Be­stem­ming Ont­moet die kuns­ti­ge men­se van Noord­wes se Harts­me­an­der

’n Paar jaar ge­le­de het ’n groep in­wo­ners van Lich­ten­burg, San­nies­hof, De­la­rey­vil­le en Ot­tos­dal in Noord­wes be­sluit hul­le streek is spe­si­aal ge­noeg om as ’n toe­ris­me­roe­te te be­mark. Oor die naam het hul­le kop­ge­krap, maar toe een van hul­le uit die K­wa­zu­luN

Weg! Platteland - - Inhoud - TEKS EN FO­TO’S WIL­LEM VAN DER BERG

As ’n mens van Bloem­fon­tein af Lich­ten­burg toe ry, word jy ’n he­le paar din­ge wys. Eer­stens: Dis be­ter om nie vir ’n slag­gat uit te swaai nie, want jy weet nie of jy dalk net deur ’n veel die­per een gaan duik nie.

Dan is daar die uit­ge­strek­te mie­lie­lan­de­rye. Hier om Lich­ten­burg is die he­le wê­reld om­ge­ploeg, met die een mas­sie­we rooi lap grond op die an­der. En tus­sen­in sien jy nie ’n en­ke­le rant­jie wat die plat­geit breek nie.

Dit is be­gin De­sem­ber en o­ral werk trek­kers, op en af, op en af. Som­mi­ge kry die lan­de reg en an­der plant. In dié ge­wes­te lui die spreek­woord: “Jy kan tot die 35ste De­sem­ber mie­lies plant, maar glad nie in Ja­nu­a­rie nie.”

Jy maak ook ken­nis met Noord­wes se vrien­de­li­ke men­se – op Ot­tos­dal het Jo­han O’kelly my vin­nig ge­help toe my bak­kie met ’n stuk­ken­de in­spui­ter­pyp gaan staan, en hy wou nie ’n sent aan­vaar nie. On­op­ge­smuk­te men­se, son­der voor­gee. Dalk word dit die beste saam­ge­vat deur die vrou op Lich­ten­burg wat ek op straat oor haar sel­foon hoor sê het: “Nee jong, die e­nig­ste bling wat ek het, is die stop­sels in my tan­de.”

Ja, daar’s ’n aards­heid aan hier­die men­se. Aan hul­le en hul­le stow­we­ri­ge voer­tuie, meestal bak­kies. >

Dié kol van Noord­wes – dis nou Lich­ten­burg, San­nies­hof, Ot­tos­dal en De­la­rey­vil­le – het ’n he­le klomp goud­myn­tjies, ver­tel Ma­ri­na Ot­to, voor­sit­ter van die Harts­me­an­der. Dít het sy ag­ter­ge­kom wan­neer fa­mi­lie of vrien­de op haar plaas tus­sen San­nies­hof en Lich­ten­burg kom kui­er het en hul­le in die om­ge­wing gaan rond­ry het.

“Maar ek het ook be­sef daar’s niks wat hier­die plek­kies saam­bind nie, en daar­om0 12.525 het ek toe 50 ’n Ki­lo­me­ters­klomp kre­a­tie­we men­se en vrien­de van die om­ge­wing by­me­kaar­ge­kry en ’n plan vir ’n toe­ris­me­be­we­ging be­spreek…”

Op 20 Sep­tem­ber 2007 is die Harts­me­an­der ge­bo­re, en eet­plek­ke, bly­plek­ke en in­te­res­san­te plek­ke het deel ge­word daar­van.

Se­dert­dien is Ma­ri­na saam met A­dri Jor­daan, ’n sa­ke­vrou van San­nies­hof, aan die s­tuur van die Harts­me­an­der, en hul­le werk hard om men­se aan boord te kry. “Van­dat ons met die ding be­gin het, het al hoe meer plek­kies oop­ge­maak, iets wat op sy beurt baie be­te­ken vir be­staan­de on­der­ne­mings. Meer re­stau­ran­te het by­voor­beeld daar­toe ge­lei dat win­kels wat voor­raad, kos en drank ver­skaf, óók kon groei. En meer plek­ke het meer be­soe­kers laat stil­hou.”

