Laat daar (son)lig wees

Weg! Platteland - - Internetopsies -

Die maat­skap­py Net1 Mo­bi­le So­lu­ti­ons het met ’n kre­a­tie­we plan vo­ren­dag ge­kom vir ’n pro­bleem wat baie leer­lin­ge op af­ge­leë plek­ke son­der e­lek­tri­si­teit er­vaar. Son­der lig moet hul­le saans by kers­lig stu­deer, en son­der krag om sel­fo­ne te

her­laai het hul­le nie toe­gang tot tu­tor­diens­te of die in­ter­net nie.

Ge­luk­kig is daar die twee­de­ge­slag­son-e-lig, ’n kom­pak­te son­aan­ge­dre­we toe­stel met ’n poort om sel­fo­ne te her­laai en ’n in­ge­bou­de sim­kaart so­dat die lig as ’n Wi-fi­hot spot ge­bruik kan word. Nou kan leer­lin­ge die in­ter­net vir na­vor­sing ge­bruik, toe­gang kry tot aan­lyn­a­ka­de­mie­se ma­te­ri­aal en deur werk­soek­por­ta­le snuf­fel.

José da Sil­va So­a­res, die maat­skap­py se woord­voer­der, sê: “Deur toe­gang tot teg­no­lo­gie te ver­skaf wat hul­le sal be­mag­tig om hul­le le­we ten goe­de te ver­an­der, maak hier­die pro­jek dit vir be­na­deel­de kin­ders en vol­was­se­nes moont­lik om voort­ge­set­te on­der­wys te kry en hul­le kans te ver­hoog om werk te kry.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.