Kom­buis­tuin ’n Appelboom is ’n lang­ter­myn­be­leg­ging wat el­ke jaar tot 40 kg vrug­te sal le­wer

’n Appelboom of d­rie wat in die herfs 40 kg ap­pels elk kan le­wer, is ’n fan­tas­tie­se lang­ter­myn­be­leg­ging vir e­ni­ge huis­hou­ding – dis nou mits die win­ters in jou streek koud ge­noeg is...

Weg! Platteland - - Inhoud - TEKS TA­LI­THA C­HER­RY FO­TO’S MAR­SEL ROOTHMAN VIR LÉÉF

Jan van Rie­beeck, wat in 1652 voet aan wal ge­sit het in die Kaap, het die laas­te tyd le­lik deur­ge­loop in die me­dia, maar as dit nie vir hom was nie, het Suid-a­fri­ka waar­skyn­lik nie van­dag 800 000 ton ap­pels per jaar ge­pro­du­seer en aan 28 220 men­se werk ver­skaf nie.

Suid-a­fri­ka is tans die ag­ste groot­ste ap­pel­pro­du­sent ter wê­reld, maar met ’n ver­stom­men­de 37 mil­joen ton ap­pels (in 2012) is dit se­ker g’n ver­ras­sing nie dat C­hi­na ko­ning kraai wat pro­duk­sie én ver­bruik be­tref.

Ap­pels ( Ma­lus spp.) kom oor­spronk­lik uit die koue Mid­de-a­sië en Oos-eu­ro­pa waar die kleur­ry­ke vrug­te aan kaal bo­me in sneeu­be­dek­te ge­bie­de ge­oes is. Dit is reeds in 1200 v.c. in die vrug­ba­re Nyl­val­lei ge­plant en het dank­sy Van Rie­beeck hul­le pad suid­waarts ge­vind.

Buks Nel en Henk G­ries­sel, skry­wers van die boek Ap­ples in the E­ar­ly Days at the Ca­pe, het ver­skeie ou kul­ti­vars op­ge­spoor en aan­ge­plant in ’n er­fe­nis­boord op die plaas Oak Val­ley by Gra­bouw.

Op die­self­de plaas is ook “’n boord van die toe­koms”, een van d­rie uit ’n be­plan­de vyf wat deur Hort­gro S­cien­ce be­stuur word, en waar die jong­ste teg­no­lo­gie on­der wit net­te uit­ge­toets word.

As jy in ’n streek woon waar die win­ters koud ge­noeg is, kan jy dit ge­rus oor­weeg om ook ’n appelboom te plant, maar ont­hou: ’n Ap­pel­bloei­sel sal slegs ’n vrug­gie vorm as stuif­meel van ’n an­der kul­ti­var daar­op land!

Jy sal dus óf self meer as een kul­ti­var moet plant óf, as jy min plek het, nog ’n kul­ti­var op jou boom moet ent. Of jy sal jou buur­man moet oor­tuig om ’n an­der kul­ti­var as jou­ne te kry. Hoe meer, hoe be­ter.

Kies die reg­te kul­ti­var

Ap­pels flo­reer in stre­ke met ma­ti­ge so­mers en win­ters met ge­noeg kou­eeen­he­de, of­te­wel die aan­tal uur per jaar on­der 15 ºc.

Wê­reld­wyd is daar meer as 7 500 ap­pel­kul­ti­vars, elk­een met sy eie ver­eis­tes wat koue-een­he­de be­tref, maar die ge­wild­ste plaas­li­ke kul­ti­vars is die groen eet- en kook­ap­pel Gran­ny S­mith (4 217 ha in 2013), die sap­pi­ge soet geel eet­ap­pel Gol­den De­li­ci­ous (5 569 ha in 2013) en rooi en twee­kleur-kul­ti­vars soos Roy­al Ga­la, Fu­ji, Bra­e­burn, E­ar­ly Red One, Star­king, Top­red, Sun­do­w­ner of C­ripps’ Red en Pink La­dy of C­ripps’ Pink.

