Ont­moet die men­se

Weg! Platteland - - My Dorp -

Ash­ley Men­toor Blom­kwe­ker

“Kyk net die berg en die na­tuur – jy kry nie be­ter as dit nie... die view wat hier is. Ek is mal daar­oor as dit on­weer is en die mis trek daar oor die berg. En al­les is om die draai: Die Kaap, S­tel­len­bosch, die Paarl…”

Sonia My­burgh Be­stuur­der van die mu­seum

“Be­graf­nis­se is ’n baie groot ding op die dorp. Al­mal stap van die kerk af be­graaf­plaas toe – die fa­mi­lie ag­ter die lyks­wa met die he­le dorp ag­ter­na. Al­mal an­ders moet maar baie ge­dul­dig wees ter­wyl die he­le stoet sta­dig na die be­graaf­plaas be­weeg.”

Lor­rae Jo­a­chim Ei­e­naar van Hel­lo Coun­try

“Ek is mal oor hier­die plek se men­se. Jy kry vars ei­ers by jou bu­re, jy word ge­nooi na 21ste ver­jaar­dag­vie­rin­ge, jy word fa­mi­lie. Maar dis moei­lik vir bui­te­staan­ders, want P­niel is ’n baie heg­te ge­meen­skap.”

Mau­r­een Bou­wers Huis­vrou

“P­niel was mos ’n K­leur­ling­ge­bied, ’n mis­si­on- sta­sie, en men­se mag nie uit­ge­trou het nie. Daai ja­re was hul­le kwaai, hoor! Jy mag nie le­lik ge­praat het nie, dan is jy uit­ge­sit uit P­niel!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.