Speel met jou ap­pels

Weg! Platteland - - Plant ’n Appelboom -

• Tru-ca­pe, een van Suid-a­fri­ka se voor­ste ap­pel­uit­voer­ders, het ver­le­de jaar ap­pels in vier­kan­ti­ge hou­ers laat groei. Dit sal na­tuur­lik aan­sien­lik mak­li­ker wees om dié vier­kan­ti­ge ap­pels te ver­pak! • Rooi ap­pels se kleur vorm eers la­ter in die vrug se groei­si­klus wan­neer die son­lig en koel aan­de saam­werk. Jy kan lek­ker rond­speel deur stuk­kies van die skil uit die son te hou deur by­voor­beeld plak­kers daar­op te plak en ’n ap­pel vol pol­ka­kol­le te skep. • Die vrug­gies kan ook klein­tyd in ’n bot­tel ge­sit word. Maak die bot­tel ste­wig vas. Die vrug sal in die bot­tel bly groei tot oes­tyd aan­breek. Vul dit nou met ’n al­ko­hol­ry­ke meng­sel en laat dit staan om jou eie ap­pel­drank te maak. As jou­ne dit nie end­uit maak nie, kan jy op die plaas Ba­by­lon­sto­ren bui­te Fransch­hoek ’n bot­tel pro­beer op­spoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.