My dorp Ou­wê­reld­se tra­di­sies en ga­we men­se hou P­niel op die reg­te pad

P­niel is een van daar­die dor­pe waar­van men­se óf nog nie ge­hoor het nie óf al­tyd net deur­skiet son­der om stil te hou. (Ja, daar’s ook die­ge­ne wat die skur­we grap­pies maak oor ’n so­ge­naam­de vrou­li­ke buur­dorp…) Maar dis ’n plek met rug­graat, ’n lo­wer­groen s

Weg! Platteland - - Inhoud - TEKS EN FO­TO’S PETER VAN NOORD

Die mees­te Suid-a­fri­ka­ners – ver­al dié wat graag rin­kink by die kê­rel met die kurk­hoed – het al ge­hoor van S­tel­len­bosch, Fransch­hoek en die Paarl. Maar P­niel, die kol­le­tjie om­trent reg in die mid­del van die drie­hoek wat dié d­rie toe­ris­me­su­per­ster­re vorm? Mooi aan die voet van Si­mons­berg aan die een kant en die Groot-dra­ken­stein aan die an­der? Het jy al van dié ga­we plek ge­hoor?

Van die Ei­ke­stad se kant af het jy nog skaars die laas­te woes­te draaie van die Hels­hoog­te­pas af­ge­skud of daar ver­skyn aan weers­kan­te van die pad le­we. Soos ’n string kra­le lê die dor­pe in­ge­ryg: Ky­le­mo­re, Jo­han­nes­dal en dan, kort voor Lan­que­doc en Bosch­en­dal en die af­draai na Fransch­hoek… P­niel.

Dis ’n son­der­lin­ge dor­pie, ’n plek waar jy nog din­ge te­ë­kom wat in van­dag se dae be­sig is om die pad van die do­do te stap. Din­ge soos tra­di­sie­vast­heid, fa­mi­lie­vast­heid en kerk­vast­heid. Dorps­trots, saam­staan, woel in die aar­de. Kyk maar: Al­mal ken vir al­mal, groet me­kaar soos in die ou dae. O­ral sien jy kris­mis­ro­se, asters, dah­li­as, in­ka­le­lies, pa­pier­blom­me, a­ga­pan­te. O­ral kom jy lap­pies aar­de – o­ën­skyn­li­ke nie­mands­land – teë waar mie­lies en boon­tjie­rank­paal­tjies op aan­dag staan en pam­poe­ne die wê­reld vol seil. Ta­ma­ties sien jy, en ris­sies. Skor­sies, kool en wor­tel. En al beur die kwik ook tot diep in die der­tig, sien jy nê­rens ’n saai­ling wat ver­lep nie. Hier, voel dit, is on­sig­ba­re han­de wat die klam­mig­heid rondom k­lein plant­jies0 2.5 5 soos 10 goud Ki­lo­me­ters be­waar en nooit laat ver­damp nie. >

Wat ’n mens wel moei­lik vind in die val­lei hier rondom die D­wars­ri­vier, is win­kels soos jy dit in die mees­te an­der dor­pe ken. (Al­ge­me­ne en huis­win­kels kry jy wel, plek­ke met na­me soos Son­skyn­ka­fee – dis nou waar jy vars groen­te en vrug­te kan koop, brood en blik­kies­kos, sul­ke din­ge.) Nóg skaar­ser is Pam Gol­ding-bord­jies… en wat jy maar op jou maag kan skryf, is ’n drank­win­kel.

OM DOOD­EER­LIK TE WEES is wit men­se ook nie van die vol­op­ste op P­niel nie. (Hul­le is da­rem meer as die Pam Gol­ding-bord­jies. – Reds.) Maar dit het niks te ma­ke met die een of an­der uit­ge­dien­de i­de­o­lo­gie nie – meer met die dorp se sla­we­ge­skie­de­nis en juis die tra­di­sie­vast­heid wat ge­volg het op die vry­ma­king van die sla­we.

Dit be­gin in 1843 met die ves­ti­ging van ’n sen­ding­sta­sie tus­sen S­tel­len­bosch en Fransch­hoek, ver­tel Sonia My­burgh, be­stuur­der van die P­niel­mu­seum, ’n re­spek­ta­be­le plek aan die hoof­straat wat in­ge­rig is in die ou huis van Pa­pier Mo­len, die plaas van 42 ha waar­op P­niel se 555 hui­se van­dag staan. “Die des­tyd­se A­pos­to­lie­se U­nie het be­wus ge­word van ’n gees­te­li­ke nood in lan­de­li­ke ge­bie­de en geld be­skik­baar ge­stel om vry­ge­stel­de sla­we gees­te­lik te be­dien – P­niel was die eer­ste sen­ding­sta­sie wat die u­nie bui­te Kaap­stad ge­stig het.

