Waar of wol­haar ’n Ken­ner draai die mi­tes oor ge­ne­tie­se mo­di­fi­ka­sie nek om

Dees­dae het el­ke Jan Rap en sy maat ’n ei­er te lê oor die ge­ne­tie­se mo­di­fi­ka­sie van kos, al ver­staan ons bai­e­keer nie wat dit be­hels, waar­om dit no­dig is of hoe­kom ’n mens or­ga­nies én ten guns­te van GM kan wees nie. Le­on van Eck skei die kaf van die ko­rin

Weg! Platteland - - Inhoud - IL­LUS­TRA­SIES MO­NI­QUE MOU­IS­SIE

On­danks kli­maats­ver­an­de­ring en ’n wê­reld­be­vol­king wat teen 2050 op 10 mil­jard gaan staan, is ek as plant­we­ten­skap­li­ke vol ver­troue dat ons daar­in sal slaag om oor 45 jaar ge­noeg kos vir die mens­dom te kweek. Die boe­re van die toe­koms gaan gro­ter, voed­sa­mer oes­te op klei­ner pla­se pro­du­seer – en boon­op min­der wa­ter, che­mie­se plaag­do­ders en kuns­mis ge­bruik. Én ’n klei­ner im­pak op die om­ge­wing hê.

Ek en hon­derd­dui­sen­de an­der we­ten­skap­li­kes, land­bou­kun­di­ges en boe­re meen ge­ne­ties ver­be­ter­de plan­te is een van die be­lang­rik­ste ma­nie­re waar­op ons hier­die toe­koms­vi­sie gaan ver­we­sen­lik. Maar as jy een van daar­die men­se is wat glo C­hec­kers se vet rooi aar­beie is vol vis­ge­ne of we­ten­skap­li­kes staan in lan­de­rye en ta­kel mie­lies luk­raak met ’n spuit­naald, gaan jy waar­skyn­lik nie my en­toe­si­as­me deel nie.

Net soos kli­maats­ver­an­de­ring en in­en­tings is ge­ne­tie­se mo­di­fi­ka­sie (GM) ’n e­mo­si­o­neel ge­laai­de turks­vy wat ver­al aan­ge­hits word deur “hoog­le­raars” aan die U­ni­ver­si­teit van Google waar e­nig­een mi­tes as fei­te kan op­dis en goed­ge­lo­wi­ges met wol­haar­sto­ries en on­ge­gron­de vre­se op hol kan jaag. Be­lan­ge­groe­pe kry ook die kans om hul­le pro­pa­gan­da as klink­kla­re we­ten­skap aan te bied son­der dat ’n en­ke­le haan daar­na kraai.

Dit frus­treer my hoe moei­lik dit vir nie-we­ten­skap­li­kes kan wees om ak­ku­ra­te in­lig­ting oor plant­bi­o­teg­no­lo­gie te be­kom. Na­tuur­lik on­der­steun ek die me­dia se man­daat om ge­ba­lan­seerd oor we­ten­skap­li­ke kwes­sies ver­slag te doen, maar on­ge­luk­kig weer­spie­ël dié be­rig­te dik­wels nie die wa­re fei­te nie. Ons lees ge­du­rig hoe “om­stre­de” GM is, maar 99% van dié om­stre­den­heid word deur an­ti-gm-ak­ti­vis­te in die me­dia aan­ge­wak­ker en be­staan nie on­der we­ten­skap­li­kes nie. Trou­ens, in we­ten­skaps­krin­ge heers daar kalm kon­sen­sus, on­der­steun deur ’n mag­dom s­tu­dies en da­ta wat oor baie ja­re ver­sa­mel is: GM kos is vei­lig, en GM plan­te is een van ons be­lang­rik­ste hulp­mid­dels vir vol­hou­ba­re kos­pro­duk­sie. Vir ons én toe­koms­ti­ge ge­slag­te.

