D

Ie stuk­kie Oos­kaap wat so on­der Le­so­tho se stuit­jie in­ge­druk lê en aan die sui­de­lik­ste han­ge van die Dra­kens­berg klou, is ’n deel van ons land wat le­lik mis­ge­kyk en mis­ge­ry word. Par­ty men­se praat van die OosKaap­se Hoog­land, en dis in­der­daad hoog daar ro

Weg! Platteland - - Kom Kyk Nou! -

1 Die in­wo­nen­de kat van Ye Ol­de Prak­ti­jkt­kuns­ga­le­ry op La­dy Grey soek ’n bie­tjie warm­te in die ven­ster. In die NG kerk La­dy Grey word hard ge­oe­fen vir die jaar­lik­se Pas­sie­spel. 3 Tooi en I­sa­bel du Toit op hul­le stoep aan die bui­te­wy­ke van La­dy Grey. Max­ie is die skoot­sit­ter ter­wyl Gin­ger ver­by­draf. 4 Sandra Thomas is ’n kuns­te­naar van Oos­lon­den wat nou La­dy Grey haar tuis­te noem. Hier het sy “nu­we e­ner­gie” en” baie meer tyd” vir haar kuns. 5 Sandra se man, B­ri­an, is net so ge­luk­kig op La­dy Grey. Hy sê hy kan nie op­hou kyk na die prag­ti­ge ber­ge en blou lug om hul­le nie. Bo­ris, die la­bra­dor, ge­niet ook die ys­li­ke erf aan die voet van die Wit­te­berg. 6 Soon Cloe­te, La­dy Grey se melk­en wa­ter­man. 7 Nee, dis nie S­wit­ser­land nie, maar La­dy Grey!

Maar nou is El­sie so deel van die dorp soos die he­mel­hoë ber­ge rondom haar. Sy be­sit An­ny’s Café (’n re­stau­rant­jie met ’n in­tie­me kroeg) net langs die melk­win­kel, sy help re­ël ’n maan­de­lik­se drie­gan­ge­te en by­me­kaar­koms vir die in­wo­ners, en help met die re­ë­lings vir die jaar­lik­se Roy­al Ma­cnab­jag­na­week.

“Ek wil nê­rens an­ders bly nie. Hier ken ons me­kaar. Ons werk saam en ons kui­er saam. En kyk om jou: Waar gaan jy mooi­er kry?”

Laat­mid­dag haak blou­swart wol­ke teen die berg­han­ge vas en giet die dor­pie be­hoor­lik nat. Ek sny ’n lyn oor ’n sop­nat Bothastraat tot op die Moun­tain View Coun­try Inn se breë stoep. Dié prag­ti­ge ou dorps­ho­tel wat uit die 1870’s da­teer, be­hoort die af­ge­lo­pe 14 jaar aan Da­le­ne en Ot­to Oer­tel. Hoe­wel hul­le op La­dy Grey groot­ge­word het, het hul­le al­bei in die stad gaan werk en nóg la­ter al t­wee vir Volks­wa­gen ge­werk. Nie net by die aan­leg in Ui­ten­ha­ge nie, maar ook in Duits­land.

“Toe ons be­sluit ons wil ’n rus­ti­ger le­we hê, was ons ou tuis­dorp ’n natuurlike keu­se. Maar ek moet sê, dit was nog­al ’n skok en aan­pas­sing om te­rug te kom. Ons was ge­woond aan die stads­ge­woel, aan win­kels om die hoek. Om skie­lik ’n stok­ou ho­tel te hê het din­ge ook nie mak­li­ker ge­maak nie. Daar is heel­tyd iets wat reg­ge­maak moet word.”

Die Oer­tels neem na­we­ke graag fo­to’s – die om­ge­wing het geen te­kort aan na­tuur­to­ne­le en won­der­li­ke uit­sig­te nie.

“As jy hou van a­von­tuur, kan jy lank be­sig bly. Hier is fan­tas­tie­se stap­en berg­fiets­roe­tes. Hier is ri­vie­re om in te swem, ber­ge om te klim. En groot berg­fiets­en hard­loop­uit­da­gings soos die War­trail, Sky­run en Lam­mer­g­ei­er word hier ge­hou,” sê Da­le­ne.