Hul­le het nog groot plan­ne, ver­tel Ma­ri­na. Hul­le werk by­voor­beeld vol­stoom daar­aan om die strook al teen die Harts­ri­vier as ’n be­wa­rea te ves­tig, en hul­le droom ook daar­van dat meer dor­pe langs die ri­vier deel word van die roe­te, plek­ke soos Coligny en Harts­wa­ter. Dan wil hul­le ook bord­jies laat op­rig by die ver­skil­len­de plek­ke wat deel vorm van die Harts­me­an­der.

Hier is meer as ge­noeg om men­se vir ’n lang­na­week – selfs lan­ger – be­sig te hou. En om­dat die dor­pies nie ver uit­me­kaar is nie, kan jy el­ke dag ’n nu­we deel ver­ken. Die N14 wat vir Gau­ten­gers die hoof­roe­te na de­le soos die Ka­la­ha­ri, Na­mi­bië en Botswa­na is, loop deur die Harts­me­an­der, en daar­om is dit ’n puik half­pad­stop.

Ons het gaan ken­nis maak met die men­se van dié wê­reld.

LICH­TEN­BURG Die kuns van lek­ker leef

Op die hoek van Swart- en Lang­straat op Lich­ten­burg kry ek by Pau­li­ne The­art my eer­ste proe­sel van Noord­wes se gas­vry­heid. Sy maak my sit in haar eet­ka­mer waar sy die he­le ta­fel toe­ge­pak het on­der frik­ka­del­le, brood­jies, re­pies ge­ma­ri­neer­de rib en melk­tert.

“Kry vir jou, kry vir jou,” moe­dig sy deu­ren­tyd aan.

Tan­nie Pau­li­ne praat sag en sta­dig, en daar’s al­tyd ’n glim­lag op haar ge­sig. Op 83 doen sy nog el­ke dag oe­fe­nin­ge.

“Ek maak só,” sê sy en buk voor­oor. Sy raak plat­hand aan die grond en strek dan weer haar arms oop bo haar kop. Ie­mand het my ver­tel sy klim soms in ’n groot boom in haar tuin.

Pau­li­ne is al ja­re lank ’n ont­wer­per

en kuns­te­naar wat ver­al be­kend is vir die lood­glas­ven­sters wat sy vir ker­ke reg oor die land ont­werp het, waar­on­der die NG kerk Andrew Mur­ray in P­re­to­ria en die NG ge­meen­te Wor­ces­ter De la Bat. Ook die preek­stoel van die NG kerk in Bot­ha­vil­le is haar brein­kind.

Dees­dae skryf sy ook graag ge­dig­te. Sy en haar man, Jan, wat in 1993 oor­le­de is, het rondom 1973 van Pot­chef­stroom af na ’n plaas in die dis­trik ge­trek, en daar­die ja­re, ver­tel sy, het sy “ge­suk­kel om rig­ting te kry” met haar kuns. “Ek kon vir lank net nie aan die gang kom nie. Toe vat ek ’n sto­rie wat ek vir my kin­ders ge­skryf het en ver­werk dit tot ’n bal­let. Ter­wyl ek die ka­rak­ters ge­te­ken het, was dit as­of die kre­a­ti­wi­teit in my los­ge­kom het.”

Dié kre­a­ti­wi­teit hou van­dag nog, en deur al die ja­re te­ken Pau­li­ne nog al­tyd met pot­lo­de – sy wil niks weet van re­ke­naars nie. “Nee, o jin­ne! Ek wil my eie kop ge­bruik!”

Ter­wyl sy werk, luis­ter sy klas­sie­ke mu­siek. “Maar nie met sang nie. Net in­stru­men­te. Sang trek jou aan­dag af.”

Die sin­ge­ry doen sy self, soos sy in haar ge­dig “Kon­kre­te po­ë­sie” skryf: Lie­we vrien­d_­toe­skou­er ek sing vir jou ’n skil­de­ry Non vo­kaal Ge­luid­lo­se rit­me in lyn op maat van den­ke_ dro­me_ vas­ge­lê met gra­fiet,ink en verf.

