Kom laat ons stoep­sit

Weg! Platteland - - Redakteursbrief -

Ein­de laas­jaar vat ons die pad uit die Kaap noor­de toe. Nee, nie op die N1 nie, maar ág­ter­om, Na­ma­kwa­land en Noord-kaap langs. ’n Mens ver­kyk jou aan die skoon­heid van par­ty van ons dor­pe, heel­pad tot in die Vry­staat, en jy kan sien men­se gee om: Daar’s Cal­vi­na se lief­lik be­waar­de ou hui­se, Vos­burg se boom­sam­breel wat die gan­se dorp soos ’n koel kap­su­le laat voel, Ro­sen­dal met sy mooi ou sand­steen­hui­se en s­tof­stra­te waar hon­de voor­rang ge­niet bo e­ni­ge wie­le.

Maar an­der... Op Kof­fie­fon­tein, eens die tuis­te van die skry­wer E­tien­ne Le­roux en dus ’n plek met e­nor­me po­ten­si­aal, lê die vul­lis die stra­te vol, en ’n mens kan nie wag om om te draai en groe­ner wei­vel­de te soek nie. Dan is daar die ge­val S­try­den­burg: Hier lê die rom­mel in hó­pe op straat, en ge­boue – som­mi­ge van hul­le na­si­o­na­le mo­nu­men­te – staan en ver­gaan in die wind en weer. Pleis­ter val af, rui­te word nie ver­vang nie en die mees­te tui­ne lyk soos T­sjer­no­bil se voor­stoep. Stra­te ver­brok­kel, win­kels staan leeg, en dis as­of daar nie­mand meer oor is wat luis­ter as die kerk­klok el­ke uur oor die vlak­tes weer­galm nie.

Ho­pe­lik is daar ie­wers één mens wat op­staan en be­sluit S­try­den­burg kan ook ’n vrien­de­li­ke, goed­ver­sorg­de dorp word waar men­se stil­hou en uit­klim en oor­slaap en dit ge­niet.

OP HIER­DIE EIN­STE REIS het ons om­trent ’n ob­ses­sie ont­wik­kel met stoe­pe. Hoe­kom? Want, soos Ma­rie Vil­joen dit op bl. 64 so mooi stel, “dis soos ’n hand bo die oë wat keer dat die son die huis ver­blind, die plek waar vlieë tus­sen hort­jie en ven­ster vi­breer”. ’n Plek waar plan­te aard.

Ons het baie stoe­pe ge­sien, en ’n paar mooi­es ook, maar op te­leur­stel­lend min van hul­le is daar groe­nig­heid te be­speur. Oor die re­des kan ’n mens be­spie­gel, maar hier by Plat­te­land wil ons die bal aan die rol sit en van ons stoe­pe weer lus­ho­we te maak. Ko­maan, dis so mak­lik: Jy kan in pot­te plant, in blik­ke, bak­ke, selfs skaap­krip­pe (sien bl. 70). Ruk jou stoep reg en s­tuur vir ons ’n fo­to.

Dit ís im­mers die lek­ker­ste plek in die huis. Ver­al op die plat­te­land.

Jo­han & Peter

Kan S­try­den­burg nog ge­red word as die vul­lis in die stra­te lê en ver­rot (links) of lap­pe uit die hoof­straat peul (heel links)? ’n Na­si­o­na­le ge­denk­waar­dig­heid soos die een hier­bo kan mos nie ver­lo­re gaan nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.