Ons top 10- stoep­plan­te

Weg! Platteland - - Stoepplante -

1

Kat­stert

(“As­pa­ra­gus fern”)

As­pa­ra­gus den­si­for­mis Wat is ’n stoep son­der dié va­rings wat lyk soos ’n ben­de dons­stert­kat­te wat laat spaan­der voor ’n ra­se­ri­ge stof­sui­er? Kat­ster­te is ver­ge­wens­ge­sin­de plan­te wat met ver­waar­lo­sing sal saam­leef as hul­le eers ge­ves­tig is. Hul­le is wel ef­fe skrik­ke­rig vir er­ge na­mid­dag­son, maar as hul­le in vol­son móét staan, sal hul­le ek­stra wa­ter el­ke dag waar­deer. Plant dit in groot pot­te en sit dit heel ag­ter met die klei­ner pot­te voor dit.

Be­go­nia

spp.

Be­go­nia Baie men­se dink be­go­ni­as is ver­ve­lig, maar daar is let­ter­lik dúí­sen­de kul­ti­vars. Kies die ‘Rex’-ti­pes vir lief­li­ke blare, die en­gel­vlerk­soort vir hoog­te en han­gen­de blom­me­tjies, knol­be­go­ni­as vir won­der­li­ke kitsch kleur, die ge­har­de soort vir plek­ke met y­si­ge win­ters, of som­mer die dood­ge­wo­ne be­go­ni­as wat jy in saai­ling­bak­kies koop wat teks­tuur en kleur sal ver­leen. Be­go­ni­as hou van vog­tig­heid en jy kan boon­op die suur blom­me­tjies eet!

Su­ring

Dees­dae is daar by kwe­ke­rye tal­le su­ring­va­ri­ë­tei­te te koop – van die be­ken­de geel­su­ring ( Ox­a­lis pes­ca­prae) met ’n su­rig­heid wat heer­lik is in bre­dies en wat ook nie om­gee oor vol­son of half­ska­du nie, tot die grond­be­dek­ker­ag­ti­ge pers su­ring ( Ox­a­lis pur­pu­rea) wat goed sal aard in ’n k­lein pot­jie in ’n son­ni­ge kol. Daar’s ’n mag­dom an­der met mooi blom­me, meestal in die re­ën­sei­soen, en wat dor­mant raak in droë tye. Uit­ste­ken­de drei­ne­ring is nood­saak­lik.

7

Pep­per­ment­pe­lar­go­ni­um

Pe­lar­go­ni­um to­men­to­sum ’n Lief­li­ke plant met groot soen­s­ag­te blare wat die mooi­ste “flu­weel­te­ëls” vorm on­der die mas­sas k­lein wit blom­me­tjies wan­neer dit oor die rand van ’n groot pot tui­mel. Die plan­te groei vin­nig en het plek no­dig om uit te sprei. Moe­nie dit laat uit­droog nie. Die blare sal lin­ne­kas­te lek­ker laat ruik, of gooi dit in bad­wa­ter vir ver­fris­sen­de stoom. Die blom­me hou goed in wa­ter.

3 Fuch­sia

en Kie.

Fuch­sia ma­gel­la­ni­ca Fuch­sia ma­gel­la­ni­ca is ’n stoep­tref­fer wat maan­de lank sal blom. Hul­le lyk pie­pe­rig, maar is taw­we tie­nies wat min ver­sor­ging no­dig het en nie skrik vir ryp nie (hul­le ver­loor wel hul­le blare in sner­pen­de win­ters). Sit dit op ’n plek wat wel soms son kry, maar na­mid­dag­ska­du sal waar­deer word. Goeie lug­vloei is be­lang­rik, an­ders sal die plan­te spin­nek­op­my­te kry. Blom­tak­ke hou goed in ’n vaas met wa­ter.

Im­pa­ti­ëns

Im­pa­tiens ho­chstet­te­ri Ko­maan, moe­nie jou oë rol nie! Ons ken al­mal die vaal­ver­ve­li­ge im­pa­ti­ëns wat op ska­du­ry­ke plek­ke in ri­gie­de rye ge­plant word, maar het jy ge­weet daar is ook ’n Suid-a­fri­kaan­se im­pa­ti­ëns? Im­pa­tiens ho­chstet­te­ri groei wild in K­wazu­lu-na­tal, maar is nou ook in kwe­ke­rye te kry. Dié im­pa­ti­ëns het ’n meer in­for­me­le groei­wy­se en de­li­ka­te bleek­pienk en wit blom­me. Dit sal goed aard in ska­du­kol­le en jy kan dit mak­lik van saad kweek.

Brand­blaar

K­no­wl­to­nia ve­si­ca­to­ria Die volks­naam ver­wys na die feit dat die blare vroe­ër ge­bruik is om bla­se op die vel te brand by ge­wrig­te met in­flam­ma­sie... dalk was die bla­se só seer dat jy van die jig ver­geet het! Die im­mer­groen blink blare lyk soos dié van nies­kruid, maar die lang blom­ste­le met don­si­ge wit blom­me in die win­ter en len­te maak dit u­niek. Daar­na volg saad­jies wat soos kra­le lyk. Brand­blaar groei sta­dig en sal dus nie gou pot­ge­knel raak nie.

Muis­hond­blaar

P­lec­trant­hus spp. Die veel­sy­di­ge muis­hond­blaar is ’n goeie keu­se as jy net een ska­du­plant kan kies. Hul­le blom wan­neer die dae kor­ter word, en die blou, pienk of wit blom­me hou goed in ’n vaas. Die blare wis­sel van ge­streep tot pers aan die ag­ter­kant en stel ’n skerp reuk vry as jy dit kneus. Die plan­te moet ge­reeld wa­ter kry, maar die vle­si­ger spe­sies is meer droog­te­be­stand.

S­trep­to­car­pus

S­trep­to­car­pus spp. As jy eers dié plan­te be­gin kweek, word jy dalk ’n ver­sa­me­laar. Die wit, pienk, blou of pers blom­me ver­skyn van die laat­so­mer tot in die win­ter (in ma­ti­ge stre­ke). Dalk is jy ge­luk­kig ge­noeg om S­trep­to­car­pus saxorum met sy vet­plant­bla­re en mas­sas fyn blom­me­tjies op ga­ring­dun ste­le op te spoor. Die plan­te hou van klam grond, maar haat nat voe­te. Ge­bruik baie kom­pos in die pot­grond en ver­my mid­dag­son.

Blom­klim­op

Se­ne­cio ma­cro­g­los­sus Dalk is jou stoep ef­fe bloot­ge­stel aan die een kant, of jy is keel­vol om­dat die bu­re se kant­gor­dyn be­gin roer die oom­blik as jy met ’n glas wyn op die stoep gaan sit... Lei dié lief­li­ke ma­de­lie­fie­blom­me teen ’n pri­eel of tra­lie­werk op en skep ’n groen “muur”, óf plant dit in ’n hang­mand­jie. Die blink blare lyk soos dié van ’n klimop en die blom­me­tjies is lig­geel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.