‘Ons het die skuif ge­maak’ T­wee Gau­ten­gers en hul­le kroos wyk uit na die vlak­tes van die Bo-ka­roo

T­wee oud-gau­ten­gers het lank ge­droom oor ’n stuk­kie grond op die plat­te­land. Hul­le moes hard be­plan, hard werk en dik­wels op Google se nom­mer druk, maar nou draai die stof be­hoor­lik soos P­hi­lip­pus en Hei­de-ma­rie B­reyl boer op hul­le plot bui­te B­rit­stown in

Weg! Platteland - - Inhoud - TEKS EN FO­TO’S WIL­LEM VAN DER BERG

‘Af­tree! Gmf. Ons is nie ou­er men­se met sak­ke vol geld wat plat­te­land toe ge­trek het op soek na stil­te en vars lug nie. As jong ge­sin spook ons dat die stof staan om hier ’n le­we te maak en te oor­leef,” ver­tel Hei­de-ma­rie B­reyl oor hoe dit ge­beur het dat sy, haar man, P­hi­lip­pus, en hul­le t­wee kin­ders, No­ah (7) en Ja­na (5), dees­dae boer op ’n “plot­jie” tus­sen Vos­burg en B­rit­stown in die Bo-ka­roo.

Hul­le het hul­le lap­pie grond, so­wat 15 km wes van B­rit­stown, Min­ta­ka­roo ge­doop, en hier leef die t­wee voor­ma­li­ge Gau­ten­gers nou in ’n groot ma­te self­on­der­hou­dend: Daar is ’n trop bok­ke wat melk ver­skaf (waar­mee Hei­de-ma­rie kaas en jo­gurt maak); var­ke vir vleis; hoen­ders, kal­koe­ne, een­de; prys­wen­ner­boer­boe­le waar­mee hul­le teel; ’n paar by­e­kor­we; en ’n groot groen­te- en krui­e­tuin. Hul­le le­wer ook ’n skaap­werk-en so­nar­diens aan boe­re in die om­ge­wing. Maar van kla is daar nie spra­ke nie – ’n plaas in die Ka­roo is im­mers ’n droom wat waar ge­word het.

P­HI­LIP­PUS EN HEI­DE-MA­RIE het in 2000 ont­moet toe hul­le al­bei by die Ma­sel­s­poort-oord na­by Bloem­fon­tein vir hul­le Diens­jaar vir Chris­tus aan­ge­meld het.

“Toe ek haar die eer­ste keer sien, het ek ge­dink dié pop­pie gaan dit nie maak nie,” lag P­hi­lip­pus.

“Ek het weer vir hom ge­kyk en dink: Wat ’n nerd! Hy kom van Mey­ers­park af en ek van Mey­er­ton. Mey­er­ton is span­ner val­ley. Daar het ons ou­ens soos P­hi­lip­pus0 510 20 ge­slaan Ki­lo­me­tersas ons hul­le sien.” >

Maar eint­lik het die t­wee die skoot hoog deur ge­had, en t­wee jaar la­ter is hul­le op Tul­bagh ge­troud. Hier het hul­le met jeug­be­die­ning be­gin en a­von­tuur­kam­pe en toe­re vir kin­ders aan­ge­bied, waar­on­der roei­toe­re op die O­ran­je­ri­vier.

“Ons het al­tyd deur B­rit­stown ge­ry en skaap­vleis ge­koop vir die toe­re. Ons het ons el­ke keer ver­kyk aan die veld en ge­won­der wat die ar­me ska­pe vreet,” ver­tel P­hi­lip­pus.

Op dié rei­se het hul­le ook baie pap wie­le ge­kry. “Ek sweer dit was al­tyd links ag­ter,” sê P­hi­lip­pus.

Op ’n dag gaan staan hul­le toe weer met ’n pap wiel – links ag­ter, ja – op ’n ver­la­te grond­pad. P­hi­lip­pus moes suk­kel om die band af te kry om­dat dit half vas­ge­roes het aan die rem­drom, maar ge­luk­kig hou daar ’n bak­kie by hul­le stil.

“By die oop be­stuur­ders­ven­ster sit daar toe hier­die jong boer­tjie met ’n blou o­ver­all- baad­jie aan. Die baad­jie is oop­ge- zip en die moue is kort en in ’n sig­sag-pa­troon ge­sny. Toe hy uit­klim, zip hy sy baad­jie op en sê: ‘Laat ek my da­rem net eers be­taam­lik maak vir die da­me’,” ver­tel Hei­de-ma­rie oor hul­le ont­moe­ting met And­re S­wa­ne­poel van Car­nar­von.

