Tuin­dag­boek Hei­ta daar, Herfs! Plant nóú jou knof­fel, pronk­ert­jies en lentebolle

Skep dié herfs saam met die aar­de a­sem – maak tyd om jou te ver­kyk aan boom­bla­re wat ver­kleur, voel die koel og­gend­bries op jou vel, en woel in die tuin voor die koue kom.

Weg! Platteland - - Inhoud - DEUR MA­JA PALM

Dis tyd om knof­fel in die grond te kry. Li­vingseeds, die maat­skap­py op Hen­leyon-klip wat er­fe­nis­saad ver­koop, kweek on­der meer knof­fel­hui­sies. Sean F­ree­man, die ei­e­naar, deel ’n paar wen­ke vir ’n spog­oes. Kies jou knof­fel “Ons het d­rie va­ri­ë­tei­te: Die Egyp­ti­an Whi­te is baie die­self­de as die in­ge­voer­de C­hi­ne­se knof­fel wat jy in die win­kels kry, maar die geur is baie lek­ker­der. Die Egyp­ti­an Pink het klei­ner hui­sies en ’n ster­ker, ry­ker geur, en Gi­ant Gar­lic is eint­lik ’n prei wat hom ver­beel hy is ’n knof­fel – ons het al kop­pe ge­had van 230 g. Die Gi­ant het die sub­tiel­ste geur en is ’n ple­sier om mee te werk in die kom­buis. Dit is ook die mak-

lik­ste knof­fel om te kweek, ver­al as jy in ’n war­mer deel bly son­der ’n koue rus­pe­ri­o­de.”

Plant­tyd

“Knof­fel het spe­si­fie­ke groei­ver­eis­tes, ver­al ten op­sig­te van dag­leng­te en ’n rus­tyd­perk – die beste tyd vir plant is van Fe­bru­a­rie tot mid­del A­pril.”

Grond- en wa­ter­be­hoef­tes

“Knof­fel is ’n hon­ger plant. Be­rei die grond goed voor deur kom­pos, been­meel en kal­si­um – nié do­lo­miet nie – in die grond in te werk. Sorg vir ’n dik dek­laag en dien ge­reeld or­ga­nie­se bemesting toe. Gee ook ge­reeld wa­ter. Ver­meer­der wa­ter­toe­die­ning ná die dor­man­te win­ter­pe­ri­o­de, wan­neer die knof­fel­bol­le be­gin lyf kry. As die plant vol­was­se raak en die blare be­gin ver­geel, kan jy al hoe min­der wa­ter gee. T­wee we­ke voor oes­tyd moet jy glad nie meer nat­lei nie.”

Laat die pes­te wyk

“An­trak­­no­se is knof­fel se al­ge­meen­ste pro­bleem. ’n Ge­re­gi­streer­de or­ga­nie­se pro­duk met ’n ko­per­ba­sis – iets soos Bi­o­grow-ko­per­seep – maak kor­te met­te daar­van.” Oes­tyd “As die plant se blare geel raak en om­val, is dit reg om uit die grond ge­lig te word. Dit moe­nie te lank só lê nie – laat dit eer­der on­der­dak droog word. Die bui­ten­ste vel wat in kon­tak was met die grond, kan nou af­ge­trek word, so­dat jy mooi, skoon knof­fel­kop­pe het.” Kon­tak 073 141 7101

li­vingseeds.co.za

‘Ver­ruk­li­ke herfs! My gan­se siel is daar­aan ver­knog, en as ek ’n vo­ël was, sou ek reg oor die aar­de vlieg om die een herfs ná die an­der op te soek.’ – Ge­or­ge E­li­ot

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.