Kom dwaal rond op P­niel

Weg! Platteland - - My Dorp -

Hoe­wel daar nie eint­lik win­kels op P­niel is nie, is S­tel­len­bosch, Fransch­hoek en die Paarl – al­mal dor­pe met ’n groot klomp win­kels, eet- en bly­plek­ke – ’n ha­ne­tree hier­van­daan. Hier’s ook tal­le groot wyn­pla­se rondom P­niel, waar­van die be­kend­ste Boschen­dal en To­ka­ra is. Op P­niel self is die

vol­gen­de plek­ke ’n be­soek werd.

Hel­lo Coun­try

Aan die dorp se hoof­straat – die R310 tus­sen S­tel­len­bosch en Fransch­hoek – het Lor­rae Jo­a­chim (bo), ’n ke­ra­miek­kuns­te­naar, haar de­kor­win­kel oop­ge­maak. “Die lo­cals kla die goed in my win­kel is duur, maar ek het reg­uit ge­sê ek wil toe­ris­te lok,” ver­dui­de­lik Lor­rae. Sy ver­koop ook heer­li­ke brow­nies en hawermoutkoekies plus ys­tee en koue wa­ter vir fiets­ry­ers wat hier deur­kom. Kon­tak 079 741 9514

Ta­ma­ril­lo ce­ra­mic and de­sign

P­niel-mu­seum

Kom kyk hier na die dorp se kleur­ry­ke ge­skie­de­nis – van die lang lys sla­we wat Wil­lem A­dri­aan van der Stel tus­sen 1699 en 1707 ge­koop het tot die ve­le pres­ta­sies van die dorp se rug­by­span. Of doen die uur lan­ge toer deur die dorp – jy sien on­der meer die kerk, die klok­boom­mo­nu­ment, die sla­we­klok en die U­bun­tu-mo­nu­ment wat in 2007 deur nie­mand an­ders nie as dr. Ken­neth Kaun­da ont­hul is. Ge­niet ag­ter­na iets te ete en te drin­ke in die tee­tuin. Kon­tak 021 885 2645 of 083 324 7691 (Matthew Cys­ter) p­niel.co.za p­niel­mu­seum@gmail.com P­niel-mu­seum

Se­lec­tra Tra­ders

Teen vyf­uur s­mid­dae is hier­die win­kel – ’n piep­klein al­ge­me­ne han­de­laar – ’n be­dry­wi­ge plek. Al­mal groet jou as­of hul­le jou lank­al ken. Kom soek vir ’n ek­sem­plaar van die val­lei se eie koe­rant, Ri­vier­nuus, ’n ne­tjie­se blad prop­vol goeie nuus uit die val­lei. Waar? Net af van die hoof­straat af, reg langs die kerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.