Van hein­de en ver Nuus en dag­boek

Nuus en nu­wig­he­de van hein­de en ver, plus ’n paar ple­sie­ri­ge plan­ne vir jou dag­boek.

Weg! Platteland - - Inhoud - SAAM­GE­STEL DEUR JO­HAN VAN ZYL

Dink net: Jy kom stap in die Ka­roo, al op die bui­te­ly­ne van ’n a­rend met ’n vlerk­span van 170 m, en ná 1,5 km is jy te­rug waar jy be­gin het. Ho­pe­lik sit dit jou aan die dink oor die lot van die Ka­roo en sy in­wo­ners. In­wo­ners soos die plaas­li­ke broei­paar swart­bors­slan­ga­ren­de.

Die Sna­ke Eagle Thin­king Path is die jong­ste pro­jek van Si­te_spe­ci­fic, ’n vry­wil­li­gers­groep on­der lei­ding van An­ni Sny­man en S­trij­dom van der Mer­we wat deur om­ge­wings­kuns die aan­dag op be­lang­ri­ke kwes­sies wil ves­tig. Die pro­jek, net bui­te Mat­jies­fon­tein, vorm deel van die Ka­roo-ge­o­g­lief­pro­jek, en die doel, sê An­ni, is om men­se deur Google Earth be­wus te maak van die on­se­ker toe­koms van die half­droë Ka­roo. Hul­le wil hê ook toe­ris­te moet hier­heen kom.

As jy self ’n a­rend was, sou jy kon sien die roe­te wat jy ge­stap het, vorm nie net die bui­te­ly­ne van ’n a­rend nie, maar ook ’n vorm in sy maag wat ’n slang kan wees. Of ’n ri­vier. Of lug­stro­me. Al­les din­ge wat ’n a­rend no­dig het. Be­han­del ons die aar­de op so ’n ma­nier dat hier­die din­ge vir die a­rend be­houe sal bly? Dink maar self... Waar? Mat­jies­fon­tein. Wan­neer? Die o­pe­ning is in A­pril. Hou die Fa­ce­book­blad dop vir die pre­sie­se da­tum. Kon­tak si­te­spe­ci­fic.org.za

Sna­ke Eagle Thin­king Path

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.