Sê a-a-aar­tap­pel!

Aar­tap­pels is die on­be­twis­te ko­ning van troos­kos – of jy dit nou goud­bruin en bros ver­kies, of fyn­ge­maak en bot­te­rig, of heel ge­bak tot die ou kne­wels swart en leer­ag­tig bui­te en heer­lik don­sig aan die bin­ne­kant is...

Weg! Platteland - - Kook Met Aartappels -

Hier­die aar­tap­pel­ge­reg is op sy beste warm uit die oond. Die ta­hi­ni gee dit ’n heer­lik ro­me­ri­ge neut­geur. Ver­hit die oond tot 200 °C. Sny die aar­tap­pels in kwar­te, sit dit in ’n oond­bak, drup ’n paar eet­le­pels o­lyf­o­lie oor en meng dit deur so­dat die aar­tap­pels o­ral­oor be­dek is. Bak dit vir 30 mi­nu­te of tot dit bros aan die bui­te­kant en sag bin­ne is. Draai dit half­pad­deur om.

Kap so­lank die krul­kool fyn. Meng die mos­terd, heu­ning en a­syn in ’n kop­pie.

Gooi al die be­stand­de­le vir die slaai­sous in ’n ver­sap­per en pols dit. Proe en voeg nog a­syn by in­dien jy dit suur­der ver­kies.

Haal die aar­tap­pels uit die oond, skep dit in ’n op­dien­bak, geur dit na smaak met sout, en meng da­de­lik die mos­terd­en­heu­ning­meng­sel en fyn­ge­kap­te krul­kool deur. Sprin­kel die bos­bes­sies bo­oor en sit dit saam met die slaai­sous voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.