Is jy reg vir

Weg! Platteland - - Papegaaie -

Dis be­lang­rik om te be­sef ’n pa­pe­gaai kan vir som­mi­ge men­se een van die won­der­lik­ste troe­tel­die­re wees om te be­sit, maar ook een van die uit­da­gend­stes. Neem die vol­gen­de in ag.

1

Pa­pe­gaaie leef lánk Die klei­ner spe­sies kan 15-30 jaar leef en die gro­te­res tot 80 jaar – selfs lan­ger. “Ek het ’n plan A,B, C én D,” sê Het­tie. “My pa­pe­gaaie is be­slis in my te­sta­ment.” Ont­hou ook om ie­mand te i­den­ti­fi­seer wat na hul­le kan om­sien wan­neer jy met va­kan­sie gaan. 2 Het jy ge­noeg tyd? Dink daar­aan dat ’n pa­pe­gaai die e­mo­si­o­ne­le vol­was­sen­heid van ’n twee­ja­ri­ge het. En net soos ’n kleu­ter moet ’n pa­pe­gaai ge­noeg aan­dag kry. Roe­ti­ne is ewe be­lang­rik. 3 Jy het ge­duld no­dig Pa­pe­gaaie is wil­de die­re wat jy moet leer. Maar an­ders as wat men­se dink, is hul­le nie van na­tu­re ag­gres­sief of ge­niep­sig nie – hul­le kan wel so raak as hul­le nie mooi han­teer word nie. 4 Pa­pe­gaaie maak ’n ge­raas Dit is maar net hoe dit is. In die vrye na­tuur be­groet hul­le die sonsopkoms met vu­ri­ge y­wer, en in jou huis gaan hul­le die­self­de doen – die bu­re gaan waar­skyn­lik nie dik van die lag wees nie. Ont­hou, dis ver­waar­loos­de pa­pe­gaaie wat gil en skree. Hoe gro­ter die pa­pe­gaai, hoe gro­ter die ge­raas. 5 Is daar ’n die­re­arts met ken­nis oor vo­ëls na­by jou? Pa­pe­gaaie het ’n in­ge­wik­kel­de fi­si­o­lo­gie en al­ler­lei k­win­te en kwa­le, en nie al­le die­re­art­se is toe­ge­rus om dit te be­han­del nie. Dit is be­lang­rik dat jy ’n pro-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.