Glu­ten­vrye Bra­si­li­aan­se kaas­rol­le­tjies Brood­stok­kies

6

Weg! Platteland - - Dink Nuut Oor Brood -

Maak Be­rei­dings­tyd Bak­tyd

16-24 hap­pie­groot­te “rol­le­tjies”

10 mi­nu­te 15 mi­nu­te Dié glu­ten­vrye “rol­le­tjies” is ’n Bra­si­li­aan­se spe­si­a­li­teit wat jy 1-2-3 in ’n voed­sel­ver­wer­ker meng. Die teks­tuur is taai – die En­gel­se noem dit che­wy – en jy moet dit da­de­lik eet na­dat dit ge­bak is. Jy kan ook met ver­skil­len­de soor­te fyn­ge­ras­per­de har­de ka­se soos par­me­saan, pe­co­ri­no en hal­lou­mi eks­pe­ri­men­teer.

Jy be­no­dig • 1 groot ei­er • ¼ kop­pie (60 ml) o­lyf­o­lie • 2/ kop­pie (160 ml) melk

3 • 1½ kop­pie (375 ml) ta­pi­o­ka­meel

(sien kas­sie hier­naas) • ¾ tee­le­pel (3,75 ml) sout • ½ kop­pie (125 ml) fyn­ge­ras­per­de

gruyè­re­kaas • 2 tee­le­pels (30 ml) fyn­ge­kap­te vars ba­si­lie

Só maak jy

Voor­ver­hit die oond tot 200 ºc en spuit ’n mi­ni­muf­fin­pan met 16-24 hol­tes met kleef­we­ren­de kos­sproei.

Pols die ei­er, o­lie, melk, meel en sout in ’n voe­del­ver­wer­ker saam – die meng­sel moet glad en be­hoor­lik ge­meng wees – skraap dit ge­reeld van die kan­te af. Voeg die kaas en ba­si­lie by en pols dit nog een of t­wee keer tot dit net-net in­ge­meng is. Roer die be­slag goed en ver­deel dit tus­sen die hol­tes van die muf­fin­pan – moe­nie dit tot bo vol­maak nie.

Bak dit vir 15-20 mi­nu­te. Die “rol­le­tjies” sal op­pof en lig­gies bruin word – moe­nie dit te lank bak nie en moet ook nie skrik as dit ef­fens in­sak en plat­val wan­neer jy dit uit die oond haal nie. Eet dit da­de­lik, ter­wyl die teks­tuur nog lig en die kaas ge­smelt is, saam met sop of doop­sous.

Pu­re plat­te­land!

Ta­pi­o­ka­meel is by ge­sond­heids­win­kels te koop, of be­stel dit aan­lyn by fait­hful-to-na­tu­re.co.za (tik “ta­pi­o­ca” in die soek­blok­kie). In die diep plat­te­land kan jy som­mer self heel ta­pi­o­ka in ’n kof­fie­meul maal, of as die al­ge­me­ne han­de­laar net sa­go het, kan jy dit ook ge­bruik (sien hier­on­der). Bê­re die meel in die vries­kas.

Ge­noeg vir Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te plus rus­tyd Bak­tyd 12 mi­nu­te

Maak die deeg voor­af en druk die brood­stok­kies in die oond as die gas­te aan­klop. Sit dit voor saam met ske­mer­kel­kies en kaas of sme­re.

Jy be­no­dig • 2 kop­pies (500 ml of 250 g) bruinbroodmeel • 1 tee­le­pel (5 ml) sout • 1 eet­le­pel (15 ml of 10 g) kits­gis • 1 tee­le­pel (5 ml) heu­ning • 1 eet­le­pel (15 ml) o­lyf­o­lie • ½ kop­pie (125 ml) warm wa­ter • 6 son­droog­ta­ma­ties, fyn­ge­kap • 2 tee­le­pels (10 ml) fyn­ge­druk­te knof­fel • ½ kop­pie (125 ml) fyn­ge­ras­per­de par­me­saan­kaas • grow­we­sout om oor te sprin­kel

Só maak jy

Meng die meel, sout, gis, heu­ning, o­lyf­o­lie en wa­ter, en knie dit dan tot dit ’n glad­de deeg vorm. Laat dit vir 1 uur op ’n warm plek rys tot dit in vo­lu­me ver­dub­bel het. Knie dit dan af.

Ver­hit die oond tot 200 ºc. Knie die ta­ma­tie, knof­fel en par­me­saan­kaas deur die deeg. Breek gholf­bal­groot­te bol­le­tjies af en rol elk­een in ’n lang wor­sie. Pak dit op ’n bak­plaat, sprin­kel grow­we­sout oor en bak dit vir 12 mi­nu­te of tot goud­bruin en gaar. Sit dit da­de­lik voor saam met sop of o­ly­we en kaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.