Ap­pel­vet­koe­kies met roos­wa­ter

• o­lie vir diep­braai • roos­wa­ter­stroop of heu­ning

Weg! Platteland - - Kook Met Appels - GLU­TEN­VRY

Ge­noeg vir 6 Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te plus rus­tyd Gaar­maak­tyd 15 mi­nu­te

Hier­die is ’n vin­ni­ge warm be­der­fie op ’n herf­smid­dag… Ver­vang ge­rus die ta­pi­o­ka­meel met aar­tap­pel- of rys­meel of ’n kom­bi­na­sie daar­van, en pleks van die roos­wa­ter kan jy aan die ein­de ka­neel­sui­ker oor­strooi.

Jy be­no­dig

• 5 Gran­ny S­mith-ap­pels • 2 suur­le­moe­ne • 150 g ta­pi­o­ka­meel* • 4 eet­le­pels (60 ml) a­man­del­meel

(of ge­bruik fyn­ge­maal­de a­man­dels) • 1 tee­le­pel (5 ml) bak­poei­er • 2 tee­le­pels (10 ml) roos­wa­ter • 1 ei­er • ½-1 kop­pie (125-250 ml) melk • 25 g bot­ter, ge­smelt • 2 han­de vol a­man­dels, ge­roos­ter

en fyn­ge­kap (plus ek­stra om oor te strooi)

Só maak jy

Ver­wy­der die klok­huis van die ap­pels en sny dit in dun sky­we (on­ge­veer 5 mm). Druk die sky­we vin­nig in ’n bak wa­ter waar­in jy die sap van een suur­le­moen uit­ge­druk het – dit keer dat die ap­pels bruin word.

Meng die ta­pi­o­ka- en a­man­del­meel, bak­poei­er, roos­wa­ter, ei­er en melk in ’n meng­bak – gooi net ge­noeg melk by om ’n slap deeg te vorm, am­per soos pan­ne­koek­be­slag. K­lits die be­slag tot dit glad en son­der klon­te is. K­lits die ge­smel­te bot­ter en a­man­dels by.

Ver­hit o­lie in ’n ka­strol tot baie warm (maar nie ro­kend nie). Toets dit deur een ap­pel­ring in die be­slag te doop en in die warm o­lie te braai. Dit be­hoort bin­ne 2-3 mi­nu­te goud­bruin te wees aan die een kant. Draai dit om en braai die an­der kant voor­dat jy dit op kom­buis­pa­pier drei­neer. Braai die res van die ap­pel­rin­ge (so 3-4 op ’n slag). Sny die twee­de suur­le­moen in wig­gies. Sprin­kel nog fyn­ge­kap­te a­man­dels oor en drup roos­wa­ter­stroop of heu­ning oor die ap­pel­rin­ge. Sit dit da­de­lik voor met die suur­le­moen­wig­gies.

Maak Be­rei­dings­tyd 30 mi­nu­te plus rus­tyd Bak­tyd

Ka­ra­mel en ap­pel is ’n on­weer­staan­ba­re kom­bi­na­sie. Hier­die tra­di­si­o­ne­le ap­pel­tert is dank­sy die neu­te en ka­ra­mel ek­stra­lek­ker…

Jy be­no­dig

VIR DIE KORS • 2½ kop­pies (625 ml) koek­meel • 1 tee­le­pel (5 ml) sout • 250 g ys­koue bot­ter, in blok­kies ge­sny • ¼ kop­pie (60 ml) ys­wa­ter

VIR DIE VUL­SEL • 1 kop­pie (250 ml) lig­te bruin­sui­ker • 1¼ kop­pie (310 ml) koek­meel • 1 tee­le­pel (5 ml) fyn ka­neel • 5 kop­pies (1¼ ℓ) dun­ge­sny­de ap­pels • 50 g ge­kap­te ok­ker- of pe­kan­neu­te • ½ kop­pie (125 ml) ka­ra­mel • 2-4 eet­le­pels (30-60 ml) melk • ½ kop­pie (125 ml) klam bruin­sui­ker • ½ kop­pie (125 ml) bot­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.