Laat ’n mens dink Grond­her­vor­ming bly ’n swart-wit-kwes­sie met g’n par­ty wat wil bes­gee nie, skryf Kay Kar­riem

Grond­her­vor­ming is ’n kom­plek­se saak, net soos “plaas” as kind vir Kay Kar­riem ’n soet droom én ’n aak­li­ge nag­mer­rie was. Eers by haar ou­ma­groot­jie se graf het sy tot an­der in­sig­te ge­kom.

Weg! Platteland - - Inhoud - Kay Kar­riem is redakteur van die tyd­skrif Kui­er.

Die de­bat oor grond­her­vor­ming is iets wat ek net met so ’n hal­we oor volg. Ek sien hoe buit die op­por­tu­nis­te dit uit om al­mal se bloed­druk op te jaag, en lees af en toe van die kom­men­taar op aan­lyn­fo­rums, net om se­ker te maak of die ge­sprek nie al ’n bie­tjie aan­be­weeg het nie.

Maar die hoop be­skaam el­ke keer, want die­self­de men­se sê nog al­tyd die­self­de din­ge. Al­mal hou by hul­le ou, eng blik op die saak. Die meer­der­heid sien dit steeds net as swart en wit – en ek be­doel dit let­ter­lik. Daar is geen ruim­te vir uit­son­de­ring of ver­an­de­ring nie en ook geen be­grip vir hoe dit in die an­der se skoe­ne voel nie.

Dis nie as­of ek ’n grond­eis wil in­stel nie. Ek volg die de­bat, want my men­se kom be­slis nie oor­spronk­lik van die Kaap­se Vlak­te nie. Hul­le was plaas­men­se. El­ke win­ter­va­kan­sie het ek ’n voor­smaak daar­van ge­kry wan­neer ons kin­ders gaan kui­er het vir die fa­mi­lie wat nog op die plaas werk. Dit was ’n an­der wê­reld. Dis nou al der­tig jaar ge­le­de, in die ja­re tag­tig, toe ek die laas­te keer op die plaas was, maar ek ont­hou dit nog goed. Dit was ’n win­ter­skool­va­kan­sie, en die le­we daar so an­ders as ons le­we in die sche­me.

Dit was ter­self­der­tyd ’n droom en ’n nag­mer­rie. Aan die een kant was dit soos die boe­ke oor die na­tuur wat ek op skool ge­lees het. Die lug was skoon en jy kon die vo­ëls hoor sing. Daar was ’n win­gerd op jou voor­stoep en ’n reg­te dam. El­ke og­gend het ek ge­dink ek staan op in ’n sto­rie­boek, maar dan het die werk­lik­heid sta­dig in­ge­sink.

Sien, dit was ook die tyd in my le­we toe my po­li­tie­ke be­wus­syn ont­waak het, en ek het be­gin be­sef hoe din­ge ver­skil­lend werk vir ver­skil­len­de ras­se. Dit was vir my baie erg dat my fa­mi­lie op die plaas nie e­lek­tri­si­teit of lo­pen­de wa­ter in hul­le hui­sie het nie. Nie­mand het ook ver­der ge­leer nie, want so­dra hul­le klaar was by die plaas­skool, moes hul­le be­gin werk. En hul­le het wrag­tag nog ge­ja-baas en nee-baas. Dít in die tag­tigs!

Ek wou al­les weet van hoe ons fa­mi­lie op die plaas be­land het, want vol­gens oor­le­we­ring – al­les is vol­gens oor­le­we­ring, want ons het nie eint­lik pa­pie­re nie – was ons al ge­slag­te lank daar. My ou­ma het ver­tel dit het al­les be­gin by oor­le’ Het­ta wat in die kom­buis op die plaas ge­werk het. Sy was glo ’n slaaf, maar baie har­de­kop. Ek aard glo na Het­ta, want ek kan ook nie stil­bly nie, maar dís vol­gens die­self­de ou­ma wat sweer ek is met die hel­met ge­bo­re… Dus weet ek nie.

Ek glo nog­al die sla­we­af­koms-sto­rie, want my ou­ma­groot­jie Ge­trui­da was baie don­ker van kleur met glad­de swart ha­re – Oos-in­dies in voor­koms. Maar hier is die ding wat my nog­al ge­fas­si­neer het as kind, en iets wat ek in my bruin­wees meer­ma­le in plaas­fa­mi­lies te­ë­ge­kom het. Maak daar­van wat jul­le wil, maar dit is wat dit is. Gee my ’n plaas en ek gee jou hier­die ver­skyn­sel. Daar is my ou­ma­groot­jie diep don­ker en my ou­ma spier­wit met die­self­de git­swart ha­re. Dan is my ou­ma se een sus­ter weer don­ker en die jong­ste sus­ter weer baie lig van kleur. Laat ek dit dui­de­lik maak: Nie­mand in die fa­mi­lie het daar­oor ge­praat nie – tot van­dag toe – en nie­mand het ge­sê die boer of sy fa­mi­lie was be­trok­ke nie. Maar dit was baie op­val­lend, en tot van­dag toe is daar t­wee kleur­stro­me in ons fa­mi­lie. Die brui­nes, soos ek, en die off-w­hi­tes.

Ek glo stel­lig dis wat ek des­tyds as kind op die plaas ge­sien het wat my so vas­be­slo­te ge­maak het om in my leef­tyd ge­reg­tig­heid te laat se­ë­vier en nooit vir e­ni­ge wit mens baas te sê nie. Dit was een van die groot dryf­ve­re hoe­kom ek gaan stu­deer het, want ek het ge­sien wat doen dit aan jou mens­waar­dig­heid as jy al­tyd moet te­rug­staan. Eers het ek ge­dink dit sou die ul­ti­ma­te re­ven­ge wees om een­dag ge­noeg geld te maak om die plaas te koop, maar toe ek on­langs te­rug is soon­toe, het bit­ter­min ver­an­der. An­der men­se bly nou in die wer­kers­hui­sie waar my men­se ge­bly het, en dit lyk nie of hul­le al e­lek­tri­si­teit het nie, maar die win­ger­de is nou nog op hul­le voor­stoep.

Net voor ek daar waai, ont­hou ek om ’n laas­te draai te loop, na die ker­kie oor­kant die sta­sie waar al die wer­kers be­gra­we is. My ou­ma­groot­jie lê ook daar. En toe be­sef ek hoe sim­pel dit sou wees om die plaas te koop om iets aan wit men­se te pro­beer be­wys, want sy het klaar die grond. Dis waar haar been­de­re is.

‘Ek wou al­les weet van hoe ons fa­mi­lie op die plaas be­land het, want vol­gens oor­le­we­ring – al­les is vol­gens oor­le­we­ring, want ons het nie eint­lik pa­pie­re nie – was ons al ge­slag­te lank daar.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.