NOG ’N KUNS­TE­NAAR op die dorp is Jo­nel S­choltz. Ek kry haar in haar a­tel­jee, wat ook as ’n A­li­ce Art-kuns­ga­le­ry dien. (Dié ga­le­ry­groep is deur A­li­ce Pit­zer be­gin en ver­toon die kuns van ’n groot ver­skei­den­heid Suid-a­fri­kaan­se kuns­te­naars reg oor die land.) Hier by Jo­nel word die werk van kuns­te­naars soos I­sa­bel le Roux, Nic Oost­hui­zen en At Bo­tha ten toon ge­stel.

Toe Jo­nel 17 jaar ge­le­de saam met haar man, Ja­c­ques, uit Jo­han­nes­burg na ’n plaas bui­te Lich­ten­burg ge­trek het, het sy al­les be­hal­we kuns ge­doen. Haar pa wou nie hê sy moet ná skool kuns stu­deer nie, want hy het ge­voel dit sal ’n ver­mor­sing wees van haar ses on­der­skei­dings. Toe doen sy B.SC. (che­mie) aan die des­tyd­se Rand­se A­fri­kaan­se U­ni­ver­si­teit. Dit ver­klaar hoe­kom sy as che­mi­kus in land­bou- en se­ment­la­bo­ra­to­ri­ums ge­werk het voor­dat sy dié a­tel­jee oop­ge­maak het. >

Op min an­der plek­ke sien jy be­sig­heids­u­re soos dié op Jo­nel se a­tel­jee­deur: “If I’m he­re the stu­dio is o­pen. Ot­her­wi­se, pho­ne me.”

“Die plaas­le­we is vir ons fan­tas­ties,” sê Jo­nel. “Ons het ons eie wa­ter en krag. Ons voel vei­lig en dit is gre­at om ons 15-ja­ri­ge dog­ter, Da­wi­da, op die plat­te­land te laat groot­word. Ons het vin­nig deel ge­word van die ge­meen­skap. Die men­se het goeie har­te en hier kyk al­mal nog uit vir me­kaar.”

Lich­ten­burg is ’n groen dorp. Hier is lief­li­ke tui­ne met mas­sie­we bo­me. Ook die tuin van die NG kerk, ’n mooi ou sand­steen­ge­bou, is soos ’n lus­hof.

Fa­nie Ka­bu­la is die man wat al se­we jaar ver­ant­woor­de­lik is vir die tuin. Hy is be­sig om kook­wa­ter te gooi in die se­ment­paad­jies se kra­ke – om die on­kruid te laat les op­sê. Fa­nie kyk trots oor sy tuin. “Ons kyk mooi na hom.”

In die mid­de­dorp sit genl. Koos de la Rey op sy perd en kyk hoe die men­se om hom KFC eet. ’n Ent­jie van die De la Rey-stand­beeld af is die hoof­kan­toor van die NWK (vroe­ër be­kend as die Noord­wes-ko­ö­pe­ra­sie, maar dees­dae is dit net die NWK). Dit her­in­ner ’n mens weer wat­ter be­lang­ri­ke rol land­bou in die streek speel.

Bin­ne die ge­bou, wat tans aan­sien­lik op­ge­knap word, is die Kof­fie’te­ria-kof­fie­win­kel. Aan­vank­lik was dit ver­on­der­stel om net ’n snoep­win­kel vir die NWK se werk­ne­mers te wees, maar dit het ge­groei en só ge­wild ge­raak dat e­nig­een nou hier ’n kop­pie heer­li­ke boe­re­troos kan kry.

Die vrou ag­ter die suk­ses is Ly­net­te Ver­ster. “Ek was 11 jaar lank gra­fie­se ont­wer­per hier op die dorp, en na­dat ek t­wee jaar vry­skut van die huis af ge­werk het, het dit net te een­saam ge­raak vir my. Toe die NWK ie­mand soek om die snoe­pie te be­gin, het ek die kans ge­vat, want ek wou weer ’n slag ’n bie­tjie tus­sen men­se wees. Nou ja, dit het baie gro­ter ge­raak as wat e­nig­ie­mand ge­dink het.

“Op die plat­te­land is men­se al­tyd bang vir nu­we din­ge. Maar hul­le kom da­rem ná ’n ruk in­loer, uit nuus­kie­rig­heid! Dan moet jy net sorg dat hul­le goeie diens kry. Teen plat­te­land­se pry­se, na­tuur­lik,” lag Ly­net­te.