DIE VOL­GEN­DE OG­GEND is daar ’n lig­te be­roe­ring op die dorp. FNB en S­tan­dard Bank se ou­to­tel­lers is bui­te ak­sie na­dat ie­mand dit in die nag pro­beer oop­breek het. “Ai, en die S­tan­dard Bank­ma­sjien is maar ’n maand ge­le­de in­ge­sit,” hoor ek ie­mand op straat mor.

By die kuns­te­a­ka­de­mie kry ek die skool­hoof, Hen­drik Bek­ker, in sy kan­toor. Hy ver­tel dat die skool, wat eers die Da­vid Ross­skool ge­noem is, in die vroeë ja­re ne­gen­tig am­per toe­ge­maak is om­dat ge­tal­le so skerp ge­daal het. Chris Oost­hui­zen, die des­tyd­se skool­hoof, het be­gin fo­kus op die kuns­te en die skool her­doop tot die Wit­te­berg­kuns­te­a­ka­de­mie. Dit het die skool ge­red, en van­dag is hier 545 leer­lin­ge van gr. 1 tot gr. 12 wat dra­ma, mu­siek, dans en ont­werp stu­deer.

“Dis al­les­be­hal­we ’n ge­wo­ne skool,” sê Hen­drik, wat in 2009 hoof ge­word het. “Hier kry jy nie ’n nor­ma­le dag nie. Maar hier ge­beur iets on­ge­loof­liks met die kin­ders en ek skryf dit toe aan die kuns­te. En dit is uit die aard van die saak fan­tas­ties om so iets hier op die plat­te­land te hê. Ver­al vir ou­ers wat nie die geld het om hul­le kin­ders ste­de toe te s­tuur nie.”

Hen­drik bly ook baie lek­ker op La­dy Grey. “Men­se sê al­tyd ‘maar daar gaan dan niks aan in jou dorp nie’. Pre­sies. Dís hoe­kom dit lek­ker is. Jy kan reg­tig rus­tig raak hier.”

Dis moei­lik om din­ge vin­nig te doen op La­dy Grey, want o­ral groet en ge­sels men­se. Daar­om kry ek eers laat­mid­dag die dor­pie uit­ge­glip, aan sy oos­te­kant, waar jy da­de­lik die ber­ge teen Jou­berts­pas be­gin uit­klim. Nie el­ke dorp kan spog met so ’n prag­ti­ge grond­pad­pas op sy ag­ter­stoep nie. Aan die an­der kant van die pas kron­kel die grond­paad­jie nog ’n goeie 30 km tus­sen die mooi­ste val­leie deur en ver­by sil­wer stroom­pies tot by die R58, die pad tus­sen La­dy Grey en Bark­ly­oos. Maar ’n k­lein ent­jie voor die teer­pad draai ek in by die gas­te­plaas G­len Doone. Dis al don­ker.

Keen­an en Ta­nya S­pann en hul­le seun, Ken­dryck, wag my in, en hul­le wei­er dat ek op my eie in die don­ker braai. Om die groot hout­ta­fel in die plaas­kom­buis ver­tel hul­le hoe hul­le in 2010, ’n maand ná hul­le troue in P­re­to­ria, hier na die plaas toe ge­trek het.

“Ek met die Land Crui­ser en ’n hel­se Bul­perd­sleep­wa vol goed, en Ta­nya met die Hi­lux­bak­kie,” ver­tel Keen­an.

Die boe­re en slag­ters in dié kol van die land glo hul­le het die beste bees­vleis ter wê­reld om­dat hul­le die beste natuurlike wei­ding het. Ot­to en Da­le­ne Oer­tel op die lang stoep van die Moun­tain View Coun­try Inn. 3 Die La­dy Grey­kuns­te­a­ka­de­mie word om­ring deur ber­ge, en die skool­hoof, Hen­drik Bek­ker, is trots op die ge­leent­he­de wat plat­te­land­se kin­ders hier kry. 4 Kom kruip weg vir e­pos­se, op­roe­pe en ver­keer by die G­len Doone­gas­te­plaas tus­sen La­dy Grey en Bark­ly­oos. 5 K­lein Ken­dryck S­pann word in die ber­ge tus­sen La­dy Grey en Bark­ly­oos groot na­dat sy ou­ers, Keen­an en Ta­nya, die pad uit Gau­teng ge­vat het om hier te kom boer.

se A­fri­can Pot kan jy on­der meer skaap­kop, skaap­poot­jies, cha­ka­la­ka, sty­we­pap en so­sa­ties kry.

