7-DAG-VAART OP DIE ME­DI­TER­REEN­SE SEE

Weg! Platteland - - Internetopsies -

Kom aan boord van die e­le­gan­te pas­sa­sier­skip MSC Poe­sia – dit be­te­ken “ge­dig” of “dig­kuns” – en ont­dek I­ta­lië, G­rie­ke­land, Tur­kye en Kro­a­sië met styl. Kyk fliek on­der die ster­re – daar’s ’n mas­sie­we skerm reg langs die swem­bad... Kin­ders sal gaan­de wees oor die speel­plek met sy di­no­sou­rus­te­ma, en tie­ners kan gaan uit­hang by die Teen’s Club. Jy be­gin en ein­dig die toer in Ve­ne­sië, I­ta­lië, maar maak ook ’n draai in die vol­gen­de ste­de: • Ba­ri, I­ta­lië Een van die mooi­ste ste­de in Suid-i­ta­lië met ’n ry­ke ver­skei­den­heid van kul­tu­re – Nor­man­dies, Ara­bies en Ro­meins... dié kul­tu­re is ver­al te sien in die Ou Stad waar dit we­mel van oud­he­de. • Ka­ta­ko­lon, G­rie­ke­land Dié stad is ge­bou vir die vier­jaar­lik­se s­pe­le wat op­ge­dra is aan Zeus – ty­dens dié s­pe­le is al­le vy­an­dig­heid in die naam van sport­man­skap laat vaar. ’n Groot deel van dié kom­pleks is ver­woes toe die s­pe­le in 393 n.c. ver­bied is om­dat dit as ’n hei­den­se fees be­skou is. Be­soe­kers kan van­dag da­rem nog na die Tem­pel van Zeus en die sta­di­on kom kyk. • I­z­mir, Tur­kye Dié stad, be­kend as die “Pê­rel van die E­ge­ïe­se See”, is in die der­de mil­len­ni­um v.c. ge­ves­tig en is van­dag op t­wee na die oud­ste stad in Tur­kye. Van I­z­mir af kan jy aan­sluit by ’n op­si­o­ne­le toer na die ar­ge­o­lo­gie­se ter­rein van E­fe­se, ’n an­tie­ke dorp wat rondom 1 000 v.c. ge­stig is. • Istan­bul, Tur­kye Hier­die stad, wat op se­we heu­wels tus­sen A­sië en Eu­ro­pa lê, is die e­nig­ste stad wat op t­wee vas­te­lan­de ge­bou is. Dit was al die hoof­stad van d­rie ry­ke – ’n werk­lik won­der­baar­li­ke plek! • Du­brov­nik, Kro­a­sië Hier­die ou­wê­reld­se stad word om­ring deur ’n duisend jaar oue muur en ver­dien sy tra­di­si­o­ne­le by­naam “Ju­weel van die A­dri­a­tie­se See” dub­bel en dwars. Die skry­wer Ge­or­ge Ber­nard S­haw het eens op ’n tyd ge­sê: “Men­se wat op soek is na die pa­ra­dys, moet na Du­brov­nik toe kom.”

WAN­NEER? Vaart­sei­soen: 1 Mei tot 13 No­vem­ber 2015. PRYS Va­n­af R14 230 p.p. plus hui­di­ge lug­ha­we­be­las­ting van R5 880.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.