OP K­LEIN DOR­PIES ken men­se me­kaar se ta­len­te. Al het Bit­ty Ter­re­blan­che in die ou­di­sies van die Suid-a­fri­kaan­se Mas­terc­hef uit­ge­val, staan sy op Lich­ten­burg nog be­kend as Mas­terc­hef. Haar lief­de vir kos­maak leef sy uit in haar vier­ster­gas­te­huis, S­cott’s Ma­nor. En die kos hier is eer­ste­klas – jy kry e­nig­iets van hoen­der, toe­ge­draai in

spek en spi­na­sie, voor­ge­sit met ’n heer­li­ke sou­sie, tot ’n fan­tas­tie­se fi­let.

Bit­ty is eint­lik, nes haar man, Burger, ’n ap­te­ker. Maar dis iets wat sy glad nie ge­niet nie. Sy hou van bak en brou… en bou. “My man sê al­tyd as ek nie nat se­ment ruik nie, raak ek siek.”

Hul­le loop al ’n lang pad met S­cott’s Ma­nor. Hul­le het die plek in 1998 die eer­ste keer ge­koop, maar dit in 2002 ver­koop toe hul­le en hul­le d­rie kin­ders Aus­tra­lië toe is om daar ’n nu­we le­we te be­gin. “Dit het glad nie vir ons ge­werk nie. Ons het na Suid-a­fri­ka en na ons men­se ver­lang.”

In 2003 het hul­le die gas­te­huis te­rug­ge­koop en Burger het weer as ap­te­ker op Lich­ten­burg be­gin werk.

SAN­NIES­HOF Ko­nin­gin van die koeie

Re­pu­bliek­straat vat ’n mens reg wes, uit Lich­ten­burg, in die koers van die stof­dor­pie Deel­pan. Weers­kan­te van die pad lê die wye vlak­tes om­ge­ploeg. Bo-oor al­les hang die blou­ste lug met die wit­ste wol­kies wat daar­in dryf. Dit mag dalk plat wees hier, maar die groot oop­te laat jou bors en kop ook oop voel. Van Deel­pan af swaai die pad suid, San­nies­hof toe. By ’n bord­jie wat sê “Fyngoud Sui­wel S­wit­sers” draai ek af om by Ma­ri­na Ot­to en haar man, Anton S­mit, in te loer.

Ma­ri­na is die voor­sit­ter van die Harts­me­an­der. Sy en haar eer­ste man, Frans Ot­to, het in 1995 uit T­ri­chardts­dal in M­pu­ma­lan­ga na die plaas toe >

ge­kom – na­dat Frans se ou­pa, wat die plaas be­sit het, oor­le­de is.

“Frans was ’n ap­te­ker, en ons het al­bei op ’n dorp groot­ge­word. Ons het niks ge­weet van ’n mel­ke­ry of ’n plaas nie. Nie eens dat ’n koei moet kalf voor sy kan melk gee nie!” lag Ma­ri­na oor daar­die beginjare.

Hul­le het die jer­seys wat Frans se ou­pa ge­had het, van die hand ge­sit en s­wit­sers be­gin melk. Ná Frans se dood in 2003 het Ma­ri­na el­ke lie­we ding op die plaas ver­koop, maar in die­self­de jaar nog het sy weer met die mel­ke­ry be­gin. “Ek het skie­lik be­sef ál ma­nier hoe ek vir my ses kin­ders sal kan sorg, is deur weer te be­gin melk. Ná se­we jaar was dit ook al wat ek reg­tig goed kon doen.” Van­dag het sy 65 s­wit­sers wat sy d­rie keer per dag melk.

Ma­ri­na het op skoue al tal­le pry­se ge­wen met haar koeie. Dit was op kud­de­be­soe­ke dat sy en Anton, wat as vee­arts in die ge­bied ge­werk het, ont­moet het. “Ter­wyl ek een of an­der kur­sus in Jo­han­nes­burg by­ge­woon het, het van my koeie seer­ge­kry en ek bel toe vir Anton so­dat hy kan gaan kyk. Toe ek la­ter die re­ke­ning kry, sien ek hy het nie al sy on­kos­tes daar­op ge­sit nie. Ek bel toe om te laat weet die re­ke­ning is te min en hy ant­woord toe ek skuld hom net ’n kui­er. En so het ons sto­rie ge­loop,” ver­tel Ma­ri­na.