Van toe­ka tot nou

In die ver­le­de moes plant­te­lers baie moei­te doen om plan­te met ge­wens­te ei­en­skap­pe – soos weer­stand teen droog­te of siek­tes – te i­den­ti­fi­seer en dan met me­kaar te kruis om al daar­die ge­wens­te ei­en­skap­pe in die na­ge­slag by­een te b­ring. Daar­na moes hul­le dik­wels de­ka­des lank suk­kel om die­self­de plant­jies weer en weer en wéér met me­kaar te kruis om van al die ón­ge­wens­te ei­en­skap­pe – soos al­ler­ge­ne of lae op­brengs – ont­slae te raak. Sien, al stel ons net be­lang in die ef­fek van één geen, het die ou ma­nier van doen tien­dui­sen­de ge­ne van die ou­er­plant aan die na­ge­slag oor­ge­dra. (Ter­loops, hier­die ver­men­ging van ge­ne wat die mens­dom al eeue lank toe­pas, is niks an­ders nie as ’n vorm van ge­ne­tie­se mo­di­fi­se­ring. Dit ver­klaar hoe­kom daar nie in die na­tuur iets soos ’n kool­kop of wors­hond voor­kom nie!)

Dank­sy he­den­daag­se mo­le­ku­lê­re teg­nie­ke is plant­te­ling meer sub­tiel en ak­ku­raat as ooit te­vo­re. Ons kan plant­ge­ne nou veel nou­keu­ri­ger re­di­geer om van on­ge­wens­te ei­en­skap­pe ont­slae te raak, of om net die en­ke­le geen wat van be­lang is oor te dra. Die stuk­kie DNS vir daar­die geen kan af­koms­tig wees van ’n in­di­vi­du van die­self­de spe­sie, ’n ver­wan­te spe­sie, of selfs van ’n on­ver­wan­te spe­sie. Om­dat hier­die geen ui­ters deeg­lik be­stu­deer is, weet ons pre­sies wat die funk­sie daar­van is, in teen­stel­ling met die dui­sen­de on­be­ken­de ge­ne wat vroe­ër oor­ge­dra is.

Min­der gif, gro­ter wins­te

Ons hoor dik­wels hoe “on­vol­hou­baar” die mo­der­ne land­bou is, maar baie van dié kri­tiek kan her­lei word na die in­dus­tri­a­li­se­ring van die be­dryf in die vo­ri­ge eeu. Heel­wat van die (ge­reg­ver­dig­de) “on­ge­mak” oor pla­se wat mas­sie­we hoe­veel­he­de wa­ter, kuns­mis en an­der om­ge­wingson­vrien­de­li­ke in­set­te no­dig het, word eg­ter voor die deur ge­lê van ge­was­se wat deur bi­o­teg­no­lo­gie ont­wik­kel is. Dit is on­reg­ver­dig, om­dat ge­ne­ties ver­be­ter­de ge­was­se juis help om die na­de­li­ge im­pak te ver­min­der of selfs om te keer.

Boer­de­ry in die 21ste eeu lyk al baie an­ders as in die vo­ri­ge eeu. Se­dert die eer­ste GM ge­was­se am­per t­wee de­ka­des ge­le­de kom­mer­si­eel ver­bou is, het GM plan­te die ver­bruik van che­mie­se plaag­do­ders met 37% ver­min­der, en op­brengs­te met 22% en boe­re se wins met 68% op­ge­stoot. Die ge­bruik van GM plan­te help selfs om die kool­stof­voet­spoor van die land­bou­be­dryf te ver­klein om­dat boe­re wat GM ge­was­se kweek, meer ge­neig is om be­wa­rings­be­wer­king toe te pas: min­der be­wer­king met min­der e­ro­sie van ons kos­ba­re bo­grond.