“El­ke fa­mi­lie het ’n stuk grond van 60 x 30 voet [net on­der 170 m2] ge­kry om vir hul­le ’n huis te bou, plus nog ’n stuk van 65 x 75 voet [450 m2] aan die D­wars­ri­vier waar­op hul­le groen­te kon plant,” sê Sonia.

“Maar jy moet ont­hou,” sê Gra­ham Cys­ter la­ter bui­te die kerk waar sy

fa­mi­lie oe­fen vir ’n troue, “don­kie­ja­re lank was daar net een kaarten-trans­port vir die he­le P­niel. Daai ja­re het ’n be­heer­raad toe­stem­ming ge­gee dat jy ’n huis kan bou, maar die grond self was nooit jou­ne nie.

“Eers in De­sem­ber 1995 het die eer­ste 6 van die on­ge­veer 500 des­tyd­se in­wo­ners grond­brie­we ont­vang wat hul­le vir die eer­ste keer in die dorp se be­staan die reg­ma­ti­ge ei­e­naar ge­maak het van die grond waar­op hul­le woon.”

Voor dit kon jy nie jou huis ver­koop aan wie jy wou nie – die Be­heer­raad moes toe­stem­ming gee, en dié sou jy net kry as die ko­per ie­mand van P­niel was. Din­ge moes in die fa­mi­lie bly – ’n tra­di­sie wat van­dag nog, son­der die ys­ter­hand van die be­heer­lig­gaam, voort­leef.

Francois Koe­ge­len­berg, wyn­be­mar­ker by S­tel­len­bosch Vi­ney­ards en Wel­moed-wy­ne, is een van min men­se wat dit reg­ge­kry het om “in te kom”. Hy woon al vyf jaar op P­niel, ter­wyl sy vrou, Gi­sel­le van As, al am­per tien jaar hier is. “Dit was moei­lik om die huis te koop, maar Gi­sel­le was vas­be­slo­te en het net een­vou­dig nie moed op­ge­gee nie. Sy het be­sluit P­niel is die mooi­ste plek op aar­de en sy wil híér woon en nê­rens el­ders op hier­die aar­de nie.”

Sy oë ver­sag as hy oor die plek praat. “P­niel… ek is lief vir die plek, ek is mal oor die men­se. En die beau­ty daar­van – dit lyk soos S­wit­ser­land, man! Selfs die in­for­mal sett­le­ment, die G­hif, ba­sies ’n plak­kers­kamp wat hier af­loop tot by die ri­vier (en ook die e­nig­ste plek op die dorp waar jy ’n dop kan kry, en ook net vaal­wyn). Die na­tuur­skoon is on­ge­loof­lik en die men­se ni­ce. Hul­le is wer­kers­klas men­se, maar hul­le hou nooit op gee nie. My vrou is tans in G­ha­na om ’n ho­tel oop te maak, en el­ke aand word ek ge­nooi vir ’n bord kos.” >

‘P­niel… ek is lief vir die plek, ek is mal oor die men­se. En die beau­ty daar­van – dit lyk soos S­wit­ser­land, man! Selfs die in­for­mal sett­le­ment, die G­hif.’

Een van die men­se wat haar oor Francois ont­ferm, is Sel­ma Williams, ’n vrou wat ja­re lank spy­se­niers­werk ge­doen het. Haar man, Ri­chard, is ’n lor­rie­be­stuur­der en haas­tig op pad uit met sy kos­blik on­der die arm, maar hul­le vrien­din Mau­r­een Bou­wers kui­er van­dag hier in hul­le hart­bees­styl huis, een van die oud­ste hui­se op die dorp.

“Sel­ma is be­kend vir haar kook­ver­nuf – jy vriet jou­self blink­bek hier,” lag Mau­r­een.

“Ja, ek is ver­al lief om ou­ma-on­der­die-kom­bers [koolf­rik­ka­del­le] en pies te maak, maar ook briy­a­ni, hoen­der, groen­boon­tjies. Snaaks, ek is net glad nie lief vir o­ly­we nie. En P­niel het ook vrees­lik lek­ker vrug­te, ver­al prui­me.”

