Troe­tel­die­re Sien jy kans vir ’n stout dog heer­lik bek­ki­ge kind in die huis? Kry vir jou ’n pa­pe­gaai!

Is jy ge­reed om ’n kleu­ter in jou ge­sin te ver­wel­kom wat nooit gaan groot­word nie maar jou ure se ver­maak en vriend­skap gaan ver­skaf – en waar­skyn­lik lan­ger as jy gaan leef? Ont­dek die won­der­li­ke wê­reld van pa­pe­gaaie.

Weg! Platteland - - Inhoud - TEKS ERIKA BORNMAN FO­TO’S MO­NI­QUE MOU­IS­SIE, KATTY VANDENBERGHE, PETER VAN NOORD, S­TE­FA­NIE HE­FER EN E­TIEN­NE HA­NE­KOM

Die vrou sit by die pre­di­kant, han­de in die ha­re: “Do­mi­nee, ek het ’n pro­bleem – my t­wee wy­fie­pa­pe­gaaie sê die heel­tyd net een ding. Hul­le her­haal die­self­de fra­se oor en oor: ‘Hal­lo daar, ons is los mei­sies en ons soek ’n bie­tjie p­ret!’ ”

Die do­mi­nee lyk ge­skok, maar na­dat hy ’n oom­blik daar­oor na­ge­dink het, sê hy: “Ek het ’n plan. Ek het t­wee baie vro­me man­ne­tjies­pa­pe­gaaie wat ek ge­leer het om te bid en By­bel te lees. B­ring jou t­wee wy­fies na my toe dan sit ons hul­le saam met Pau­lus en Jo­han­nes in die hok. Dan kan hul­le jou pa­pe­gaaie leer bid en ge­san­ge sing én hul­le or­dent­li­ker laat praat.”

So ge­sê, so ge­daan. Die vol­gen­de dag kom sy met haar t­wee wy­fies by die do­mi­nee se huis aan. Toe sy die ver­trek bin­ne­stap, sien sy die t­wee man­ne­tjies in hul­le hok, be­sig om te bid. Sy’s nog­al be­ïn­druk en sit haar wy­fies da­de­lik saam met hul­le in die hok. Sy het skaars haar rug ge­draai of haar pa­pe­gaaie roep soos een vrou: “Hal­lo, ons is los mei­sies en ons soek ’n bie­tjie p­ret!”

Eers is daar ’n ge­skok­te stil­te, maar uit­ein­de­lik kyk die een man­ne­tjie vir die an­der een en gil uit­ge­la­te: “Broer, van­dag is ons ge­be­de uit­ein­de­lik ver­hoor!”

DIS MAAR EEN van die tal­le pa­pe­gaai­grap­pies wat ’n mens ge­du­rig hoor – se­ker om­dat men­se en pa­pe­gaaie al so ’n lang pad saam loop. Van die eer­ste be­skry­wings van pa­pe­gaaie is op­ge­neem in die Rig Ve­da, ’n an­tie­ke ge­skrif uit In­dië wat van on­ge­veer 1000 v.c. da­teer. A­ri­sto­te­les het ook oor pa­pe­gaaie ge­skryf, A­lex­an­der die Gro­te het glo op hul­le ver­lief ge­raak, en daar was al selfs ’n paar pa­pe­gaaie in die A­me­ri­kaan­se Wit­huis. Dees­dae is vo­ëls naas hon­de en kat­te die ge­wild­ste troe­tel­die­re in die We­ster­se wê­reld, waar­skyn­lik om­dat dit so­veel vreug­de is om saam met hul­le te wees – ten spy­te van hul­le in­tel­li­gen­sie (of dalk juis daar­oor) is pa­pe­gaaie vol stre­ke, en moe­nie ver­geet van hul­le ver­moë om te praat nie!

