Mooi so!

Tuisgekweekte or­ga­nie­se groen­te is geu­ri­ger, ge­son­der en ge­woon­lik goed­ko­per as e­nig­iets wat jy in die win­kel sal raak­loop – en die len­te is ’n goeie tyd om jou droom van ’n eie groen­te­tuin te be­waar­heid.

Weg! Platteland - - Briewe - Za­heer Dan­ka, DUR­BAN Lew Rood, RON­DE­BOSCH

Ons intekening op Plat­te­land het saam­ge­val met ’n trek na ’n an­der huis. Die plant­hou­er in die eer­ste uit­ga­we het ons aan­dag ge­trek, maar die ar­ti­kel in jul­le len­te-uit­ga­we het ons lus ge­maak om ons eie groen­te te plant. Ons hoop dié fo­to van ons han­de­werk is aan­spo­ring vir al­mal wat op die plat­te­land wil af­tree. Ons is mal oor Plat­te­land en vat so dik­wels as moont­lik die pad om nu­we én ou plek­ke te ont­dek. Jul­le ar­ti­kel oor die K­wazu­lu-na­tal­se Suid­kus ( Plat­te­land #5) het my oor­reed om hier­die fo­to met jul­le te deel wat ek van die Um­tam­vu­na­ri­vier­brug by Port Ed­ward ge­neem het. Ek is mal oor ons land en deel graag die ju­weel­tjies wat ek ont­dek op my Fa­ce­book-blad, South A­fri­ca My Be­st. Gaan loer ge­rus!

Da­le C­len­den­nen, WIN­KLE­SPRUIT

Dan­kie vir die ar­ti­kel deur Ernusta van Wyn­gaard, “Die nu­we dop­stel­sel”, in Plat­te­land #5. Sy gee die fei­te van die ver­le­de ak­ku­raat weer en skil­der die hui­di­ge prent­jie op ’n ont­roe­ren­de dog eer­li­ke wy­se. Nie­mand wat deur die Wes-kaap reis, mag on­be­wus wees van dié ge­vol­ge nie. As ons reg­tig om­gee, moet ons daar­na streef om ’n ver­skil te maak, soos sy dui­de­lik vir ons skets. Plat­te­land is ’n in­spi­ra­sie, want dis prop­vol po­si­tie­we nuus, maar ig­no­reer ook nie die “gro­ter prent­jie” nie.

Her­ma Ra­bie en Jo­an Hoff­man, MON­TA­GU

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.