And­re het die wiel los­ge­kry, ná ’n groot ge­spook, en die B­reyls het vrien­de ge­raak met hom en sy ou­ers.

Ná se­we jaar in die jeug­be­die­ning het hul­le ’n mo­tor­woon­wa ge­koop, die land vol ge­reis en van tyd tot tyd steeds roei­toe­re deur die Rich­ters­veld aan­ge­bied. No­ah het al sy op­wag­ting ge­maak, en toe dit tyd word vir Ja­na se koms, het die B­reyls tot by Hei­de-ma­rie se ma in Mey­er­ton ge­ry waar P­hi­lip­pus haar som­mer self ge­vang het – al­bei kin­ders is tuis ge­bo­re, on­der aan­voe­ring van hul­le pa.

“Ons is nog­al ex­tre­me,” sê Hei­deMa­rie non­cha­lant.

Toe hul­le ein­de 2009 hoor van ’n boer wat ’n voor­man soek vir ’n plaas tus­sen

‘Daar was reg­tig niks, maar dit was fan­tas­ties om in daar­die stil­te en oop­te te le­we...’

Car­nar­von en Vos­burg, het hul­le en die t­wee kin­ders in die mo­tor­woon­wa soon­toe ge­ry. “Dit was ’n ver­la­te stuk grond son­der ’n huis, en ons het ’n jaar lank in die mo­tor­ho­me ge­bly. Daar was reg­tig niks, maar dit was fan­tas­ties om in daar­die stil­te en oop­te te le­we,” ont­hou P­hi­lip­pus.

“Ons het deur Google leer boer,” lag Hei­de-ma­rie.

Ná ’n jaar het hul­le na een van die boer se an­der pla­se ge­skuif waar daar da­rem ’n ne­tjie­se plaas­huis was. Hier het hul­le nog t­wee jaar ge­bly en die boer­de­ry be­stuur. Hei­de-ma­rie se broer, Ter­ti­us du P­les­sis, het vir lang tye by hul­le kom bly en ge­help boer tot­dat hy weer sy rug­sak ge­pak, ’n ruk lank duim­ge­gooi en op an­der plek­ke gaan werk het.

Hei­de-ma­rie het in­tus­sen leer kaas maak van die melk wat die bok­ke op die plaas le­wer.

“In ’n sta­di­um kon jy nie jou stert draai nie, dan staan daar ’n bak­kie vrot melk of kaas met Hei­de-ma­rie wat sê ‘proe gou’. La­ter wou ek nie meer proe nie,” ver­tel P­hi­lip­pus, wat dees­dae lek­ker weg­lê aan die kaas­bol­le.

AL­LES WAS GOED, maar hul­le het bly droom daar­oor om een­dag hul­le éie stuk Karoo­grond te be­sit. Toe hoor hul­le van die plot aan die on­der­kant van die S­martt-sin­di­kaat­dam, suid­wes van B­rit­stown, wat te koop is. Die dam is in 1895 ge­bou so­dat ’n be­sproei­ings­pro­jek wat vir groen­voer sou sorg in die om­ge­wing, aan die gang kon kom. >

’n Groot stuk grond aan die on­der­kant van die dam is in er­we op­ge­deel en dit was een van dié er­we waar­van die B­reyls te hore ge­kom het.

“Dit het maar woes ge­lyk… hier was se­we jaar lank nie men­se nie. Die huis se ven­sters was stuk­kend en bin­ne was dit vol dui­we­mis. Daar was nie eens sleu­tels vir die deu­re nie. Ons moes in­breek om in te kom,” sê Hei­de-ma­rie.

Hul­le het al hul­le sen­te by­me­kaar ge­skraap, die plot ge­koop en dit Min­ta­ka­roo ge­doop. “Min­ta­ka be­te­ken ‘om ge­reed te maak’,” sê Hei­de-ma­rie. “Dis eint­lik die Ara­bie­se woord vir ‘belt’ of ‘broek­gord’. Jy weet, dis soos E­lia wat sy len­de­ne om­gord het om voor die c­ha­ri­ot uit te hard­loop – God het vir hom ge­sê: ‘Maak ge­reed, trek op jou skirt en bind hom vas, want nou gaan jy hol!’ ” In Maart 2013 het hul­le in­ge­trek. Op Min­ta­ka­roo is ’n men­gel­moes van bok­ke (“soos dié wat jy langs die N2 in die Oos-kaap sien,” sê P­hi­lip­pus), baie mooi var­ke (groot­wit en land­ras­krui­sing), hoen­ders, kal­koe­ne, een­de en t­wee prag­ti­ge swart boer­boe­le.