Anton werk nie meer as vee­arts nie, maar het met pa­pe­gaaie be­gin teel. Hy en Ma­ri­na het ne­tjie­se hok­ke op die plaas ge­bou en hou 100 broei­pa­re aan – ek­so­tie­se spe­sies soos goue man­tels, ga­lah-ka­ke­toes en blu­e­front a­ma­zons.

Dit verg soms ’n ba­lan­seer­toer­tjie om by te bly met die boer­de­ry én die Harts­me­an­der se sa­ke, sê Ma­ri­na. “Ek is glad nie lief vir ad­min nie, maar A­dri is my reg­ter­hand en weer uit­ste­kend daar­mee. So tus­sen die t­wee van ons word al­les da­rem ge­doen! Ag, en kyk, as ’n mens mos ’n pas­sie het vir iets, dan voel dit da­rem nie soos werk nie.”

LA­TER DIE DAG brand die son uit ag­ter San­nies­hof se el­le­lan­ge ry si­lo’s – dit is blyk­baar die groot­ste graan­berg­plek in Sui­der-a­fri­ka. Hoe­wel die N14 reg­deur die dor­pie loop, is dit ’n k­lein plek­kie waar daar op die oog af nie veel aan­gaan nie. Daar­om is ’n mens aan­ge­naam ver­ras om te ver­neem van die Miers­hoop-kuns­ga­le­ry op die plaas Leeu­w­kuil net bui­te die dorp.

Dis hier waar ek die vol­gen­de og­gend vir Lou­i­se en Jan­nie van Rooy­en kry. Lou­i­se het nog al­tyd op die plaas ge­skil­der en haar prag­ti­ge klei­beel­de ge­maak, en dan daar­mee die pad ge­vat om dit te gaan ver­koop. “O, ek het o­rals heen ge­ry met my goed. Aard­klop toe, dié­kant toe, daai­kant toe… Maar toe raak ek moeg van die ry­e­ry en ons be­sluit ons maak ’n ga­le­ry net hier op die plaas oop.”

Sy het op ’n plaas na­by Er­me­lo groot­ge­word en is ’n plaas­mens in murg en been – dít kan ’n mens ook in haar kuns sien. Am­per al­tyd sien jy hoen­ders, wind­pom­pe, bees­te, do­ring­draad…

In som­mi­ge skil­de­rye sweef ’n en­gel­fi­guur. “Dit is G­riet-en­gel. Sy hou din­ge hier op die plaas dop en hou daar­van om mooi aan te trek,” ver­dui­de­lik Lou­i­se.

Dit is ’n rus­ti­ge en warm at­mos­feer wat in die Miers­hoop-ga­le­ry heers. Dis hier waar Lou­i­se al haar werk doen ter­wyl die t­wee Jack Rus­sells, Nel­la en Bruintjie, by haar voe­te lê. Sy skil­der on­der die naam Ki­ki. “My een dog­ter het as kind al­tyd vir my so ge­sê. Eers la­ter het ons ag­ter­ge­kom sy be­doel ‘kyk hier’… Nou ja, ek het ge­dink ‘Ki­ki’ lyk baie be­ter op ’n skil­de­ry as ‘Lou­i­se van Rooy­en’.”

DE­LA­REY­VIL­LE Hier’s die ‘ hoof­dorp’

On­ge­veer 40 km suid­wes van San­nies­hof lê De­la­rey­vil­le, nog ’n dor­pie wat met ’n splin­ter­nu­we KFC spog. Fa­nie Bam, die dorp se wyk­raads­lid, vat my na die mid­del van die dorp waar ’n klomp Boe­re­kry­gers in ’n mas­sa­graf be­gra­we lê. Hul­le het al­mal in die Ang­lo-boe­re­oor­log om­ge­kom en was voor­heen op ver­skil­len­de plek­ke in die om­ge­wing be­gra­we.

“Men­se hou nie daar­van as jy De­la­rey­vil­le dié ge­wes­te se hoof­dorp noem nie, maar dit is nou so. Die mu­ni­si­pa­li­teit se hoof­kan­toor is ook hier. Jong, maar ek sal jou sê, om so ’n k­lein dor­pie aan die gang te hou kos moed­hou. Jy moet wrag­tag lank­moe­dig wees.”