Dís die ding van P­niel: Men­se gee om vir me­kaar. Waar an­ders kry jy nog ’n or­ga­ni­sa­sie soos die P­niel- On­der­lin­ge Sa­me­wer­kings­ver­e­ni­ging? Dit is ’n groep wat op 9 Au­gus­tus 1892 op die been ge­bring is en on­der meer oor­een­

kom­ste met dok­ters op S­tel­len­bosch aan­gaan. Die hui­di­ge voor­sit­ter van die POSV, Andrew Williams, ver­dui­de­lik dit is be­gin so­dat men­se teen ’n mi­ni­ma­le ta­rief dok­ter toe kan gaan. “En as ie­mand dood­gaan, gee ons ook ’n be­drag­gie.”

P­NIEL HET IN SEP­TEM­BER 1995 eers amp­te­li­ke dorp­sta­tus ver­kry, met ’n oor­gangs­raad wat die ad­mi­nis­tra­sie be­har­tig. “My pa, Peter, was toe >

P­niel se eer­ste en e­nig­ste bur­ge­mees­ter,” sê Gra­ham Cys­ter. “Maar in De-sem­ber 1997 is hy aan ’n hart­aan­val oor­le­de, en kort daar­na is die dorp op­ge­neem in die me­ga­mu­ni­si­pa­li­teit on­der S­tel­len­bosch.”

Al het die dorp se sta­tus ver­an­der, het din­ge maar groot­liks die­self­de ge­bly. Dít, sal baie men­se jou ver­tel, is ver­al dank­sy die in­vloed van die Con­gre­ga­ti­o­nal kerk, al die ja­re nog die e­nig­ste kerk op die dorp. Die een wat P­niel se 3 300 in­wo­ners op die s­mal­le weg hou, waar die kin­ders aan­ge­neem word en trou, waar op luis­ter­ry­ke wy­se van die dooi­es af­skeid ge­neem word.

Ge­luk­kig is din­ge nie meer heel­te­mal so streng soos in die dae van die kerk se eer­ste pre­di­kant, Jo­han­nes F­re­de­rick S­teg­mann, nie. Dié “va­der van die P­niel­se ge­meen­te” is in 1825 op Ba­by­lon­sto­ren, ’n ent­jie hier­van­daan, ge­bo­re en was van die stig­ting van die sen­ding­sta­sie in 1843 tot met

sy dood in 1910 die le­raar hier – P­niel se langs­die­nen­de pre­di­kant. In die mu­seum hoor ’n mens hy het die dorp met ’n ys­ter­hand re­geer; hy het glo saans op ’n perd deur die dorp ge­ry en die men­se met ’n sweep tot bin­ne-in hul­le hui­se ge­slaan.

Matthew Cys­ter, voor­sit­ter van die P­niel-er­fe­nis-en-kul­tuur­trust wat die mu­seum be­stuur, lyk ef­fens be­kom­merd wan­neer hy ver­tel din­ge het in­der­daad oor die ja­re ver­an­der. “Die dorp het ’n bie­tjie van sy lan­de­li­ke ka­rak­ter ver­loor – voor­heen was el­ke stuk­kie be­skik­ba­re grond be­plant met groen­te, vrug­te en blom­me. Van­dag is dit veel min­der.” Hy frons: “En mis­daad en dwelms be­gin ook hier kop uit­steek. Ge­luk­kig het die kerk nog ’n groot in­vloed op ons men­se en ons werk hard om dit uit te roei.”

Daar ís da­rem nog die po­si­tie­we. “Hier is nog goeie rug­by, goeie krie­ket, goeie dui­we­sport­men­se. En dan is hier on­ge­loof­li­ke vrug­te­boe­re en -han­de­laars – mak­lik 19, 20 men­se wat hul­le wa­re mark toe vat. En moet ook nie ver­geet van P­niel se am­bags­man­ne nie. Ons is al lank­al be­kend daar­voor, hoe­wel ons on­der­wy­sers en dok­ters en ver­pleeg­sters dees­dae ook op­gang maak.”

Mau­r­een Bou­wers, wat pas 75 ge­word het, stem saam: “In die ou tyd het al­mal mos hul­le tuin ge­had en met groen­te ge­boer wat hul­le saans nat­ge­lei het. Dees­dae hang die men­se uit – die kin­ders word nou ad­vo­ka­te en den­tis­ts en ra­di­o­gra­we.”

Sy boor­lin­ge kom al­tyd weer te­rug, al­tyd te­rug na die P­niel van hul­le kin­der­ja­re. Par­ty kan net kom kui­er, maar an­der, soos Hil­ton en Il­se Rut­hford, kom per­ma­nent te­rug. >

“Ek is ge­bo­re en ge­toë op P­niel,” ver­tel Hil­ton bui­te die be­graaf­plaas waar hy en sy ma, Daphne, pas stil­ge­hou het om blom­me neer te sit op die graf van sy pa, So­lo­mon, wat in 2013 op 76 oor­le­de is. “Ek woon die af­ge­lo­pe 37 jaar op die dorp, waar­van 12 jaar saam met my vrou, Il­se, ook ’n P­nie­ler (sien bl. 22), en ons t­wee dog­ters, Li­se­an­ne (9) en Za­ra (5).

