Ha­wer­mout-e­nap­pel­koe­kies

Weg! Platteland - - Kook Met Appels - GE­SON­DE HAP­PIE

Maak 14-20 koe­kies Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te plus rus­tyd Bak­tyd 15 mi­nu­te

Hier­die koe­kies is nie baie soet nie – dit is meer soos ’n ge­son­de ont­byt­sta­fie. Jy kan dit dus son­der skuld­ge­voe­lens vir die kin­ders of klein­kin­ders gee of dit teen sla­pens­tyd saam met warm melk eet. Of smeer dit met bot­ter en ge­niet dit met heu­ning en ’n sky­fie ched­dar.

Jy be­no­dig • 1 kop­pie (98 g)** ha­wer­mout • ¾ kop­pie (90 g)** vol­ko­ring­meel

( jy kan ook glu­ten­vrye meel ge­bruik) • 1½ tee­le­pels (7,5 ml) bak­poei­er • 1½ tee­le­pels (7,5 ml) fyn ka­neel • ’n k­lein knip­pie sout • 2 eet­le­pels (30 ml) ge­smel­te

klap­per­o­lie of bot­ter • 1 groot ei­er • 1 tee­le­pel (5 ml) va­niel­je-ek­strak • ½ kop­pie (125 ml) heu­ning

of es­do­ring­stroop • ¾ kop­pie (185 ml) fyn­ge­ras­per­de

soet ap­pel

Só maak jy

Gee die ha­wer­mout in ’n voed­sel­ver­wer­ker so 5 of 8 vin­ni­ge pol­se tot­dat dit die grow­we teks­tuur van kits­ha­wer­mout het. Meng die ha­wer­mout, meel, bak­poei­er, ka­neel en sout goed saam. K­lits die klap­per­o­lie of bot­ter, ei­er en va­niel­je in ’n a­par­te bak en roer die heu­ning of es­do­ring­stroop daar­by. Roer dit deur die ha­wer­mout­meng­sel en daar­na die ap­pel. Be­dek die deeg met kleef­plas­tiek en laat dit vir 30 mi­nu­te in die ys­kas staan.

Ver­hit die oond tot 160 ºc en voer ’n bak­plaat uit met bak­pa­pier. Skep op­ge­hoop­te eet­le­pels vol van die be­slag uit – maak dit so groot soos jy dit wil hê. Bak die koe­kies vir 12-15 mi­nu­te. Laat dit vir 15 mi­nu­te bui­te die oond op die bak­plaat af­koel en pak dit dan op ’n draad­rak­kie so­dat dit heel­te­mal kan af­koel. Bê­re die koe­kies in ’n lug­dig­te hou­er.

** Dis be­lang­rik dat jy die ha­wer­mout en meel af­weeg, want as jy te veel ge­bruik, sal die koe­kies baie droog wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.