“Bark­ly sal al­tyd my huis bly, al woon en werk ek in Jo­han­nes­burg. Dis die plek waar­na­toe ek een­dag wil te­rug­kom. Hier kan ’n mens nog die on­skuld ruik en jou ver­kyk aan die mooi ber­ge. En al is dit vrees­lik koud in die win­ter, is dit steeds be­ter as die kar­fu­mes daar in Jo­zi,” ge­sels No­zu­ko op­ge­wek. “Men­se in groot ste­de dink om­dat jy van die plat­te­land af kom, moet jy ’n plat­te­land­se men­ta­li­teit hê, wat be­te­ken dat jy nie veel i­ni­si­a­tief kan neem en din­ge doen nie. Dit is so ver­keerd. Op die plat­te­land moet jy d­rie keer har­der werk en plan­ne maak om aan die le­we te bly.” op en af. Maar dis al­les die moei­te werd. Die Bel­l­ri­vier, wat we­mel van fo­rel­le, spat­spat teen die kant van die dor­pie ver­by en die mis­ti­ge Dra­kens­berg vou die plek­kie toe as­of ’n groot ge­heim hier be­waar word. Net voor die dor­pie swaai ek in by die plaas Earl­stown waar Ber­nard en Ber­na­det­te Rey­ne­ke* bly. Hul­le is ook Jo­han­nes­bur­gers wat van die ge­druis en ge­woel ge­vlug het.

“Ek móés net nou en dan daar weg­kom,” ver­tel Ber­nard. “Een maal ’n jaar het ek op een of an­der plat­te­land­se dor­pie gaan bly en die om­ge­wing daar ver­ken. ’n Vriend het my van R­ho­des ver­tel, en na­dat ek hier was, was die koe­ël deur die kerk. Toe die plaas in 2000 in die mark kom, het ek dit ge­koop. Dit was lank eers ons vakansieplaas, tot ek en Ber­na­det­te in 2010 hier­na­toe ge­trek en kom boer het.” Ber­nard ry nog al om die an­der week Jo­han­nes­burg toe waar hy ’n steen­ma­ke­ry be­stuur.

Om­dat hul­le ho­pe­loos te veel melk van hul­le klom­pie Dex­ter­koeie kry, het hul­le be­gin om hul­le eie kaas te maak. En toe be­gin hul­le die Toe­ka’s Coun­try Re­stau­rant op die plaas wat vyfster­ aand­e­tes voor­sit. Al­les gaar­ge­maak in ’n self­ge­maak­te klei­oond.

En nou maak Ber­nard bier ook. “Ja­nee, ons is be­si­ger as wat ons ooit in die stad was,” lag hy.

Laat­mid­dag dreun en blits dit al om Toe­ka’s se sink­kroeg, en bui­te moet Ber­nard vet, koue drup­pels re­ën trot­seer as hy die kos in die klei­oond wil be­kyk. Tus­sen­in teug ons aan die Pa­le Ale van Ber­nie’s­brou­e­ry. ’n He­le paar plaas­li­ke boe­re en hul­le vroue sluit hul­le by ons aan vir aand­e­te. Dis boe­re wat hier groot­ge­word het. Rof groot­ge­word het in hier­die ge­berg­tes en klo­we. En as jong man­ne nóg row­wer goed aan­ge­vang het so­dat jy net jou kop kan skud en die vroue be­won­der wat nou nog by hul­le staan. Maar dis lek­ker men­se. Po­li­tie­ke praat­jies word goed af­ge­wis­sel met sto­ries wat maag­pyn gee van al die lag. Die kos uit die Rey­ne­kes se kom­buis is voor­tref­lik en ek raak vies dat R­ho­des so ver van my af moet wees en plek­kies soos Toe­ka’s so skaars is.

DIE VOL­GEN­DE OG­GEND kry ek vir Sean en Liz de Wet in hul­le tuin vol vars groen­te en ys­li­ke son­ne­blom­me. Die Bel­l­ri­vier kab­bel 50m van hul­le ag­ter­deur af ver­by. Sa­ter­dag­og­gen­de hou hul­le ’n groen­te­mark en dan kan men­se wat nie ’n groen­te­tuin het nie of toe­ris­te wat groen­te soek, kom koop... en som­mer net ge­sel­sies maak. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.