Dink aan die mil­joe­ne maal­tye wê­reld­wyd wat die af­ge­lo­pe t­wee de­ka­des van GM ge­was­se ge­maak is. In dié tyd het nie ’n en­ke­le we­ten­skap­lik ge­loof­waar­di­ge be­rig ver­skyn oor die na­de­li­ge uit­wer­king van GM kos op ons ge­sond­heid nie. >

‘Daai slap­tjips gaan ewe lek­ker op jou heu­pe sit – of die so­ja-o­lie waar­in die aar­tap­pels ge­braai is nou GM is of nie.’

sty­sels en sui­kers, en dié be­gin­sel staan on­af­hank­lik van kos­be­stand­de­le wat met Gm-teg­no­lo­gie ge­kweek is (of nie). Daai slap­tjips gaan ewe lek­ker op jou heu­pe sit – of die so­ja-o­lie waar­in die aar­tap­pels ge­braai is nou GM is of nie.

Maar daar is hoop. By die on­lang­se In­tel­li­gen­ce Squa­red-de­bat in New York oor die vei­lig­heid en im­pak van GM kos het die ge­hoor aan ’n me­nings­pei­ling deel­ge­neem. Aan­vank­lik was am­per ewe veel ge­hoor­le­de on­se­ker oor, ten guns­te van of ge­kant teen GM kos, maar teen die ein­de was ’n vol­le 60% ten guns­te daar­van. Dit wys die al­ge­me­ne pu­bliek be­sef die voor­de­le van bi­o­teg­no­lo­gie as hul­le ak­ku­ra­te fei­te tot hul­le be­skik­king het.

Die an­ti-gm-be­we­ging is hoogs wins­ge­wend, ver­al vir die “or­ga­nie­se” kos­be­dryf, wat hul­le produkte dik­wels as die teen­pool van die in­dus­tri­ë­le kos­be­dryf be­mark en ook nie skroom om Gm-teg­no­lo­gie by laas­ge­noem­de in te boen­der nie. Daar is eg­ter geen re­de waar­om GM plan­te nie vol­gens or­ga­nie­se be­gin­sels ge­kweek kan word nie. Een van die beste be­na­de­rings vir vol­hou­baar­heid in die toe­koms is juis as die t­wee in har­mo­nie saam­werk.

“Ek kan nie ver­staan waar­om or­ga­nie­se boe­re nie GM ge­was­se wil on­der­steun nie,” sê prof. Jennifer T­hom­son, hoof van die de­par­te­ment mi­kro­bi­o­lo­gie aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad. “Wat is im­mers meer or­ga­nies as ’n Dns-mo­le­ku­le?”

In hul­le boek To­mor­row’s Ta­ble skryf die plant­ge­ne­ti­kus prof. Pamela Ro­nald en haar eg­ge­noot, Ra­oul A­dam­chak, ’n or­ga­nie­se boer, oor die voor­de­le van ver­soe­ning tus­sen dié o­ën­skyn­lik teenstrydige prak­ty­ke. Toe hul­le stu­den­te aan die U­ni­ver­si­teit van Ka­li­for­nië in Ber­ke­ley ge­vra het om te kies tus­sen (1) kon­ven­si­o­ne­le mie­lies wat met che­mie­se plaag­do­ders be­spuit is; (2) or­ga­nie­se mie­lies wat dalk hier en daar met ’n wurm­pie of t­wee be­smet is; of (3) GM mie­lies wat vol­gens or­ga­nie­se be­gin­sels

ge­kweek is, het feit­lik al die stu­den­te laas­ge­noem­de op­sie ge­kies.

Dink aan daar­die 10 mil­jard hon­ger mon­de in 2050 en die uit­wer­king van kli­maats­ver­an­de­ring. Ons kan nie toe­laat dat wan­be­grip en vrees ons van ’n won­der­li­ke hulp­mid­del ont­neem nie. “Ver­brui­kers het nou die kans om ’n in­vloed te hê op die soort plan­te wat in die toe­koms ont­wik­kel word,” sê prof. Ro­nald. “Ons moet boer­de­ry­ me­to­des on­der­steun wat goed is vir die om­ge­wing én ver­brui­kers.”

Een ding is dui­de­lik: In die 21ste eeu sal die land­bou­be­dryf én die e­tens­ta­fel son­der bi­o­teg­no­lo­gie ag­ter­uit boer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.