Dink eg­ter t­wee keer voor jy ’n pa­pe­gaai by jou huis in­bring – dit verg groot toe­wy­ding in ter­me van tyd, e­ner­gie én hulp­bron­ne. Pa­pe­gaaie het ’n bui­ten­ge­wo­ne hoe­veel­heid aan­dag en ver­sor­ging, no­dig, en dit gaan baie lief­de, ge­duld en tyd van jou kant af kos om ’n ver­hou­ding op te bou. Die heg­te band >

wat dank­sy al hier­die moei­te vorm, is op die ou end een wat moei­lik ver­breek kan word, en jy gaan waar­skyn­lik een van die be­vre­di­gend­ste ver­hou­dings van jou le­we ge­niet.

‘Kop­pie­krap!’

’n Pa­pe­gaai gaan meer van jou vra as net nou en dan ’n kie­lie op die kop­pie... Be­grip Ons wil graag aan pa­pe­gaaie dink as troe­tel­die­re, maar om hul­le werk­lik ge­luk­kig te hou moet jy be­sef hul­le is wil­de die­re. As jy hul­le ge­drag ver­staan in die kon­teks van hoe hul­le in ’n natuurlike om­ge­wing sou op­tree (en waar­om), sal jy – en jou pa­pe­gaai – ’n he­le klomp moei­te en hart­seer ge­spaar word.

“Men­se pro­beer hul­le eie ge­woon­tes en ma­nier van dink aan hul­le troe­tel­die­re op­dring, maar met pa­pe­gaaie gaan dit ge­woon nie werk nie,” sê An­dré du Toit van Wild­re-pa­pe­gaai­te­lers op Rus­ten­burg. “Jy moet na­vor­sing doen en ’n spe­sie kry wat die beste by jou per­soon­lik­heid en om­stan­dig­he­de pas. Moe­nie net op hul­le skoon­heid ver­lief raak en dink al­les gaan uit­werk nie. Ver­skil­len­de spe­sies het ver­skil­len­de be­hoef­tes. En ont­hou, ’n stil en goed­ge­ma­nier­de pa­pe­gaai is óf siek óf dood.” Baie aan­dag Om­dat pa­pe­gaaie ui­ters so­si­a­le en in­tel­li­gen­te we­sens is, is hul­le won­der­li­ke ka­me­ra­de. “In­dien jy ’n ge­luk­ki­ge, ge­son­de ge­veer­de vriend wil hê,” sê S­te­fa­nie He­fer, ’n pa­pe­gaai­ei­e­naar

van

‘Pa­pe­gaaie is goeie ge­sel­skap vir die ou­er gar­de en men­se wat aan die leënessindroom ly, om­dat hul­le hoë vlakke van in­ter­ak­sie al­leen­heid teen­werk.’

Kaap­stad, “moet hul­le baie per­soon­li­ke aan­dag kry. Ek het oor die ja­re ses pa­pe­gaaie aan­ge­neem – en op elk­een van hul­le ver­lief ge­raak. Hul­le ver­maak my meer as wat ek kan be­skryf, en om hul­le die sti­mu­la­sie te gee wat hul­le no­dig het, is reg­tig net ’n groot ple­sier.”

“Dit is van die groot­ste be­lang dat jou pa­pe­gaai el­ke dag tyd bui­te sy hok deur­bring om met jou te speel. Mak pa­pe­gaaie vorm ’n band met men­se soos hul­le in die na­tuur met hul­le swerm ’n band sou vorm. Jy moet dus in hul­le so­si­a­le én fi­sie­ke be­hoef­tes voor­sien,” sê An­dré. Ge­ba­lan­seer­de di­eet Son­der die reg­te kos sal ’n pa­pe­gaai ’n te­kort aan voe­ding­stow­we hê en sie­ke­rig wees. >