Om­dat ge­noeg koue nood­saak­lik is vir die bloei­sels om te bot, is dit be­lang­rik om in war­mer stre­ke te hou by kul­ti­vars met la­er kou­e­be­hoef­tes, by­voor­beeld Pink La­dy, wat 800 kou­eeen­he­de be­no­dig, Bra­e­burn of Gran­ny S­mith (om­trent 600+). Ver­geet maar van Gol­den De­li­ci­ous, wat min­stens 1 500 koue-een­he­de no­dig het.

Koop die beste boom

Moe­nie ’n appelboom van saad pro­beer kweek nie – net soos ons van ons bi­o­lo­gie­se ou­ers ver­skil, sal jy nooit weet wat jou oes gaan op­le­wer nie. Die beste is om in die win­ter ’n kaal­wor­tel­boom by ’n k­we­ke­ry in ’n koue streek te koop.

Bo­me in sak­kies is twee­de prys om­dat die wor­tels gou aan­pas in die be­perk­te ruim­te en moei­lik her­stel wan­neer hul­le in oop grond uit­ge­plant word. As jy net ’n boom in ’n plant­sak in die han­de kan kry, maak se­ker dis ’n jong boom wat baie on­langs in die sak oor­ge­plant is.

Kies die reg­te plant­plek SON

Ap­pel­bo­me is reg­te son­aan­bid­ders – hul­le sal oor­leef as hul­le ’n deel van die dag in ska­du­wee staan, maar jou oes sal aan­sien­lik skra­ler wees. Kies dus ’n plek waar die boom heel­dag kan son­stra­le op­slurp, of volg die kom­mer­si­ë­le boe­re se voor­beeld en plant ’n paar bo­me in ’n ry wat noord-suid wys so­dat die een kant og­gend­son en die an­der kant mid­dag­son kry. GROND Ap­pel­bo­me kan meer as 60 jaar oud word; dis dus nood­saak­lik om ’n be­hoor­li­ke plant­gat van 1 x1 x 1 m te spit en die grond goed voor te be­rei. Wik­kel die wor­tels goed los en meng ’n ste­wi­ge hand vol been­meel en su­per­fos­faat by die grond wat ge­bruik gaan word om die plant­gat op te vul. Die mees­te goeie tuin­grond sal deug, >

‘Ont­hou: ’n Ap­pel­bloei­sel sal slegs ’n vrug­gie vorm as stuif­meel van ’n an­der kul­ti­var daar­op land!’

maar ef­fens suur grond is die beste (as jou kris­mis­ro­se van na­tu­re blou is, is die ph van jou grond reg). Werk baie kom­pos in as jy klei- of sand­grond het; kalk of gips sal help om té suur grond te ver­be­ter; en al­ka­lie­se grond kan reg­ge­ruk word deur kof­fie­moer, tee­bla­re of den­ne­naal­de in te spit. In­te­res­sant ge­noeg suk­kel ap­pel­bo­me al­tyd om te groei op grond waar voor­heen ap­pel­bo­me ge­groei het. SPA­SI­Ë­RING Vroe­ër ja­re is 6 m tus­sen die bo­me en die rye ge­los, maar op die mees­te kom­mer­si­ë­le ap­pel­pla­se is die norm dees­dae 1,5 m tus­sen bo­me en 4,5 m tus­sen rye. E­nig­iets min­der as dít sal die in­stand­hou­dings- en snoei­werk erg be­moei­lik.

