EEN GROOT AANLYNFAMILIE

Weg! Platteland - - Internetopsies -

Nog nooit in die ge­skie­de­nis van die mens­dom was men­se so nou met me­kaar ver­bind nie – en daar­voor kan ons die in­ter­net be­dank. Dees­dae het 40% van die wê­reld­be­vol­king ’n in­ter­net­ver­bin­ding. In 1995 was dit min­der as 1%.

Vol­gens in­ter­net­li­ve­stats.com het die ge­tal in­ter­net­ge­brui­kers tus­sen 1999 en 2013 tien­vou­dig toe­ge­neem. Die eer­ste mil­jard is in 2005 be­haal, die twee­de mil­jard in 2010 en die der­de in 2014. On­ge­veer t­wee mil­jard ge­brui­kers maak staat op vas­te bre­ë­band­sub­skrip­sies – en die kos­te van ’n in­ter­net­ver­bin­ding hou aan daal.

Hoe­wel die sy­fers mag wis­sel, het Suid-a­fri­ka ’n paar plek­ke op die VSA se wê­reld­wye bre­ë­band­rang­lys ge­klim tot die 80ste po­si­sie in sy jong­ste jaar­lik­se ver­slag wat ge­bruiks­vlak­ke van vas­te en mo­bie­le bre­ë­band in meer as 190 lan­de meet. In 2014 het on­ge­veer 48,9% Suid-a­fri­ka­ners in­ter­net­toe­gang ge­had – ver­ge­le­ke met 41% (92ste op die lys) in 2013.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.