“Met sy boom­ry­ke na­tuur­skoon, om­lig­gen­de ber­ge en D­wars­ri­vier was dit ’n natuurlike keu­se om hier te kom bly, ver­al om­dat dit ’n fa­mi­lie­dorp is met ’n goeie on­der­steu­nings­net­werk. Dit is ’n won­der­li­ke plek om kin­ders groot te maak, en hier is goeie sko­le in die om­ge­wing,” laat weet hy la­ter per e-pos.

Maar dis ver­al die men­se van P­niel wat dit ’n lek­ker plek maak om te bly, sê Hil­ton. “Al­mal ken me­kaar, al­mal help waar hul­le kan, en die ou­er ge­slag­te word ge­re­spek­teer en daar word na hul­le om­ge­sien.”

Dit is P­niel se men­se. Men­se van die kerk. Een kerk se men­se.

‘In die mu­seum hoor ’n mens S­teg­mann het die dorp met ’n ys­ter­hand re­geer; hy het glo saans op ’n perd deur die dorp ge­ry en die men­se met ’n sweep tot bin­ne-in hul­le hui­se ge­slaan.’

P­niel se Con­gre­ga­ti­o­nal kerk vorm die spil van die dorp. In die ag­ter­grond val die laat­mid­dag­lig deur Si­mons­berg. 2 Reg voor die kerk en sy a­par­te klok – reg­oor die sla­we­klok oor­kant die pad – groei ’n ry ge­son­de a­ga­pan­te. 3 Ro­w­land Williams se groen­te­tui

BLOM IN DIE HAND, LIED IN DIE HART Ash­ley Men­toor het tuin­bou­kun­de ge­stu­deer, maar moes weens ’n erns­ti­ge mo­tor­on­ge­luk kort ná sy stu­die ’n an­der loop­baan kies. Daar­om huur hy die af­ge­lo­pe tien jaar hier­die lap­pie grond half­pad teen Si­mons­berg op en kweek

Van Si­mons­berg se kant af kyk jy uit oor die dorp en Lan­que­doc aan die voet van die Groot-dra­ken­stein­berg. “Lyn­tjie­doc”, soos die men­se dit hier noem, is die dorp waar plaas­wer­kers van die om­ge­wing ge­huis­ves word. Vir baie P­nie­lers is die nu­we deel van La

Die hart­bees­styl huis waar­in Ri­chard en Sel­ma Williams woon, is een van die oud­stes op die dorp. Hier’s lek­ker groot bo­me, en bin­ne eet jy soos ’n ko­ning... vra maar vir Francois Koe­ge­len­berg. 2 Keen­an S­te­ven Pe­ter­sen en sy maatjie J.J.-LEE For­tuin het go

Die al­ge­me­ne han­de­laar Mul­ler’s is een van die be­kend­ste ba­kens op P­niel, en hoe­wel die de­kor­win­kel Hel­lo Coun­try dees­dae al­ler­han­de huis­wa­re (bo) hier ver­koop, bly dit vir P­nie­lers net “Mul­ler’s”. Die eie­naar, Con­stan­ce E­van­ge­li­ne Cat­her­i­ne Mul­ler (link

In De­sem­ber 2014 was hier­die die e­nig­ste ei­en­doms­a­gent­bord wat ons op P­niel ge­sien het – en dit was ook meer na Jo­han­nes­dal se kant toe. 2 P­niel het vroe­ër ’n klok­boom ge­had – die sla­we­klok wat uit ’n groot ou ak­ker­boom ge­hang het. Die boom staan nie meer

Die aan­gren­sen­de Lan­que­doc, ’n dor­pie wat teen die ein­de van die 19de eeu spe­si­aal vir Ce­cil John R­ho­des se plaas­wer­kers op die R­ho­des-vrug­te­pla­se ge­bou is, het aan­vank­lik uit 166 hui­se be­staan. Dit was die ge­volg van ’n kon­so­li­da­sie van hoe­wes en toe­ne­me

P­niel se be­graaf­plaas, reg langs die hoof­straat, is sy hei­lig­dom, sê Matthew Cys­ter. “Eers het ons van die kerk­hof ge­praat – men­se het self hul­le graf­te ge­gra­we en self toe­ge­gooi. Nou is dit an­ders: Dis nou deel van die mu­ni­si­pa­li­teit.” Maar be­graf­nis­se i

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.