Ver­tel ons Jul­le sto­ries en wen­ke

Weg! Platteland - - Inhoud -

’n Paar jaar ge­le­de het ek en my man, Mi­ke, be­sluit ons wil die stads­le­we ag­ter­laat en op ’n plaas gaan woon. Ons was nie van plan om kom­mer­si­eel te boer nie, maar wou wel ’n vol­hou­ba­re groen­te­tuin en vrug­te­boord be­gin.

Aan die be­gin was ons on­ge­dul­dig en het meer as een aan­bod op pla­se ge­maak waar­van ons eint­lik bit­ter­min ge­weet het. Só is ons keer op keer ge­dwing om ver­der te soek, en is dank­baar dat ons die tyd ge­had het om se­ke­re nood­saak­li­ke ken­nis te ver­kry. Ons het ook ge­leer baie plat­te­land­se ei­en­doms­a­gen­te is dik­wels nie goed ge­noeg toe­ge­rus om vir men­se te sê wat hul­le be­hoort te weet nie. Ons wil dus ’n paar sleu­tel­as­pek­te met le­sers deel:

1 Is daar wa­ter op die plaas? Dit klink van­self­spre­kend, maar ’n mens is ge­woon­lik op jou­self aan­ge­we­se en jy kan niks doen son­der wa­ter nie! 2 As jy wa­ter moet deel, moet jy weet op hoe­veel jy ge­reg­tig is – en maak se­ker dis wet­tig. Dring aan op ’n amp­te­li­ke do­ku­ment waar­op die deel­oor­een­koms uit­een­ge­sit word – ’n in­for­me­le oo­reen­koms met die vo­ri­ge ei­e­naar of ei­en­doms­a­gent is nie ge­noeg nie. 3 On­der­soek die moont­lik­heid van boor­gat­wa­ter be­hoor­lik. Sorg dat jy in­ge­lig is oor wat no­dig is om toe­gang tot dié wa­ter te ver­kry as daar nog nie stel­sels (soos pom­pe, e­lek­tri­si­teit of op­berg­plek) in plek is nie. Sul­ke goed kan gou ’n duur sto­rie raak. 4 Dink hoe jy die wa­ter vol­gens jou be­hoef­tes gaan berg. As daar ’n dam op die plaas is, moet jy se­ker maak dis in ’n goeie toe­stand. 5 Dring aan op amp­te­li­ke do­ku­men­ta­sie wat die gren­se van die plaas aan­dui, ver­al as jy be­oog om ak­tief te boer of as jou grond grens aan pla­se waar kom­mer­si­eel ge­boer word. ’n In­for­me­le Google-kaart is on­vol­doen­de. 6 In­dien moont­lik, praat met bu­re oor die grond wat te koop is. Hul­le weet dalk iets wat nie­mand vir jou ge­sê het nie, of het dalk an­der i­dees oor gren­se, in­fra­struk­tuur, en­so­voorts. Dit kan jou baie frus­tra­sie s­paar… én reg­stap­pe! 7 As daar plaas­wer­kers op die grond woon, moet jy jou­self ver­ge­wis van hul­le reg­te. 8 Is die stuk grond wat jy wil koop, son­der e­lek­tri­si­teit? Moe­nie net aan­vaar E­s­kom is die ant­woord nie. ( Teen dié tyd maak nie­mand meer daai fout nie. – Reds.) On­der­soek eers die kos­te-as­pek: Die aan­lê van krag en die maan­de­lik­se re­ke­ning is dik­wels baie duur en dalk on­vol­hou­baar vir klein­boe­re.

Jayne M­cel­wee, LADISMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.