Warm ap­pel­tee

Weg! Platteland - - Kook Met Appels -

Sny 10 ap­pels in kwar­te en sit dit in ’n prut­pot – dis nou ’n slow cook­er. (Jy kan dit ook in ’n swaar­boom­ka­strol maak wat jy in ’n oond van 140 ºc sit.) Ras­per die skil van 1-2 le­moe­ne by en druk die le­moen­sap daar­oor uit. Voeg dan 3 ka­neel­stok­kies, 1 heel neut­mus­kaat, 2 tee­le­pels (10 ml) heel na­el­tjies, ½ tee­le­pel (2,5 ml) won­der­pe­per ( all s­pi­ce) en 2 ℓ wa­ter by. Prut dit vir 5 uur sta­dig op die laag­ste ver­stel­ling. Ge­bruik ’n aar­tap­pel­druk­ker om die vrug­te lek­ker fyn te druk en prut dit dan vir nog ’n uur. Sit ’n dun skoon tee­doek of pa­pier­kof­fie­fil­ter in ’n sif en sit dit oor ’n skoon pot. Werk die pulp goed deur die sif so­dat al die vog daar­in uit­ge­pers word. Roer ½-¾ kop­pie (125-185 ml) heu­ning deur. Ver­hit die tee, maar moe­nie dit kook nie. Sit dit da­de­lik voor saam met ’n skeut whis­ky of bran­de­wyn en ver­sier die gla­se met vars le­moen- en ap­pel­sky­fies. Hou die ap­pel­tee vir tot ’n week in die ys­kas.

Pu­re plat­te­land

As jy hier in die herfs­maan­de ’n lek­ker warm dag kry, kan jy die tee ook koud as ’n ys­tee voor­sit. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.