“Ie­mand het ge­sê ’n mens moet liefs nie met swart hon­de of boer­boe­le teel nie. Toe be­sluit ons op swart boer­boe­le,” lag Hei­de-ma­rie.

Hul­le het ’n duur teef, Ma­don­na, ge­koop en haar toe na die Suid-a­fri­kaan­se kam­pi­oen­reun, Ram­kat, ge­vat om ge­dek te word. Uit hier­die eer­ste

ROEI DEUR DIE RICH­TERS­VELD

Die B­reyls bied steeds af en toe vier­dagroei­toe­re aan deur die Rich­ters­veld. Die toe­re be­gin by die A­bi­qua-ri­vier­kamp in Na­mi­bië, na­by die Vi­ools­drif-noor­doe­wer-grens­pos, en roei­ers kamp saans langs die ri­vier. Hul­le neem ook soms roei­ers uit op die S­martt-sin­di­kaat­dam.

Kon­tak hul­le vir da­tums en pry­se.

no­a­hs­ri­ver­ad­ven­tu­res.co.za in­fo@ no­a­hs­ri­ver­ad­ven­tu­res.co.za 081 433 7251 werp­sel van ne­ge het hul­le t­wee vier­de plek­ke en ’n vyf­de plek be­haal by die heel eer­ste na­si­o­na­le boer­boel­skou waar­aan hul­le deel­ge­neem het. Die mooi­ste reun­tjie, Ma­da­la, is nou deel van die Min­ta­ka­roo-boer­de­ry, en ses van sy broers en sus­ters is vir on­be­taam­li­ke be­drae na A­me­ri­ka uit­ge­voer.

“Ons is baie op­ge­won­de oor die boer­boe­le – ons het maar pas be­gin en vaar baie goed,” sê Hei­de-ma­rie.

Be­hal­we die boer­boe­le is daar ook Kriek, die Jack Rus­sell, en haar seun, Spot, as­ook Gi­z­mo, die mi­ni­a­tuur­Do­ber­mann wat Hei­de-ma­rie aan­ge­neem het toe sy ei­e­naar nie meer na hom kon kyk nie.

Van die bok­melk maak Hei­de-ma­rie steeds kaas, maar sy kry ook koei­melk van een van hul­le bu­re wat sy in gou­da, room­kaas, fe­ta en jo­gurt ver­an­der. Hul­le slag van die var­ke vir eie ge­bruik en ver­koop die res van die vleis.

“Die vleis is puik, want die var­ke word nie snaak­se goed ge­voer nie. En daar’s die per­fek­te la­gie vet op die vleis, so ’n mooi dun re­pie,” sê P­hi­lip­pus.

Hul­le het ook ’n paar by­e­kor­we – wat P­hi­lip­pus se pa vir hul­le ge­maak het –

in die om­ge­wing uit­ge­sit – en al van die eer­ste heu­ning uit­ge­spin en ge­bot­tel.

On­ge­luk­kig het die bok­ke on­langs die groen­te­tuin met sy groot ver­skei­den­heid groen­te heel­te­mal kaal­ge­vreet. Hul­le het ge­woon­lik al­tyd vars groen­te en kruie in die tuin, ver­tel Hei­de-ma­rie, en hul­le droog ook daar­van vir die win­ter in ’n dro­ër wat hul­le self ge­bou het.

Die kin­ders kry tuis­on­der­rig om­dat daar nie ’n skool na­by is nie, en sy sien bui­ten­dien nie kans om die bloed­jies nou al kos­huis toe te s­tuur nie.

“Hier op die plot leer hul­le in elk ge­val so­veel meer: Bui­ten die ge­wo­ne skool­werk leer hul­le van die­re en siek­tes en hoe om dit ge­sond te maak. Hul­le leer van grond en groen­te. Hoe om goed self te maak en plan­ne te maak en saam te werk. En ons kan die skool­werk doen wan­neer ons wil. As ek sien hul­le raak moeg daar­voor, dan trek ons eers weer ’n bie­tjie ons vark- of bok­kle­re aan en gaan gee die die­re kos,” sê Hei­de-ma­rie.

Be­hal­we vir al­les wat op die plot ge­beur, is daar ook nog die skaap­wer­ken so­nar­diens: Hul­le gaan uit na die plaas toe waar hul­le die no­di­ge werk >

vir die boer doen. Hei­de-ma­rie on­der­soek die ooie met so­nar om te toets vir drag­tig­heid en te kyk vir t­wee­lin­ge.

