Kies die reg­te soort

Weg! Platteland - - Papegaaie -

’n Mens kry on­ge­veer 350 pa­pe­gaai­spe­sies waar­van on­ge­veer 220 as troe­tel­die­re aan­ge­hou kan word. “Kies die reg­te soort pa­pe­gaai vir jou leef­styl,” sê An­dré du Toit van Wild­re­pa­pe­gaai­te­lers, “pleks daar­van om ’n e­mo­si­o­ne­le be­sluit te neem om­dat jy mal is oor ’n se­ke­re soort pa­pe­gaai se voor­koms.” Hier is d­rie van die ge­wild­ste spe­sies in Suid-a­fri­ka. A­FRI­CAN GREY Hul­le is be­kend as die beste pra­ters. Hul­le kan ’n te­le­foon wat lui, per­fek na­maak – of jou só goed na­boots dat al­mal om die bos ge­lei sal word. Hul­le is ge­neig om ’n band met een ge­sins­lid te vorm – dik­wels van die teen­oor­ge­stel­de ge­slag. Baie men­se met A­fri­can G­reys sê hul­le word goeie vrien­de met hon­de en an­der die­re. SE­VE­RE-ARA An­dré sê hul­le is sy guns­te­ling om­dat hul­le só mak raak dat hul­le selfs in jou bed sal slaap. Dit is lek­ker om hul­le aan te hou om­dat hul­le so lief­de­rik is. A­ra­pa­pe­gaaie het eg­ter roe­ti­ne no­dig. Moe­nie hul­le aan die be­gin met meer aan­dag be­derf as wat jy op die lang duur kan gee nie. Hul­le maak ’n taam­li­ke ge­raas en is nie ge­skik vir kin­ders on­der tien nie. A­MA­ZON A­ma­zon-pa­pe­gaaie is ook won­der­li­ke pra­ters, ver­al dié met die geel ag­ter­nek. Dit is mak­li­ker om saam met som­mi­ge a­ma­zon­pa­pe­gaaie te leef as an­der, en som­mi­ge is be­ter troe­tel­die­re vir ge­sin­ne as an­der. Die a­ma­zon-pa­pe­gaai met die blou bors, by­voor­beeld, pas die beste by ’n en­kel­per­soon, ter­wyl die geel­kroon- en rooi­kroon-a­ma­zons goed is met ge­sin­ne.

Jy moet ook be­sluit of jy ’n vol­was­se vo­ël gaan aan­neem of ’n hans kui­ken by ’n te­ler gaan koop. ’n Vol­was­se pa­pe­gaai kan ’n goeie be­leg­ging wees (en is dik­wels ook goed­ko­per). Die be­pa­len­de fak­tor is nie ou­der­dom nie, maar die vo­ël se op­voe­ding. In­dien jy ge­luk­kig ge­noeg is om ’n pa­pe­gaai te kry wat ’n lief­de­vol­le, in­ge­lig­te ei­e­naar ge­had het, kry jy waar­skyn­lik ’n vo­ël wat reeds ge­leer is en selfs kan praat.

“Dit is nie waar dat vol­was­se pa­pe­gaaie nie ’n ver­hou­ding met ’n nu­we ei­e­naar sal vorm nie,” sê dr. Anton S­mit, ’n vo­ël­arts en pa­pe­gaai­te­ler van San­nies­hof. “As hul­le ge­noeg lief­de kry, be­hoort hul­le baie goed met ’n vreem­de­ling oor die weg te kom.” In­dien die pa­pe­gaai eg­ter ge­drags­pro­ble­me toon weens ver­waar­lo­sing of sleg­te af­rig­ting, sal hy waar­skyn­lik nooit reg­tig met jou ’n band vorm nie.

’n Kui­ken van 6-8 we­ke wat deur die te­ler groot­ge­maak is, gaan waar­skyn­li­ker ’n band met jou vorm. “Teen die twaalf­de week het die pa­pe­gaai reeds ver­bin­te­nis­se ge­vorm – moet dus nie ’n kui­ken kry wat al te oud is nie,” sê An­dré.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.