Ons top 5 vir vol­son

Die mees­te on­der­dak­stoe­pe sal nooit in vol­son wees nie, maar daar is al­tyd daar­die warm, lae muur­tjies aan die noor­de­kant waar jy ’n reg­te har­de­baard no­dig het.

Weg! Platteland - - Stoepplante -

Plak­kie

Coty­le­don or­bi­cu­la­ta Plak­kies se e­le­gan­te grys­groen blare is oor­ge­noeg re­de om dié ge­har­de strui­ke aan te plant, en die o­ran­je blom­kan­de­la­re, wat lank hou, is ’n lek­ker bo­nus wat heel moont­lik sui­ker­bek­kies tot reg op jou stoep sal lok. Dis ook kin­der­spe­le­tjies om ’n nu­we plak­kie te maak: Breek bloot ’n steg­gie af en druk dit in die grond... ’n nu­we plak­kie!

Spek­boom

Por­tu­la­ca­ria af­ra Dié ge­har­de vet­plant met sy tref­fen­de pers ste­le en blink blare is im­mer­groen en is be­kend as ’n “kool­stof­spons” wat help om kweek­huis­gas­se op te slurp. (Sal dit ont­slae raak van die die­sel­dam­pe in jou op­rit? Nee, ek weet nie.) Spek­boom pryk dees­dae ook op spys­kaar­te – die suur blare is ’n goeie teen­voe­ter vir vet­te­ri­ge kos. Ge­bruik die blare in pes­to, of fyn­ge­kap oor o­lie­ri­ge vis of ryk bre­dies.

Vy­gie

Ai­zo­a­ce­ae- Vy­gies bly maar net te fraai vir woor­de. Die ver­skei­den­heid is ein­de­loos, maar in die len­te is dit die bok­baai­vy­gies wat al­mal se hart steel. Laat die skou­spel­ag­ti­ge blom­bla­re op hul­le beste lyk deur hul­le op hul­le eie te plant of in lae pot­te saam met bol­le wat in die len­te blom. Me­sem­bry­ant­he­mum- vy­gies het eet­ba­re blare – heer­li­ke knib­bel­kos!

5

Por­tu­la­ca

fa­mi­lie

Por­tu­la­ca gran­dif­lo­ra, Por­tu­la­ca o­le­ra­ce­ae “Uhm, is dit nie ón­kruid nie?” vra jy waar­skyn­lik. Wel, in jou groen­te­tuin kan Por­tu­la­ca óf ’n mat­vor­men­de on­kruid wees (selfs al is dit eet­baar en vol voe­ding­stow­we) óf ’n or­na­men­te­le hi­bried wat heel­so­mer vir hel­der spat­sels kleur sal sorg – selfs al skeep jy dit af. Die plant sal ook nie om­gee as jy van sy blare in slaai ge­niet nie.

3

Mal­va

en hi­brie­de

Pe­lar­go­ni­um Wan­neer is ’n mal­va ’n reg­te mal­va ( ge­ra­ni­um, soos die En­gel­se sê)? Die lip­stif­rooi “mal­vas” wat ’n mens in Eu­ro­pa in ven­ster­bok­se sien, is eint­lik pe­lar­go­ni­um-hi­brie­de wat van hier af die wê­reld in­ge­stuur is. Hul­le is nie om do­we neu­te staat­ma­kers op stoe­pe en ven­ster­ban­ke nie: Nie net skrik hul­le nie vir droë toe­stan­de nie, maar as hul­le kos en wa­ter kry, blom hul­le of hul­le be­taal word. Hoe­wel hi­brie­de met groot blom­me wel­kom is op e­ni­ge stoep, is spe­sie­plan­te in­te­res­san­ter. Hul­le het meer de­li­ka­te blom­me, on­ge­wo­ne k­leu­re en hul­le blare ruik na lem­me­tjie, roos of pe­per­ment. Ge­niet die geu­re deur ’n koek­pan uit te voer met roos­mal­va­bla­re, of sit suur­le­moen­mal­va­bla­re in ’n be­ker wa­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.