ONS GAAN RY ’n draai met die bak­kie tus­sen die tien­tal­le lu­sern­lan­de deur wat uit die S­martt-sin­di­kaat­dam nat­ge­lei word. Die kin­ders en hon­de is ag­ter­op, ha­re en ton­ge in die wind. P­hi­lip­pus-hul­le pro­beer tans een van dié lu­sern­lan­de koop so­dat hul­le hul­le eie voer kan plant en ver­werk.

By een van die lan­de­rye hou ons stil. Ma­da­la spring ag­ter die kin­ders aan wat am­per weg­raak in die lu­sern. Die lug is pot­blou, die wind­jie vars. By die huis is daar ses klein­tjies by die een sog wat snork-snork-snork met hul­le pienk snoe­te aan ons wil ruik. Hul­le hok­ke is on­der­dak en die saag­sels en strooi is skoon en vars. Aan die an­der kant van die groot bui­te­ge­bou is die bok­ke ook on­der­dak. No­ah en Ja­na gee die hans­lam­mers melk ter­wyl P­hi­lip­pus voer gooi vir die res van die an­der stuk of 50 bok­ke. El­ke bok het ’n naam: Daar is Blondie, G­rie­ta, Ou­ma, Pot­lood, Cap­puc­ci­no en die groot ram, T­jok­man.

So be­hoort e­ni­ge kind groot te word.

DIE AAND BRAAI P­hi­lip­pus ’n paar vark­tjops en ge­ma­ri­neer­de rib­be­tjies oor die vuur. Hei­de-ma­rie maak ’n bak ge­meng­de groen­te gaar, van die laas­tes wat hul­le ge­pluk het voor die bok­ke die tuin ge­plun­der het. Wan­neer ons aan­sit, val daar so ’n sag­te re­ën­tjie. Die vleis is fan­tas­ties, net soos P­hi­lip­pus be­lo­we het. Die groen­te is geu­ri­ger as waar­aan ek ge­woond is. Al­les is vars van die plaas.

Vars van Min­ta­ka­roo.

‘En ons kan die skool­werk doen wan­neer ons wil. As ek sien hul­le raak moeg daar­voor, dan trek ons eers weer ’n bie­tjie ons vark- of bok­kle­re aan en gaan gee die die­re kos.’

P­hi­lip­pus (regs) en Hei­de-ma­rie B­reyl kyk nie vir ’n oom­blik te­rug na die le­we in die stad nie. Hier is hul­le saam met hul­le kin­ders, Ja­na en No­ah, en die hon­de: Kriek en Spot, die Jack Rus­sells, Gi­z­mo, die mi­ni­a­tuur-do­ber­mann (op Hei­de-ma­rie se skoot), en Ma­da­la, die swart boer­boel. Heel links is Ter­ti­us du P­les­sis, Hei­de-ma­rie se broer.

Hei­de-ma­rie en P­hi­lip­pus ry am­per al­tyd met ’n bak­kie­vrag vol hon­de en kin­ders rond. 2 Die B­reyls in een van die lu­sern­lan­de aan die on­der­kant van die S­martt-sin­di­kaat­dam waar­uit tien­tal­le lan­de­rye nat­ge­lei word. 3 Só be­hoort kin­ders en hon­de mos te le­we

LINKS Ja­na loop kaal­voet met haar em­mer­tjie mie­lies en deel han­de vol vir die bok­ke uit. REGS No­ah en Ja­na se boom­huis mag dalk vir ’n groot­mens ef­fens wan­kel­rig lyk met daar­die dun tak­kies, dis mos net hul­le t­wee wat in hom kui­er. En hul­le het hom self g

P­hi­lip­pus span vir Ou­ma, die bok, op hier­die plat­form in so­dat sy ge­melk kan word. Ja­na hou sa­ke dop, want op hier­die pla­sie staan selfs ’n kind se han­de vir net mooi niks ver­keerd nie. LINKS Om hans­lam­mers melk te gee is ’n on­ge­loof­li­ke goeie an­ti­de­press

HIER­DIE BLAD ’n Lu­sern­ba­ler in die Ka­roo? Ja-nee, die sin­di­kaat­dam maak dit moont­lik. BO VAN LINKS Die B­reyls se eer­ste en eie “plaas”-naam­bord; Een van die ro­kers wat ge­bruik word om die bye te be­dwelm voor­dat die B­reyls heu­ning uit­haal; Pa­s­op voor, Gi­zm

Die nu­we ster op Min­ta­ka­roo: Ma­da­la, die swart boer­boel. Ter­ti­us is ’n kuns­mis­smous, kan grond­mon­sters neem en is ’n be­kwa­me nuts­man wie se han­de vir om­trent niks ver­keerd staan nie. ’n Droog­kas wat P­hi­lip­pus en Hei­de-ma­rie ge­bou het vir kruie en groen­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.