Hou jou appelboom ge­luk­kig WA­TER

Jou bo­me moet dik­wels en diep wa­ter kry ge­du­ren­de die groei­sei­soen – van­dat die eer­ste blare in die len­te ver­skyn tot die vrug­te in die herfs ge­oes word. Na­der aan oes­tyd kan jy min­der wa­ter gee om geu­ri­ger vrug­te te kry, maar om son­ska­de op die vrug­te te voor­kom moet jy op snik­he­te dae eer­der die wa­ter vir 10 mi­nu­te el­ke uur aan­sit. Die beste is mi­kro­spui­te wat al om die an­der week vir ’n lang ruk kan loop om die grond be­hoor­lik te deur­drenk. In die we­ke tus­sen­in kan jy die wa­ter t­wee keer in die week vir om­trent d­rie uur op ’n slag aan­sit, ver­kies­lik vroeg­og­gend of laat­mid­dag. Ont­hou om in so­mer­re­ën­val­ge­bie­de e­ni­ge re­ën van meer as 8 mm in te re­ken.

VOE­DING­STOW­WE

Ap­pel­bo­me het vlak wor­tels wat wa­ter en lug no­dig het, maar ook die­per an­ker­wor­tels wat voe­ding­stow­we op­neem. Be­gin die groei­sei­soen met ’n ge­ba­lan­seer­de or­ga­nie­se voe­ding wat op die grond toe­ge­dien word, en be­mes die bo­me weer na­dat jy ge­oes het om die mi­ne­ra­le wat die vrug­te uit die grond op­ge­neem het weer aan te vul.

Hou die blare dop – hul­le sal gou vir jou sê as daar e­ni­ge voe­dings­te­kor­te is wat jy met blaar­voe­ding kan reg­stel. Ver­skeie produkte is be­skik­baar (wis­sel dit af om ge­ba­lan­seer­de groei aan te moe­dig) en moe­nie ver­geet van ge­wo­ne En­gel­se sout nie – dit is ’n goeie bron van mag­ne­si­um, wat nood­saak­lik is vir groen chlo­ro­fil in die blare. Ek­stra stik­stof help as die groei nie na wens is nie; ka­li­um help as die vrug­te vorm; en fosfaat sorg vir goeie wor­tel­vor­ming.

Kyk ver­al na die ver­hou­ding as jy kuns­mis koop wat vol­gens wet in die ver­hou­ding stik­stof:fosfaat:ka­li­um aan­ge­dui word met die per­sen­ta­sie stik­stof ag­ter­na in ha­kies: 3:1:5 is ’n ge­ba­lan­seer­de kuns­mis wat ver­al in die vrug­groei­sta­di­um jou boom en die vrug­te ’n hup­stoot sal gee, ter­wyl 1:0:1 goed is vir jong bo­me wat nog nie dra nie. STUT­WERK Jong bo­me moet ge­stut word so­dat hul­le al hul­le e­ner­gie op groei kan fo­kus en uit­ein­de­lik vroe­ër vrug­te sal dra.

DUN UIT

Ap­pel­bo­me gooi ge­woon­lik in De­sem­ber vrug­gies af, en in dié tyd word die o­gies van die vol­gen­de oes ge­vorm. Help ge­rus die na­tuur deur self die vrug­te uit te dun: Kies 2-3 ap­pels per dra­tak­kie (dit word ook ’n spoor ge­noem) en ver­wy­der die res so­dat hul­le nie la­ter me­kaar ver­druk of mis­vorm nie. Ver­sprei ver­der die vrug­te op el­ke tak so­dat el­ke ap­pel ver­skeie blare het wat voe­ding­stow­we kan ver­skaf. SNOEI­WERK Ver­skil­len­de kul­ti­vars dra op ver­skil­len­de ma­nie­re, en daar­om is snoei­werk ui­ters nood­saak­lik – maar ook in­ge­wik­keld. Die be­lang­rik­ste is om te ont­hou dat snoei­werk in die len­te en so­mer groei ver­min­der, maar meer o­gies sal laat uit­loop. Dit is dus ’n goeie plan as jy sy­tak­ke no­dig het – doen dit som­mer as jy die jong boom plant, voor­dat jy met een lang paal be­gin! Win­ter­snoei (in Ju­nie of Ju­lie) sti­mu­leer weer die o­gie op die punt van die oor­bly­wen­de tak so­dat ’n ste­wi­ge tak sal spruit uit die plek waar jy te­rug­ge­knip het.

