Kom bak saam

Be­spreek nóú vir Plat­te­land se heel eer­ste brood­bak­werk­ses­sie op by die Joos­ten­berg-de­li-en-bistro bui­te S­tel­len­bosch.

Weg! Platteland - - Dink Nuut Oor Brood -

ASa­ter­dag 25 A­pril 2015

s jy nog al­tyd by die ken­ners wou leer oor steen­ge­maal­de meel, be­hoor­li­ke suur­deeg­brood of hoe om jou eie suur­deeg­plant­jie te maak, het jy nou die gul­de ge­leent­heid: Die Frans­man Chris­to­phe De­hos­se, wat in Pa­rys as sjef op­ge­lei is en daar in ’n 1- en 2-ster-mi­chel­in­re­stau­rant ge­werk het, gaan op Sa­ter­dag 25 A­pril van 09:30 tot 16:00 sy ken­nis deel by ’n prak­tie­se werk­ses­sie. Deel­ne­mers gaan leer hoe om d­rie klas­sie­ke bro­de – suur­deeg­brood, Fran­se ba­guet­te en plaas­brood – te maak, en boon­op gaan al­mal met d­rie vars­ge­bak­te bro­de en ’n lek­ker ge­skenk­sak huis toe.

Die meu­le­naar Ni­co S­teyn, dryf­krag ag­ter Eu­re­ka Mills en een van die bor­ge van die dag, maak ook ’n draai en gaan kort­liks ge­sels oor die voor­de­le van steen­ge­maal­de meel.en na­tuur­lik gaan Plat­te­land se men­se saam bak en kui­er by die Joos­ten­berg­bis­tro-en-de­li, so­wat 15 km van S­tel­len­bosch, die Paarl, Bell­vil­le én Dur­ban­vil­le. Maar spring gou: Slegs die eer­ste 20 men­se wat be­spreek en be­taal, kry ’n plek!

WAT JY MOET WEET

Wan­neer? Sa­ter­dag 25 A­pril 2015 van 09:30 tot 16:00. Waar? Joos­ten­berg-de­li-en-bistro langs die R304, 15 km noord van S­tel­len­bosch en ’n klip­gooi van die N1 af. Prys R1 250 p.p. Dit sluit in die werk­ses­sie*; re­sep­te in En­gels en A­fri­kaans; al die be­stand­de­le; kof­fie, tee en fyn­ge­bak; ’n twee­gang­mid­dag­e­te met voor­beel­de van hoe deeg ge­bruik kan word, voor­ge­sit met Joos­ten­berg se wyn en tuis­ge­maak­te suurlemoenstroop; en ’n ge­skenk­sak met ’n Plat­te­land- voor­skoot, ’n vlek­vry­e­staal­meng­bak en deeg­skra­per van Banks Kit­chen Bou­ti­que, meel van Eu­re­ka Mills, en ’n digitale intekening op Plat­te­land vir 6 maan­de. El­ke kur­sus­gan­ger vat ook d­rie vars­ge­bak­te bro­de saam huis toe! Be­spre­kings S­tuur ’n e-pos aan Ma­de­lief Louw by dai­sy­lo@mweb.co.za. Jy sal dan ’n pro­gram en in­lig­ting ont­vang om vir die kur­sus te be­taal. Slegs die eer­ste 20 men­se wat be­spreek en be­taal, sal aan­vaar word.

Chris­to­phe De­hos­se

Ni­co S­teyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.