“Dis ’n al­ge­me­ne wan­op­vat­ting dat al­le vo­ëls net van sa­de kan oor­leef,” maan dr. Anton S­mit, ’n die­re­arts wat in vo­ëls spe­si­a­li­seer en pa­pe­gaai­te­ler van San­nies­hof. “In die na­tuur sou hul­le van ’n wye ver­skei­den­heid kos­soor­te kon leef, waar­on­der vars vrug­te. On­ver­soe­te mu­esli werk ook goed, as­ook die kor­rels vir pa­pe­gaaie wat ’n mens kan koop. Doen na­vor­sing oor die be­hoef­tes van jou spe­si­fie­ke spe­sie – en be­perk maar daar­die son­ne­blom­sa­de.” Ruim­te Af­han­gen­de van die groot­te van jou pa­pe­gaai het jy ’n kou no­dig wat groot ge­noeg is so­dat hy sy vler­ke kan sprei en klap. Jou pa­pe­gaai gaan waar­skyn­lik die groot­ste deel van die dag in die kou deur­bring – maak dus se­ker dis so ruim as moont­lik. In­dien jy ge­noeg plek het, is ’n groot vo­ël­hok ook ’n op­sie. “Ek het tans d­rie pa­pe­gaaie en hul­le bly in ’n vo­ël­hok wat ons in die tuin on­der ’n kam­fer­boom ge­bou het. Die af­me­tings is 20 x5 x 5 m en hul­le is baie ge­luk­kig daar,” sê Het­tie Pul­lin­ger van P­re­to­ria. “Ek haal hul­le el­ke dag uit en b­ring hul­le huis toe om tyd saam met my deur te b­ring. Vir my is dit eg­ter die heel lek­ker­ste as ek saam met hul­le in die hok kan wees.” Sti­mu­le­ring ’n Ver­veel­de pa­pe­gaai is ’n on­ge­luk­ki­ge pa­pe­gaai. En ’n on­ge­luk­ki­ge pa­pe­gaai raak mak­lik ’n on­ge­son­de pa­pe­gaai. Maak se­ker jou pa­pe­gaai het baie goe­ters om hom mee be­sig te hou. Jy kan speel­goed by ’n troe­tel­dier­win­kel koop of, soos S­te­fa­nie, jou eie speel­goed maak. “Ek het ’n ton­nel van ’n groot stuk bam­boes ge­maak wat ek aan die hok vas­ge­sit het – jy kan ook ’n stuk PVC­pyp ge­bruik. Ek maak vir hul­le be­wer­tjies van stuk­kies dryf­hout wat ek op die strand op­tel, skul­pe en on­ge­kleur­de tou. Hul­le is ook mal daar­oor om by die bin­ne­kant van ’n toi­let­rol te pro­beer uit­kom en sit dit ure lank en uit­me­kaar trek. Maak net se­ker die voor­wer­pe wat jy vir jou pa­pe­gaai gee, be­vat nie ska­de­li­ke che­mi­ka­lieë, verf of lood nie.” Waak­saam­heid In die na­tuur is pa­pe­gaaie mees­ters daar­in om siek­tes weg te steek. Hul­le het nie eint­lik ’n keu­se nie, want om swak­heid te wys is een ma­nier om ’n roof­dier se aan­dag te trek. “Selfs die ge­ring­ste ge­drags­af­wy­king of ne­ga­tie­we per­soon­lik­heids­ver­an­de­ring – en ’n swak­ker eet­lus – moet as erns­tig be­skou word,” sê die Gau­teng­se vo­ël­arts dr. Tom­my Blun­den. “Teen die

tyd dat ’n pa­pe­gaai reg­tig siek lyk, is dit ge­woon­lik te laat.”

En wat kry jy?

