Skil gou ’n ap­pel­tjie Soet en sout plan­ne om jou ap­pel­oes tot nu­we hoog­tes te voer

Die ne­de­ri­ge ap­pel lei as ’t wa­re ’n dub­be­le le­we – aan die een kant is die ef­fens be­dees­de ge­sond­heids­be­wus­te ou­tjie wat in kos­blik­ke skuil, en aan die an­der kant die stout ka­lant wat met bot­ter en spek en ka­neel flan­keer.

Weg! Platteland - - Inhoud - RE­SEP­TE EN STI­LE­RING A­LET­TA LINTVELT KOSASSISTENT AND­REA MASKEW FO­TO’S MY­BURGH DU P­LES­SIS

Met ’n ap­pel – die vrug wat saam met A­dam en Eva die mens­dom se paad­jie be­paal het – kan ’n mens ver kom. Ons al­mal weet as jy el­ke dag een on­der jou tan­de laat knars, bly jy uit die dok­ter se pad, maar jy kan hom ook op ’n he­le paar an­der ma­nie­re ge­sond in­kry:

• Fyn­ge­ras­per en saam met ha­wer­mout, oor­nag in die ys­kas ge­los. Die vol­gen­de og­gend eet jy dit dan met ’n le­pel­tjie heu­ning en neu­te.

• In ro­me­ri­ge koue slaaie soos kool-, pas­ta- of ker­rie­hoen­der­slaai.

• In blok­kies by ’n couscous- of koringslaai, met ’n bie­tjie gem­mer daar­by.

• In pa­pier­dun sky­fies saam met ewe dun sky­fies vin­kel en sel­de­ry plus neu­te. As jy lus voel, kan jy ook blom­kool by­sit en die slaai af­rond met ’n slaai­sous van vars suur­le­moen en swart­pe­per.

Maar jy kan dié veel­sy­di­ge vrug ook in ’n paar sen­su­e­le ge­daan­tes pro­beer:

• As soet pasmaat by e­ni­ge vark­vleis wat jy in die oond gaar­maak.

• In dun sky­we ge­sny, met sui­ker en ka­neel, toe­ge­rol in lig­te bot­te­ri­ge deeg en ge­bak tot ’n goud­bruin stru­del.

• Ge­bak tot hy mee­gee, met ’n groot le­pel vol dik vla of room­ys wat daar­oor weg­smelt.

• Sag­ge­kook en deur kapokaartappel en ge­braai­de spek ge­roer.

• Ge­ras­per in ’n klam spe­se­ry­koek.

Die moont­lik­he­de is ein­de­loos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.