Bes­sie­bier

Weg! Platteland - - Vieltasg Tgeiderinke -

Jy be­no­dig

• 1,5 ℓ wa­ter

• 400 g bes­sies, af­ge­spoel – ek het

’n meng­sel van aar­beie, blou­bes­sies en

braam­bes­sies ge­bruik

• 1₁⁄₃ kop­pie (330 ml) wit­sui­ker

• 1 kop­pie (250 ml) vloei­stof ge­giet van

jou gem­mer­gis­meng­sel

Só maak jy

Ver­hit die wa­ter, bes­sies en sui­ker lig­gies in ’n swaar­boom­ka­strol tot­dat die sui­ker op­ge­los het en die bes­sies sag is. Haal dit van die plaat af en laat dit heel­te­mal af­koel.

Giet die bes­sie­vloei­stof deur ’n sif wat met ’n kaas­doek uit­ge­voer is (die kaas­doek vang e­ni­ge klein bes­sie­stuk­kies en -pit­jies op) en gooi die vloei­stof in ’n groot glas­fles.

Voeg die vloei­stof van die gem­mer­gis­meng­sel by die bes­sie­vloei­stof en roer dit lig­gies met ’n hout­le­pel se steel.

Be­dek die fles los­weg met ’n skoon kaas­doek en hou dit vir 2 dae in ’n koel, don­ker plek. Teen dag 2 be­hoort jy klein bor­rel­tjies in die vloei­stof te sien. Proe jou bes­sie­brou­sel – dit be­hoort ef­fens skui­me­rig en taam­lik soet te wees.

Giet jou bes­sie­bier in ge­ste­ri­li­seer­de bot­tels met lug­dig­te dop­pies. Sit die ge­bot­tel­de bier in die ys­kas vir die laas­te sta­di­um van die gis­tings­pro­ses. D­rink dit bin­ne 24-36 uur na­dat jy dit in die ys­kas ge­sit het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.