Die de­li De Fi­jn­proe­ver word hoog aan­ge­skryf in die om­ge­wing vir sy puik vleis en ge­bak. As ek hier aan­klop, is ek net te laat vir ’n kook­kur­sus wat Han­nes Vis­ser, die ei­e­naar, aan­ge­bied het. Maar da­rem be­tyds om van die kur­sus­kos te eet: Dis kos wat jy in wind­ma­ker plek­ke in die stad ver­wag.

Han­nes en sy vrou, Ma­rie, het met die de­li be­gin na­dat Han­nes se fa­mi­lie­grond rondom 2007 ont­ei­en is. “Dit was row­we tye. Ons het t­wee jaar in die dorp se

‘Toe ek la­ter die re­ke­ning kry, sien ek hy het nie al sy on­kos­tes daar­op ge­sit nie. Ek bel toe om te laat weet die re­ke­ning is te min en hy ant­woord toe ek skuld hom net ’n kui­er. En so het ons sto­rie ge­loop.’

skool­kos­huis ge­bly ter­wyl ons hier bou,” ver­tel Han­nes voor­dat hy grap­pen­der­wys sê: “Kyk, nie ek óf Ma­rie het geld ge­had vir ’n pro­ku­reur nie, en daar­om het ons ge­luk­kig toe ge­troud ge­bly.”

Hoe­wel hul­le die plek as ’n de­li be­gin het, be­weeg hul­le dees­dae al hoe meer in die rig­ting van ’n re­stau­rant. “Ek wil net nie el­ke week ’n klomp e­tes voor­sit nie. Ons wil kre­a­tief bly. Hier ge­bruik ons ’n re­sep net as ’n rig­lyn,” sê Han­nes.

Hul­le seun Ar­no fo­kus op die bak­ke­ry. “Ek weet nie hoe­kom ek spe­si­fiek in die bak­ke­ry be­gin be­lang stel het nie, maar ek ge­niet dit baie. En ek’s mal oor die ge­voel van deeg in my han­de,” sê Ar­no.

OT­TOS­DAL En hoor jy die Bachti­ge dreu­ning?

Die vol­gen­de og­gend gaan ek na die NG kerk Ot­tos­dal, waar Mag­da­le­na Coet­zee aan die oe­fen is – sy speel al 42 jaar el­ke Son­dag die kerk se prag­ti­ge pyp­or­rel. “Ná die eer­ste diens wat ek hier ge­speel het, het ek so ’n mooi stuk­kie van Bach ge­speel. ’n Ou tan­nie van die ge­meen­te keer my toe ag­ter­na by die trap­pe voor en sê ek moet tog nooit weer daai ge­mors speel nie.” Maar Mag­da­le­na met die mu­siek­graad het deur­ge­druk, en dees­dae dreun daar ge­reeld ’n stuk­kie Bach deur die dorp. Ook die kerk­koor het on­der haar lei­ding ’n e­vo­lu­sie on­der­gaan, en is dees­dae ’n ge­wil­de koor wat ook el­ders op­tree.

Maar Mag­da­le­na tree nou uit as or­re­lis. “Ek sal steeds by tye speel, maar ek wil nie meer hê dit moet my ver­ant­woor­de­lik­heid wees nie.”

Sy skuif voor die ma­nu­a­le in om vir ou­laas Bach te speel. Die klan­ke maak die kerk vol, tot bo in die hoë, koe­pel­vor­mi­ge pla­fon. ’n Mens kan nie an­ders nie as om stil te sit en te luis­ter.

’N MENS KAN SE­KER SÊ Lou­rens van der Colf is Ot­tos­dal se blom­me­kind. Die man was met die 2010 Wê­reld­be­kersok­ker­toer­nooi in Suid-a­fri­ka die hoof­bloe­mis by Soccer Ci­ty in Jo­han­nes­burg. “Ie­mand van Fifa was by ’n troue waar ek die blom­me ge­doen het, en so het my naam toe by die re­ë­lings­ko­mi­tee be­land. Dit was die groot­ste on­der­vin­ding van my le­we. Ons het in daai tyd deur 100 ton plan­te ge­werk.” Sy ma, Mart, sê hy het aan “blom­skok” ge­ly.

