Ap­pel-ka­da­bra! Heu­ning­mos­terd-vark­rol met ge­roos­ter­de ap­pel­wig­gies

Ina Paar­man wys hoe mak­lik dit is om met jou herfs-ap­pel­oes te toor. 4

Weg! Platteland - - Kook Met Appels - DEF­TIG VIR SON­DAG

Ge­noeg vir Be­rei­dings­tyd Gaar­maak­tyd

Die lang gaar­maak­tyd teen ’n lae tem­pe­ra­tuur keer dat die vleis uit­droog, en die ap­pel span die kroon.

Jy be­no­dig

• 800 g ont­been­de ge­rol­de vark­nek of e­ni­ge vark­rol ( jy kan ook hoen­der­dy­tjies ge­bruik) • Ina Paar­man se Suur­le­moen &

Swart­pe­per-geur­sout • 3 Pink La­dy-ap­pels, on­ge­skil, klok­huis ver­wy­der en in ag­stes ge­sny • 500 g heel ba­ba-ui­tjies, ge­skil • ’n hand vol ge­kap­te pie­ter­sie­lie • 2 tee­le­pels (10 ml) Ina Paar­man se Hoen­der- of Groen­te­af­trek­sel­poei­er • 1 kop­pie (250 ml) warm wa­ter • 1 x 200 ml Ina Paar­man se Heu­ning­mos­terd­geur ‘Co­at & Cook’-sous

VIR DIE AP­PEL­WIG­GIES • 4 Pink La­dy-ap­pels, on­ge­skil, klok­huis ver­wy­der en in ag­stes ge­sny • ¼ kop­pie (60 ml) bruin­sui­ker of

lig­te bruin­sui­ker • sap en skil van 1 suur­le­moen

(hou die uit­ge­druk­te hal­wes) • ½ tee­le­pel (2,5 ml) Ina Paar­man se Suur­le­moen & Swart­pe­per­geur­sout • ¼ kop­pie (60 ml) mar­me­la­de

Só maak jy

Sit die oond­rak in die mid­del­ste po­si­sie en voor­ver­hit die oond tot 150 ºc. Geur die vleis o­ral­oor met Suur­le­moen & Swart­pe­per­geur­sout.

Meng die ap­pels, uie en pie­ter­sie­lie in ’n mid­del­slag- oond­vas­te bak met ’n dek­sel. Roer die af­trek­sel­poei­er by die warm wa­ter in tot dit goed ge­meng is, en giet die af­trek­sel dan oor die ap­pel­meng­sel. Sit die vleis ver­sig­tig bo-op neer.

Gooi die Heu­ning­mos­terd­sous oor die vleis. Sit die dek­sel op die oond­skot­tel en bak die vleis vir 2½ uur. Haal dit uit die oond, laat dit rus en sny dit in dun sky­we. Sit dit dan voor saam met die ge­roos­ter­de ap­pel­wig­gies. (As jy die hoen­der­dy­tjies ge­bruik, bak dit vir 1½ uur teen 180 ºc.)

Roos­ter die ap­pel­wig­gies

Hou die oond­rak in die mid­del en ver­hit die oond tot 200 ºc.

Pak die ap­pel­wig­gies in ’n mid­del­slag- oond­vas­te bak. Sprin­kel die sui­ker en suur­le­moen­skil oor en drup dan die suur­le­moen­sap oor. Geur dit lig­gies met die Suur­le­moen & Swart­pe­per-geur­sout en skep die mar­me­la­de oor. Sny die suur­le­moen­hal­wes in kwar­te en druk dit tus­sen die ap­pel­stuk­ke in.

Bak dit vir 30-35 mi­nu­te tot sag. On­der­in die bak wag ’n heer­li­ke stro­pe­ri­ge sous op jou...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.