Wie’t krag no­dig?

Weg! Platteland - - Redakteursbrief - Da­le­na en Harry Whi­te, LAN­GE­BAAN

Toe my man nog my kê­rel was, het hy ’n stuk­kie grond ge­koop reg langs die plaas waar ek as jong mei­sie ure in die “fee­tjie­woud” ge­speel het. Ons is kaal­voet skool toe met die bus; die smous het een keer per week ver­by­ge­kom met pa­tch & so­lu­ti­on, blik­kies kon­dens­melk en om­trent e­nig­iets an­ders waar­aan jy kon dink; en my ma het ge­bak, ge­pie­kel en ge- perm.

Saam met ons trou­re­ë­lings het ek en my man be­gin om die ou huis op ons pla­sie te re­stou­reer, en dis net mooi toe dat ek die len­te-uit­ga­we van Plat­te­land ont­dek met al die pro­jek­te waar­oor ek droom!

Ons be­plan reeds ons groen­te- en krui­e­tuin; die bye het klaar in die korf in­ge­trek wat ons ge­koop het, en in 2015 wil ek leer bot­ter, maas­kaas en jo­gurt maak. ( En self ’n by­e­korf maak... – Reds.)

Ter­wyl ons bou, woon ek en my man in ’n hout­huis son­der e­lek­tri­si­teit. Ons het ’n twee­plaat­gas­stoof vir kook, ’n gas­gei­ser vir warm wa­ter, en saans lees ons by pa­raf- Hul­le eet oor­skiet en groen­te­skil­le en ver­skaf ge­noeg ei­ers om te eet en iets lek­kers te bak oor na­we­ke. Die hok word een keer per week skoon­ge­maak en die strooi en mis gaan kom­pos­hoop toe.

Son­der ’n haan is die hen­ne dood­stil en ver­skaf ons ure se ple­sier. Hul­le is baie mak en sit graag op ons skoot – hul­le hurk selfs om op­ge­tel te word!

Ons is so mal oor ons hoen­ders en ons nu­we le­we dat ek ’n blog be­gin het oor ons le­we langs die strand­meer:

fin­che­slagoon.blogspot.com.

Hout­huis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.