Ek het ’ n paar vrae...

Weg! Platteland - - Briewe -

Ek ge­niet Plat­te­land ter­deë en jul­le on­der­wer­pe wat my Ier­se veg­lus­tig­heid sti­mu­leer, is waar­skyn­lik ge­sond! Ek het ’n paar be­lang­ri­ke vrae vir dr. Le­on van Eck, wat klaar­blyk­lik ’n groot voor­stan­der van GM ge­was­se is: • Hy ver­klaar die “op­brengs­te en wins­te’’ van boe­re wat GM saad ge­bruik, is veel gro­ter as dié van boe­re wat ge­wo­ne saad ge­bruik. Maar is dié GM ge­was­se on­vrug­baar of kan dit le­wens­vat­ba­re saad of knol­le pro­du­seer so­dat be­staans­boe­re ’n ge­deel­te van hul­le oes kan te­rug­hou om die vol­gen­de jaar te kan plant? Of is hul­le vir e­wig uit­ge­le­wer aan die im­mer­sty­gen­de pry­se van Gm­saad­han­de­laars? • Hoe be­ïn­vloed dié ge­was­se die ge­sond­heid van bye wat reeds wê­reld­wyd on­der druk is? Is daar ’n “by­vrien­de­li­ke’’ geen in die GM ge­was­se in­ge­bou wat an­der plae af­skrik (al is dit kos vir vo­ëls en an­der or­ga­nis­mes) maar nie bye na­de­lig be­ïn­vloed nie? • In­dien die Gm­krui­sings on­vrug­baar is, nes mui­le en an­der soog­dier­krui­sings, maar nie bye be­ïn­vloed nie, hoe ver­hoed ’n mens dat er­fe­nis­saad of nie­gm ge­was­se deur die on­vrug­ba­re geen be­soe­del word? Of sal die aar­de op die oud end net ’n paar plant­spe­sies oor­hê, al­mal met in­ge­bou­de plaag­do­ders wat ’n lang rak­le­we ver­se­ker?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.