SPUIT­WERK

Pes­te en plae is skrik­ke­rig vir sterk, ge­son­de bo­me. Bol­wurm is mal oor sag­te groei­pun­te en is eint­lik die na­tuur se eie snoei­ben­de wat sorg dat ’n tak ver­skeie o­gies het wat uit­loop. As jy hul­le eg­ter in vrug­te­tyd op­merk, moet jy da­de­lik spuit of die lar­wes dood­druk en die bo­me daag­liks mo­ni­tor.

Vrug­te­vlieg en kod­ling­mot is die an­der son­daars, en hul­le lar­wes sal jou vrug­te on­der jou neus op­vreet. Tel el­ke dag die vrug­te op wat af­val – dis waar hul­le vin­nig ver­meer­der. Kry geel lok­val­le wat die vrou­li­ke fe­ro­moon af­gee (dis be­skik­baar by koöperasies en tuin­sen­trums) en ge­bruik dit om die man­li­ke in­sek­te te ver­war so­dat hul­le nie ’n maat vind wat haar ei­ers in jou vrug­te wil lê nie. Mo­ni­tor die geel lok­val­le deur week­liks op die­self­de dag te kyk hoe­veel aan die taai strook vas­sit – as dit meer as t­wee is, moet jy ’n in­se­kweer­der spuit.

Swam­me is ’n an­der pro­bleem. Be­heer dit deur ná nat tyd­per­ke ko­per of or­ga­nie­se swam­do­der te spuit.

Joe­gaai, dis oes­tyd!

Die mees­te ap­pel­bo­me le­wer eers ná vyf jaar ’n e­ko­no­mies noe­mens­waar­di­ge oes, maar as jy mooi na jou boom kyk, sal jy dalk in die twee­de jaar al met ’n paar vrug­te be­loon word. As jy jou boom gou­er groot wil hê, kan jy die eer­ste paar jaar die k­lein vrug­gies uit­breek so­dat die boom al sy e­ner­gie kan ge­bruik om te groei.

Ap­pel­bo­me blom van mid­del Sep­tem­ber af, en oes­tyd is in Fe­bru­a­rie (Roy­al Ga­la en vroeë Gol­den-kul­ti­vars), Maart (Gol­den De­li­ci­ous en die mees­te rooi ap­pels), A­pril (Pink La­dy of C­ripps’ Pink) en Mei (Sun­do­w­ner of C­ripps’ Red).

Die vrug­te is ge­reed om te pluk as ge­noeg sty­sel in sui­ker om­ge­sit is. Hoe weet jy dit? Laat die vrug­te hang tot dit mooi ver­kleur het en mak­lik van die steel­tjie los­kom as jy die vrug ef­fens op­lig. Die kleur van die pit­te word ook ge­bruik om se­ker te maak – sny die ap­pel deur, en as die pit­te don­ker is, is dit oes­tyd! Han­teer die vrug­te baie ver­sig­tig en sit dit sag­gies in ’n mand­jie of pluk­sak. Dit kneus mak­lik.

Ap­pels het ’n lang rak­le­we (on­der pro­fes­si­o­neel be­heer­de toe­stan­de kan dit ’n ver­stom­men­de 8-12 maan­de ge­hou word), maar in nor­ma­le om­stan­dig­he­de sal dit in ’n koel ver­trek (bui­te di­rek­te son­lig) of by 4-5 ºc in die ys­kas mak­lik d­rie we­ke hou.

Ap­pels kan vars ge­bruik word (pro­beer ons re­sep­te op die vol­gen­de paar blaaie), of jy kan dit droog, in­maak, ver­sap of in iets ek­so­ties soos ap­pel­bier of ap­pel­jel­lie ver­an­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.