ge­bruik. Die plant­jie sal bly le­we so­lank jy dit kos gee. As jy dit ’n week of wat nie no­dig het nie, kan jy net die fles se dek­sel op­sit en dit in die ys­kas hou tot­dat jy dit wel weer ge­bruik. Om weer le­we te blaas in die plant­jie na­dat dit in die ys­kas was, kan jy dit vir 3-4 uur teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur laat staan en dit el­ke dag kos gee tot­dat dit weer be­gin bor­rel en le­we kry. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.