’n Lus­hof op die stoep Ons kies 18 tref­fer­plan­te vir ’n pot­te­pa­ra­dys waar jy dag en nag sal wil boer

Ons al­mal ken daar­die koel, kalm ge­voel van ’n stoep waar we­li­ge va­rings en de­li­ci­ous mon­sters in pot­te le­we blaas in dié won­der­baar­li­ke ruim­te tus­sen bin­ne en bui­te. Ma­rie Vil­joen deel ’n paar an­der voor­stel­le vir stoep­plan­te wat al die sin­tuie sal s­tree

Weg! Platteland - - Inhoud -

Die stoep: Die drum­pel tus­sen tuin­paad­jie en voor­deur. Die ska­du­ry­ke gang on­der­dak, soos ’n hand bo die oë wat keer dat die son die huis ver­blind. Die plek waar vlieë tus­sen hort­jie en ven­ster vi­breer. Die lang, koel se­ment­vloer waar die hond diep in droom­land lê en ruk-ruk.

Die stoep dien as voor­ka­mer wan­neer die ou tan­nie en oom on­der­in die straat kom in­loer. Dis jou toe­vlugs­oord waar jy s­mid­dae met be­skuit en ’n be­ker boe­re­troos tot ver­haal kom of waar jy gaan weg­kruip wan­neer die res van die wê­reld jou moeg maak. Dis die ro­man­tie­se ag­ter­grond vir ’n glas ys­koue wit­wyn en peu­sel­goed wat jy pas ge­bak het. Dis die plek waar jou lang ta­fel staan en waar daar­die lag van jou op­klink wat net jou beste vrien­de ken. Dis waar jy te­rug­sak op die bank met die groot kus­sings en ’n traan weg­pink na­dat jy die foon neer­ge­sit het.

Die stoep kan ook ’n tuin wees. Daar­die las­ti­ge vlieë moet in toom ge­hou word – plant dus ’n suur­le­moen­mal­va. Die stroe­we bu­re moet op hul­le ge­mak voel – wys vir hul­le ’n blom wat hul­le ken. As jy poot­uit voel, sal die reuk van pe­per­ment jou op­kik­ker. As jy hart­seer is, sal jou oog ge­tref word deur die blom wat jou ma jou leer kweek het. En as Wag­ter keel­vol is oor jy hom ge­du­rig “Muis­hond!” noem, kan hy be­skul­di­gend na die muis­hond­blaar staar.

Deur plan­te op jou stoep te kweek word jou tuin deel van jou le­we. Maar op prak­tie­se vlak be­te­ken dit ook min­der moei­te en wa­ter om­dat jy net die pot­plan­te hoef te ver­sorg ter­wyl die bui­te­wê­reld uit­dor. Die stoep het ook die voor­deel van ver­skeie mi­kro­kli­ma­te waar­in jy ’n gro­ter ver­skei­den­heid plan­te kan week. Daar is al­tyd ska­du­wee (dis tog die punt, is dit nie?), maar ook son­lig wat deur die dag in blok­ke oor die huis be­weeg.

Wat plant ’n mens dus op die stoep in jou le­we as jy groe­nig­heid, blom­me en geur soek? Ons het uit hon­der­de op­sies die hard­wer­kend­ste plan­te ge­kies. Baie is in­heems, en ons top 10 stoep­plan­te ver­kies al­mal half­ska­du.

Dis om­dat half­ska­du net nóg ’n ma-nier is om te sê “stoep”. >

FO­TO’S MA­RIE VIL­JOEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.