Bak mooi brood­jies Ses mak­li­ke re­sep­te wat selfs bak­bang­broe­ke sal baas­raak

Soms het ’n mens nie die tyd of krag óf die lus om ’n prop­per­se suur­deeg­brood te bak waar­mee jy die tuis­ny­wer­heid of de­li in die skan­de kan steek nie. Maar dié ses mak­li­ke bro­de sal selfs die groot­ste bak­bang­broek kan baas­raak.

Weg! Platteland - - Inhoud - RE­SEP­TE EN STI­LE­RING A­LET­TA LINTVELT KOSASSISTENT AND­REA MASKEW FO­TO’S TO­BY MURP­HY

Vir baie men­se is tuis­ge­bak­te brood iets wat al­tyd maar net bo hul­le vuur­maak­plek bly. As hul­le kom by die deel waar jy die ko­ring­kor­rels moet maal of die suur­deeg­moe­der moet voed, eet hul­le eer­der nog ’n ei­er of draf su­per­mark toe vir ’n ver­ve­li­ge goe­wer­ments­brood vol wind.

Dié men­se ver­geet skyn­baar ’n mens kry fan­tas­tie­se on­in­ti­mi­de­ren­de brood­re­sep­te wat jy een na­week­og­gend tjoeftjaf kan meng en waar­voor jy be­slis nie ’n hip­ster-baard, suur­deeg­moe­der (of skoon­moe­der…) óf ’n sak­re­ke­naar no­dig het nie.

Ver­hit die oond tot 180 ºc. Braai die spek tot dit net-net gaar is – dit moe­nie bruin en bros raak nie – en kap dit in blok­kies.

Knie die deeg af en rol dit uit. Sny dit met ’n mes in lang stro­ke en sny dan die stro­ke in blok­kies of drie­hoe­kies. Jy kan die deeg ook in k­lein bol­le­tjies rol.

Meng die spek, o­ly­we, o­lie, knof­fel, ris­sie, o­ri­ga­num en par­me­saan­kaas in ’n groot meng­bak. Gooi ’n paar deeg­stuk­kies op ’n slag daar­by, meng dit lig­gies deur so­dat dit o­ral­oor be­dek is, en pak dit los­weg in ’n ge­smeer­de oond­bak van 22 x 33 cm. Sprin­kel die moz­za­rel­la tus­sen die stuk­kies deeg soos wat jy dit in­pak en gooi die o­ri­ge spe­ken-o­lyf­sous bo-oor.

Bak dit vir 30-40 mi­nu­te tot die brood goud­bruin en gaar is. Sit dit da­de­lik voor ter­wyl die kaas nog ge­smelt is en dra­de­rig is as jy dit trek. Die brood is ver­al lek­ker met ’n warm Na­po­li­ta­na-ta­ma­tie­sous waar­in jy die brood kan doop. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.