Kom laat ons pronk!

Weg! Platteland - - Tuindagboek -

Die soet geur van pronk­ert­jies, uit­ge­dos in fyn, vro­li­ke re­ën­boog­rok­ke, ver­klap eer­ste dat die len­te op pad is en tooi die vaal win­ter­tuin met spat­sels kleur. Jy kan nou dié len­te­tuin­lief­ling saai. Mar­la­en S­traat­hof (links) van die saad-en-saai­ling­maat­skap­py Ball S­traat­hof deel haar wen­ke. Klei­ner, maar ster­ker “My guns­te­ling is die er­fe­ni­spronk­ert­jies van Ki­rchhoff’s. Die blom­me is nie so groot soos die pronk­ert­jies waar­aan ons ge­woond is nie, maar die geur he­mels – en heel­wat ster­ker.” Reg­te tyd, reg­te plek “Pronk­ert­jies aard am­per o­ral in Suid-a­fri­ka, maar dis be­lang­rik om te let op die saai­tyd ag­ter­op saad­pak­kies vir ver­skil­len­de de­le van die land.” Saai­tyd “Saai ver­kies­lik al mid­del Maart. Dit klink dalk vreemd om­dat dit dan nog baie warm is, maar pronk­ert­jies het ’n lang groei­sei­soen no­dig en die hit­te help met ont­kie­ming. Dan be­hoort jou pronk­ert­jies uit hul­le na­te te bars as dit nog koel is, en jy kan ’n lang pluk­sei­soen ge­niet.” Maak hul­le eers sag “Week pronk­ert­jie­saad in lou­warm wa­ter voor­dat jy dit saai. Dit re­hi­dreer die saad en wak­ker ont­kie­ming aan. Dis eg­ter nie nood­saak­lik nie om­dat dit steeds goed sal ont­kiem in klam, kom­pos­ry­ke grond.” Tyd vir pam­per­lang “Saai die saad on­ge­veer 1 cm diep, be­dek dit met kom­pos en maak dit goed nat. Ver­al slak­ke is lief vir pronk­ert­jie­saai­lin­ge; hou hul­le fyn dop.” Les die dors “Sorg dat pronk­ert­jies deu­ren­tyd nat bly, want droë grond laat hul­le gou­er saad skiet. Ver­wy­der ook e­ni­ge dooie blom­me of saad­peu­le om blom­vor­ming aan te moe­dig.” Breek af “Moe­dig sy­tak­kies aan deur die pun­te van die pronk­ert­jies ge­reeld uit te breek bo t­wee blare. Dit sorg vir ’n ster­ker, meer bos­se­ri­ge plant, en hoe meer sy­tak­kies, hoe meer blom­me.” Klim­raam “Pronk­ert­jies ‘klim’ deur hul­le heg­ran­ke om iets te vleg – plant hul­le dus teen ’n draad of lat­werk. (Op die oor­kant­ste blad wys ons hoe jy ’n rank­to­ring kan vleg.)

Ki­rchhoff’s het ’n ver­skei­den­heid pronk­ert­jie-er­fe­nis­saad soos Her­i­ta­ge O­ce­an Fo­am Mix en Old S­pi­ce­a­me­ri­ca. Hul­le het ’n lief­li­ke­geur, is sterk sny­blom­me en kan hit­te ver­dra.van die va­ri­ë­tei­te da­teer uit die 16de eeu! Prys R23 per pak­kie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.