Ap­pel­bot­ter

Weg! Platteland - - Kook Met Appels -

BLITSPLAN

Ap­pel­bot­ter is eint­lik net ap­pel­sous wat jy lan­ger kook. Ver­wy­der die klok­huis van 2,5 kg ap­pels en sny dit in blok­kies. Gooi dit saam met 2 tee­le­pels (10 ml) fyn ka­neel, 1 tee­le­pel (5 ml) fyn gem­mer, ½ tee­le­pel (2,5 ml) fyn na­el­tjies en ½ kop­pie (125 ml) wa­ter in ’n groot swaar­boom­ka­strol met ’n dek­sel en stoom die ap­pels tot sag en gaar – as jy dit met ’n vurk kan fyn­druk, is dit reg. (Jy kan ook ’n prut­pot ge­bruik.) Pols die ap­pel met ’n hand­pol­ser fyn tot dit die teks­tuur van ap­pel­sous het. Sit die dek­sel te­rug en kook die sous ver­der tot dit ’n diep ka­ra­mel­kleur het – pa­s­op vir brand. As die sous dik is, skep dit in glas­fles­se en hou dit vir tot 2 we­ke in die ys­kas. (Ont­hou om ’n paar fles­sies uit te deel…) Dit vries ook goed. Ge­niet dit op warm brood of saam met ’n bord kaas en be­skuit­jies, óf sit dit voor met ge­bak­te vark­vleis. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.