Ban­ting­fe­ta-en-saadbrood

Weg! Platteland - - Dink Nuut Oor Brood -

Maak 1 brood­jie Be­rei­dings­tyd 15 mi­nu­te plus staan­tyd Gaar­maak­tyd 40 mi­nu­te

Dié brood is die e­nig­ste een in hier­die uit­ga­we van Plat­te­land wat prof. Tim No­a­kes se goed­keu­ring sal weg­dra. Dit be­vat geen meel of an­der sty­sel nie en be­staan ba­sies uit sa­de, neu­te en ’n bie­tjie kaas. Die psil­li­um­ve­sel is nood­saak­lik – dit bind die brood en is by ap­te­ke, ge­sond­heids­win­kels en uit­ge­soek­te su­per­mark­te te koop. Dis ook aan­lyn be­skik­baar by

fait­hful-to-na­tu­re.co.za (tik “psyl­li­um” in die soek­blok­kie).

Jy be­no­dig • 1½ kop­pie (375 ml) vlas­saad • 1½ kop­pie (375 ml) son­ne­blom­saad • 3 eet­le­pels (45 ml) klap­per­o­lie • ½ kop­pie (125 ml) ge­kap­te

rou a­man­dels • ¼ kop­pie (60 ml) psil­li­um­ve­sel • ¼ kop­pie (60 ml) se­sam­saad • ½ eet­le­pel (7,5 ml) ge­kap­te roos­ma­ryn • ¼ kop­pie (60 ml) fyn­ge­kap­te spriet­uie • 1 tee­le­pel (5 ml) sout • ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen • 175 g fe­ta­kaas, ge­krum­mel • 300 ml wa­ter

Só maak jy

Spuit ’n brood­pan­ne­tjie van 22 x 12 cm met kleef­we­ren­de kos­sproei en voer dit uit met bak­pa­pier so­dat dit oor die kan­te hang (dit maak dit mak­li­ker om die brood la­ter uit die pan te lig).

Pols ’n hal­we kop­pie elk van die vlas- en son­ne­blom­saad in ’n voed­sel­ver­wer­ker tot dit ’n grow­we teks­tuur het. Meng dit met die res van die be­stand­de­le en druk dit deeg­lik in die brood­pan plat. Laat dit min­stens 4 uur staan (maar ver­kies­lik oor­nag).

Ver­hit die oond tot 175 ºc en bak die brood­jie vir 35 mi­nu­te. Sit ’n oond­rak op ’n bak­plaat, haal die brood uit die oond en keer dit uit op die oond­rak. Ver­wy­der die bak­pa­pier en sit die rak met die brood vir nog 40 mi­nu­te in die oond. Die brood moet hol klink as jy daar­teen klop. Laat dit vir ’n paar uur staan om heel­te­mal af te koel en ste­wig te word voor­dat jy dit sny. Sit ge­roos­ter­de snye van die brood voor met bot­ter en bil­tong­poei­er.

Jy be­no­dig

• 1 kop­pie (250 ml) po­len­ta • 1 kop­pie (250 ml of 130 g) koek­meel • 1 eet­le­pel (15 ml) bak­poei­er • 1 tee­le­pel (5 ml) sout • ½ tee­le­pel (2,5 ml) koek­so­da • 2 ei­ers • 1 kop­pie (250 ml) karringmelk • ½ kop­pie (125 ml) o­lyf­o­lie • 1 kop­pie (250 ml) ge­ras­per­de ched­dar­kaas • 1 blik (410 g) heel­pit­mie­lies, ge­drei­neer • 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap • 3 spriet­uie, fyn­ge­kap • 1-2 brand­ris­sies, fyn­ge­kap • 1 soet­ris­sie, fyn­ge­kap • 4 kop­pies (1 li­ter) fyn­ge­kap­te spi­na­sie • 1 tee­le­pel (5 ml) vars tie­mie, fyn­ge­kap

Só maak jy

Ver­hit die oond tot 180 ºc. Spuit ’n brood­pan van 22 x 12 cm of klei­ner brood­pan­ne met kleef­we­ren­de kos­sproei.

Meng al die droë be­stand­de­le saam in ’n groot meng­bak. K­lits die ei­ers, karringmelk en o­lyf­o­lie saam en roer dit deur die meel­meng­sel. Roer die res van die be­stand­de­le by tot al­les goed ge­meng is. Skep die be­slag uit in die brood­pan(ne) en bak dit vir 30-45 mi­nu­te of tot dit goud­bruin is en ’n toets­pen skoon uit­kom. Hou dit goed dop so­dat jy dit nie oor­gaar bak nie. Laat dit vir 10 mi­nu­te in die pan(ne) af­koel voor­dat jy dit uit­keer en da­de­lik, ter­wyl dit nog warm is, voor­sit met bot­ter of gua­ca­mo­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.