Fo­to-es­say Land­bou­ko­ö­pe­ra­sies... die e­nig­ste mall waar die boe­re kui­er

Koöperasies is so eie aan ons land soos bil­tong en vu­vu­ze­las. Dis die een plek waar boe­re se­ker die mees­te sa­ke doen… en sto­ries uit­ruil oor die week se re­ën, die lang droog­te en die skelm­geit van jak­kal­se.

Weg! Platteland - - Inhoud - FO­TO’S EN TEKS WIL­LEM VAN DER BERG

Die eer­ste ko­ö­pe­ra­sie waar ek my voe­te ge­sit het, was die Suid­wes­ko­ö­pe­ra­sie op Reddersburg in die Vry­staat. Dit was die ein­de van die ja­re tag­tig, en met die R1-munt wat my ma soms vir my en my sus­ter ge­gee het – nog die ou gro­te, wat ’n kin­der­hand­jie vol­ge­lê het – kon ons daar in Suid­wes vir ons ’n Bar One en ’n pak­kie ta­ma­tie­geur tjips koop.

Op die staal­rak­ke van die ko­ö­pe­ra­sie was die groot ver­skei­den­heid produkte uit­ge­pak: vee­me­di­sy­ne, kas­treer­rek­kies, rek­kietan­ge, naal­de, spui­te, do­seer­kan­ne, plas­tiek­krat­te vol rooi en o­ran­je pyplas­te, plas­tiek­krat­te vol ko­per­kra­ne, bui­sies Prat­ley-aan­maak­gom, Q20 (ons het dit spook­pie­pie ge­noem) en Quick Start vir daai tyd se ou die­sel­bak­kies wat so ge­suk­kel het om te vat. Daar was ’n af­de­ling met on­der­de­le vir wa­ter­krip­pe. Daar was saals, to­me en stie­beu­els. En op een rak was groot blik­ke Hall’s-sap­kon­sen­traat – my ma het al­tyd die koe­ja­wel ge­koop.

By die be­taal­punt het die vroue ge­sel­sies ge­maak ter­wyl hul­le die pry­se op sul­ke ou­tyd­se re­ke­naars in­sleu­tel – al­mal het me­kaar ge­ken en ge­weet waar jy boer of in die dorp bly. Des­tyds was daar nog nie iets soos skan­deer­ma­sjie­ne nie, en die fak­tuur is op ’n ra­se­ri­ge dot ma­trix- druk­ker­tjie uit­ge­druk, op pa­pier met sul­ke skeur­stro­kies vol gaat­jies aan die kan­te.

Nou ja, se­dert­dien het din­ge taam­lik ver­an­der. Maar een ding het die­self­de ge­bly. Daar­die reuk. Tot van­dag toe ruik koöperasies die­self­de: ’n meng­sel van lu­sern en Hall’s-koe­ja­wel­kon­sen­traat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.