I

Weg! Platteland - - Promosie -

n die len­te is dit blom­me wat die ska­res na die Wes­kus toe lok, en met goeie re­de ook. Maar moe­nie ver­geet van die mag­dom an­der na­tuur­skat­te wat jy saam met die blom­me kan ver­ken nie. Of jy nou met ’n voer­tuig of fiets ry, voet­slaan of roei, daar wag ’n fees vir jou oë, vars lug vir jou lon­ge en, ja, salf vir jou siel.

Blom­me vir A­fri­ka

as ’n prent­jie meer as ’n duisend woor­de ver­tel, kan die Wes­kus in die len­te som­mer ’n he­le paar bi­bli­o­te­ke vol­maak met sy ein­de­lo­se pla­te blom­me. Die mees­te men­se glo au­gus­tus en sep­tem­ber is blom­tyd, maar as jy ge­luk­kig is, sien jy al in Ju­lie heel­wat blom­me – en par­ty­keer nog tot in die eer­ste we­ke van Ok­to­ber. soos baie an­der din­ge in die le­we hang dit af van re­ën. WEN­KE VIR BLOMMEKYK Die blom­me steek eer­ste in die noor­de kop uit, en ver­sprei dan suid na­ma­te die kwik styg. Hul­le is op hul­le mooi­ste ge­du­ren­de die warm­ste tyd van die dag – van 11:00 tot 15:00 – en die mees­te gaan net oop as die son skyn en dit war­mer as 17 ºc is. Op koue, be­wolk­te of re­ë­ne­ri­ge dae wys hul­le nie ge­sig nie. Maar as hul­le wel oop­maak, volg hul­le die son ter­wyl hy sta­dig deur die he­mel­ruim aan­stap. Die blom­me is op hul­le mooi­ste – en sorg vir die mooi­ste fo­to­ge­leent­he­de – as die son ag­ter jou is. MOE­NIE MIS­LOOP NIE Die Ho­pe­field­fyn­bos­skou word van 27­30 au­gus­tus ge­hou, en so­wat 200 spe­sies – on­der meer uit die re­nos­ter­veld, sand­veld, riet­veld en vlei­land rondom Ho­pe­field – word ver­toon. vir nog in­lig­ting bel Ho­pe­field­toe­ris­me by 022 723 1720.

Die Wes­kus­na­si­o­na­le park aan die oe­wer van die lan­ge­baan­strand­meer is ’n baie ge­wil­de be­stem­ming vir blom­me­ky­kers. van 1 au­gus­tus tot 30 sep­tem­ber is die be­skerm­de Pos­t­berg­deel van die park met sy prag­ti­ge to­ne­le oop vir die pu­bliek. Net ’n ent­jie ver­der kan jy in ’n dui­ne­be­sie al met die dui­ne langs van Pa­ter­nos­ter na St. He­le­na­baai ry. saam met jou is ’n er­va­re toer­gids wat sto­ries ver­tel van Por­tu­ge­se ont­dek­kings­rei­s­ei­gers. Ja, jy gaan blom­me kyk, maar as jy ge­luk­kig is, sien jy dalk ook wal­vis­se en dol­fy­ne. Doen ge­rus na­vraag by far­rout.co.za of 072 402 1829. Die SAS Sal­dan­ha­natuurreservaat is nog ’n plek wat ’n mens in die laat win­ter en vroeë len­te moet be­soek – hier sien jy prag­ti­ge len­te­blom­me én die sui­de­li­ke noor­kap­per­wal­vis­se wat die baai be­soek. Maak se­ker jy kom by die Hoed­jies­kop­re­ser­vaat uit. Dit is ’n heu­wel in die mid­del van die dorp met ’n kort wan­del­roe­te na ’n uit­kyk­punt waar jy won­der­li­ke fo­to­ge­leent­he­de kry. Jy het ’n on­be­lem­mer­de uit­sig oor die dorp en baai – op ’n hel­der dag kan jy Ta­fel­berg sien! >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.