Pa­pe­gaai­lief­heb­bers is dit eens: An­der troe­tel­die­re kan nie by hul­le kers vas hou wan­neer dit kom by in­tel­li­gen­te in­ter­ak­sie en hu­mor nie. “Ek was nog al­tyd lief vir vo­ëls,” sê Het­tie. “As kind het ek selfs ’n hoen­der ge­had wat in my bed ge­slaap het. Dit is eg­ter on­ge­loof­lik hoe pa­pe­gaaie my oë oop­ge­maak het. Hul­le het my reg­tig ge­help om my­self te ont­dek. Par­ty men­se dink dalk dis vreemd dat ek be­reid is om ’n k­lein mo­tor se geld uit te gee op iets wat deur ’n by dood­ge­steek kan word, maar dis nie hoe ek dit sien nie. My pa­pe­gaaie was be­wus van al­bei my swan­ger­skap­pe nog voor ek self daar­van ge­weet het, en het rus­ti­ger teen­oor my ge­re­a­geer. En Sophia, my blou-en-goue a­ra­pa­pe­gaai, kom pik sag­gies die tra­ne van my wan­ge af as ek huil.”

“My pa­pe­gaaie laat my al­tyd lag. Hul­le na-aap my ge­woon­tes tot in die fyn­ste be­son­der­he­de,” sê S­te­fa­nie. “Hul­le boots selfs die ma­nier na waar­op ek hoes of keel skoon­maak. En wan­neer my A­fri­can Grey die hon­de roep, klink sy nes ek. Sy is ook mal daar­oor om die spe­si­fie­ke klank te maak wat my een hond al­tyd maak wan­neer hy wil hê ek moet gaan kyk of hy wel is.”

Om­dat dit taam­lik mak­lik is om pa­pe­gaaie te ver­sorg – dit is na­tuur­lik nood­saak­lik om die hok­ke skoon te maak, hoe­wel die mo­der­nes nog­al mak­lik is om mee te werk – is hul­le fan­tas­tie­se troe­tel­die­re vir men­se van al­le ou­der­dom­me. “Pa­pe­gaaie is goeie ge­sel­skap vir die ou­er gar­de en men­se wat aan die leënessindroom ly, om­dat hul­le hoë vlakke van in­ter­ak­sie een­saam­heid teen­werk. Ge­woon­lik is dit ook men­se wat tyd het om aan­dag aan hul­le pa­pe­gaai te gee, en dít is al­tyd ’n goeie i­dee,” sê Anton. Ge­luk­kig is pa­pe­gaaie net so­veel p­ret as wat hul­le werk is, en die mees­te men­se wat lief is vir pa­pe­gaaie, be­skou dit glad nie as moei­te of werk om se­ker te maak die vo­ëls is ge­luk­kig, ge­sond en goed­ge­ma­nierd nie. “Die tyd wat ek saam met my pa­pe­gaaie deur­bring om se­ker te maak dit gaan goed met hul­le, ver­ryk my le­we, en ek wil so­veel as moont­lik tyd saam met hul­le deur­bring,” sê Het­tie.

Dus, in­dien jy be­sluit om ’n pa­pe­gaai te kry, ge­niet jou ge­veer­de ge­sel­skap, lag vir sy ma­ne­wa­les en put vreug­de uit sy in­tel­li­gen­sie. Vi­va, ons vo­ël­vrien­de!

Het­tie Pul­lin­ger by een van haar ge­lief­de hi­a­sint-a­ra­pa­pe­gaaie. Dié pa­pe­gaaie, in En­gels be­kend as ma­caws, is die lang­ste van die pa­pe­gaai­spe­sies en kan van kop tot stert ’n vol­le me­ter lank word. 2 Die man­ji­fie­ke hok wat Het­tie on­der ’n kam­fer­boom laat b

S­te­fa­nie se pa­pe­gaaie en par­kie­te is gaan­de oor die tuis­ge­maak­te bam­boe­ston­nels en an­der kou­ba­re en ver­woes­ba­re goe­ters wat sy in die hok­ke rond­skuif. Hier wys Aus­tin Po­wers, die par­kiet, hoe din­ge werk.

Die hel­der re­ën­boog­lo­ri­kiet, in­heems aan die Aus­tra­lie­se kus­woud­streek, is mo­no­gaam en paar le­wens­lank met die­self­de maat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.