Bros ap­pel­tjips Ap­pel­tert

Weg! Platteland - - Kook Met Appels - OU GUNS­TE­LING MET ’N KIN­KEL

Ver­wy­der die klok­huis van 8 ferm ap­pels – ’n kom­bi­na­sie van groen en rooi ap­pels lyk mooi – en sny dit in pa­pier­dun sky­we (3 mm). Sprin­kel 3-4 tee­le­pels (15-20 ml) ka­neel en net so­veel strooi­sui­ker oor die ap­pel­sky­we en sprei dit uit op ’n bak­plaat wat met kleef­we­ren­de sproei ge­spuit is. Die ap­pels moe­nie oor­vleu­el nie. Sit dit vir 2-3 uur in ’n oond van 100 ºc – die rin­ge moet droog maar nog ef­fens buig­saam wees. Ryg die tjips in bos­sies en sit dit voor met ’n kaas­bord. Jy kan dit ook ná ete saam met sjer­rie ge­niet óf dit oor jou ont­byt­mu­es­li snip­per.

Só maak jy

Pols die meel en sout in die bak van ’n voed­sel­ver­wer­ker tot ge­meng. Voeg die bot­ter by en pols tot dit ’n grow­we krum­mel­teks­tuur het (daar moet nog stuk­kies bot­ter sig­baar wees). Ter­wyl die ma­sjien loop, voeg die wa­ter bie­tjies-bie­tjies by tot­dat die deeg by­me­kaar kom – moe­nie dit vir lan­ger as 30 se­kon­des meng nie. (En moet ook nie al die wa­ter op een slag by­voeg nie – so­dra jy ’n bie­tjie van die krum­mels soos deeg by­me­kaar kan druk, is dit reg.) Keer die deeg uit op ’n werk­op­per­vlak en ver­deel dit in t­wee bol­le. Rol el­ke bol tus­sen t­wee lae kleef­plas­tiek uit tot ’n plat skyf en sit dit oor­nag in die ys­kas (min­stens vir 1 uur).

Haal die deeg 15 mi­nu­te voor jy dit gaan no­dig kry, uit die ys­kas. Rol dit tus­sen t­wee lae kleef­plas­tiek uit tot die groot­te van die tert­bak – dit moet on­ge­veer 3 mm dik wees. Voor­ver­hit die oond tot 180 ºc. Smeer ’n 23 cm-tert­bak met bot­ter en voer dit met die een deeg­sir­kel uit.

Meng die bruin­sui­ker, ¼ kop­pie van die meel en die ka­neel in ’n bak en roer die ap­pel­sky­fies daar­deur so­dat dit goed be­dek is met die meng­sel. Skud die ap­pels uit oor die deeg in die tert­bak en sprin­kel die neu­te oor.

Meng die ka­ra­mel met die melk om dit lo­pe­ri­ger te maak en stip dit oor die ap­pels.

Ge­bruik ’n voed­sel­ver­wer­ker en pols die o­ri­ge kop­pie meel, klam bruin­sui­ker en bot­ter saam tot dit grow­we krum­mels vorm. Sprin­kel dit e­we­re­dig oor die ap­pels. Sit die twee­de deeg­vel oor die vul­sel, sny ’n gaat­jie so­dat die stoom kan ont­snap, en bak die tert vir 50-60 mi­nu­te tot goud­bruin.

Laat die tert vir 2 uur af­koel voor­dat jy dit voor­sit. (In­dien ver­kies, kan jy dit net voor op­die­ning weer ef­fens warm maak.) Sit dit voor met ’n skep­pie room­ys. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.