BAL­LA­DE VAN ’N IN­KOM­MER

Weg! Platteland - - Redakteursbrief -

Toe ek en my we­der­helf­te ein­de 2012 be­sluit om ’n na­week­hui­sie op Prins Al­bert te koop, kon jy die skep­ti­sis­me van par­ty boor­lin­ge ruik: “Die Ka­roo is nie vir sis­sies nie. Ons gee jul­le hoog­stens t­wee jaar, ver­al as jul­le eers ons bit­te­re win­ter­koue en mus­kiet­aan­slag in die so­mer be­leef het.”

Ons ken­nis­ma­king met die in­wo­ners is om­trent die­self­de as in Peter May­le se A Y­e­ar in Pro­ven­ce: on­reg­streeks, deur die kon­struk­sie­wer­kers wat om 07:00 op­daag ter­wyl ons nog in die bed lê. Dié vroeg­og­gendspoed word da­rem ge­ba­lan­seer deur die ge­duld wat no­dig is om bou­ma­te­ri­aal van die gro­ter buur­dorp af te kry.

Deur die bou­wer­kers se sto­ries leer ken ons die in­wo­ners met by­na­me soos Chris Vis en Chris Ha­re – ja, die een bak lek­ker vis, die an­der een sny ha­re. Ons ont­dek ook op die plat­te­land is dit nor­ma­le prak­tyk om meer as een ne­ring te hê: Die ga­le­ry-ei­e­naar be­sit ook ’n re­stau­rant; die dok­ter het ’n gas­te­huis waar hy sog­gens self ont­byt voor­sit; en die baas van die a­larm­maat­skap­py is die klank­man by die plaas­li­ke te­a­ter.

Wat vir die dor­pe­naars ’n van­self­spre­ken­de leef­styl is, is vir in­kom­mers quaint. Waar an­ders vind ’n kuns­vei­ling op ’n Sa­ter­dag­mid­dag plaas op die bui­te­stoep van die ga­le­ry, met voor­ne­men­de ko­pers wat hout­ge­rus, gla­sie wyn in die hand, in die mid­del van die hoof­straat staan ter­wyl die voer­tuie maar net óm hul­le moet ry?

Gaan ’n mens laat­aand vir ’n slaap­dop­pie by die plaas­li­ke wa­ter­gat, loop jy jou vas in ’n uit­een­lo­pen­de lot­jie – ou boe­re, jong boer­tjies, jag­ters, skry­wers – vir wie ge­sels ’n kuns­vorm is. Nie lank nie, of al­mal ken jou naam.

Vrien­de het ge­sê “P­rin­ce Alf­red... Port Alf­red... Wáár is hier­die plek en wat gaan jul­le daar maak?” As dit moont­lik was om Prins Al­bert se am­bi­an­ce te bot­tel, sou ie­mand lank­al skat­ryk ge­wees het, maar dit bly he­laas ’n ont­wy­ken­de fak­tor. Dalk lê die ant­woord in Peter May­le se woor­de: “The­re is no self-con­s­ci­ous­ness a­bout the li­fe­sty­le.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.