Blom­kool-en-pan­cet­ta-ri­sot­to met suur ap­pel

Weg! Platteland - - Kook Met Appels - MAK­LI­KE AAND­E­TE

Ge­noeg vir Be­rei­dings­tyd Gaar­maak­tyd

Jy be­no­dig

• 2 eet­le­pels (30 ml) bot­ter • ½ ui, fyn­ge­kap • 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap • 1½ kop­pie (375 ml) ri­sot­torys

(soos ar­bo­rio) • ½ kop­pie (125 ml) droë wit­wyn • 1 heel blom­kool­kop, in stuk­kies ge­kap • 1 Gran­ny S­mith-ap­pel, in dun

stok­kies ge­sny • 3-4 kop­pies (750 ml-1 ℓ) hoen­der

of groen­te­af­trek­sel • 125 g pan­cet­ta of spek, ge­kap • 1/ kop­pie (85 ml) room

3 • ’n hand vol ge­ras­per­de par­me­saan • sout en swart­pe­per

Só maak jy

S­melt die bot­ter in ’n groot swaar­boom­pan. So­teer die ui en knof­fel baie sta­dig oor lae hit­te tot dit deur­sky­nend en sag is. Voeg die rys by en roer dit vir 3 mi­nu­te. Voeg die wyn by en roer die rys tot al die wyn ge­ab­sor­beer is.

Draai die hit­te ho­ër – dit moet taam­lik hoog wees, maar nie só warm dat die rys be­gin brand nie. Voeg drie­kwart van die blom­kool en die helf­te van die ap­pel by en roer dit deur. Voeg ’n kop­pie van die af­trek­sel by en roer dit tot al­les ge­ab­sor­beer is. Her­haal dit kop­pie vir kop­pie tot­dat al die af­trek­sel op­ge­bruik is – die rys moet uit­ge­swel en am­per sag wees. Haal dit da­de­lik van die plaat af.

Braai in­tus­sen die spek of pan­cet­ta bros en skep dit uit. Braai die res van die blom­kool oor hoë hit­te in die spek se pan­vet­te tot dit ge­skroei en net-net sag is. Roer die room en ’n paar le­pels par­me­saan­kaas deur die ri­sot­to. Proe en geur dit na smaak met sout en swart­pe­per. Sit dit da­de­lik voor en sprin­kel blom­kool­stuk­kies, spek en par­me­saan oor el­ke por­sie. Rond dit af met die res van die vars ap­pel­stok­kies. >

4-6 20 mi­nu­te 30 mi­nu­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.