Plan­te fas­si­neer hom nog al­tyd, ver­tel Lou­rens. Ná skool het hy ses maan­de >

in die noor­de­li­ke deel van die Dra­kens­berg tus­sen Zoe­loes gaan bly, en baie by hul­le ge­leer oor die ge­brui­ke van plan­te. La­ter het hy tuin­bou­kun­de ge­stu­deer en in 1999 met sy k­we­ke­ry be­gin. Deur die ja­re het hy en sy ma ge­sond­heids- en skoon­heids­pro­duk­te van plan­te ge­maak en self ge­bruik, maar eers ver­le­de jaar be­gin om dit te be­mark en ver­koop. Daar is on­der meer ge­sig- en lyf­room, o­lies en bad­sou­te – al­les in d­rie geu­re: roos, lem­me­tjie en la­ven­tel.

“Plan­te is die on­ge­loof­lik­ste goed,” sê Lou­rens as ons stap deur sy ou­ers se tuin en deur sy k­we­ke­ry, wat ook op die erf is. As ek wil ry, laai hy vir my ’n paar la­ven­tel­plant­jies in, ook t­wee va­ri­ë­tei­te wat hy self ge­kweek het: Roy­al Blue en Whi­te An­gel. “Plant hul­le en laat weet my hoe dit met hul­le gaan,” groet hy.

Net bui­te Ot­tos­dal be­gin dit re­ën. Die groot, oop, blou lug is nou toe­ge­pak met rol­len­de pers­blou wol­ke wat kort­kort vuur spoeg. Die re­ën hang soos swaar slui­ers uit die lug. En ek won­der of dít die re­de is vir die kre­a­ti­wi­teit van die Harts­me­an­der se men­se: Die groot oop­tes, groot lug, groot re­ën. In dié wê­reld word din­ge dui­de­lik nie in k­lein maat ge­doen nie.

Die vlak­tes van die Harts­me­an­der is be­saai met graan­si­lo’s soos dié een langs die N14 tus­sen San­nies­hof en De­la­rey­vil­le.

Fa­nie Ka­bu­la is die trot­se tui­nier by die NG kerk op Lich­ten­burg. Op 83 is Pau­li­ne The­art dank­sy haar daag­lik­se oe­fe­ning nog vol kre­a­ti­wi­teit én e­ner­gie. 3 Pau­li­ne ge­bruik nie teg­no­lo­gie vir haar te­ken- óf skryf­werk nie. Kyk hoe net­jies word haar ge­dig­te

LINKS Kof­fie by die ko­ö­pe­ra­sie. Ly­net­te Ver­ster se Kof­fie’te­ria-kof­fie­win­kel is be­gin as ’n snoep­win­kel vir werk­ne­mers van die NWK se hoof­kan­toor op Lich­ten­burg, maar dees­dae kan e­nig­ie­mand in­stap vir ’n lek­ker kop­pie boe­re­troos. REGS Bit­ty Ter­re­blan­che v

Dis tus­sen Ma­ri­na Ot­to se melk­bees­te en langs die druk­gang waar haar en Anton S­mit se lief­des­ver­haal be­gin het. ’n Blue­front a­ma­zon-kui­ken wat Ma­ri­na met die hand groot­maak. 3 Van Lou­i­se van Rooy­en se pot­te­bak­kers­werk in haar Miers­hoop-kuns­ga­le­ry op die

Die nu­we mo­de on­der graan­boe­re is om nie die lan­de­rye voor plant­tyd te be­werk nie – dit staan be­kend as die “no till”-me­to­de. Maar baie glo nog die ou ma­nier is die beste.

Lou­i­se van Rooy­en en haar t­wee hand­lan­gers, Nel­la en Bruintjie, die Jack Rus­sells, in haar Miers­hoop-kuns­ga­le­ry. Fa­nie Bam van De­la­rey­vil­le is ’n boer, ja, maar ook his­to­ri­kus én po­li­ti­kus. 3 Ar­no Vis­ser mag dalk ’n groot, sterk man wees, maar hy hou van

Vir die in­wo­ners van Ot­tos­dal is die mu­siek van Jo­hann Se­bas­ti­an Bach niks vreemds nie – Son­dag vul Mag­da­le­na Coet­zee ge­reeld die lug met die klan­ke van sy mu­siek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.