C

Weg! Platteland - - Entrepreneur -

e­lia Guil­lau­me woon ver van al­les en al­mal af. Uit Polokwane ry jy ver­der noord, deur Lou­is T­ri­chardt met sy kerk­to­rings wat soos uit­ge­la­te arms die lug in skiet, voor­dat jy met die Wit­vlag­pad teen die Sout­pans­berg uit be­gin kron­kel. Die wê­reld be­gin meer na woud ruik, na saag­meu­le, na den­ne­gom, na mis­tig­heid. Die voer­tuie raak min­der en die om­ge­wing groe­ner.

Meer as 40 jaar al is dít Ce­lia se wê­reld. Die men­se hier rond noem dit som­mer “Die Berg”; vir haar noem hul­le “Die Berg­vrou”, die een wat alleen in die huis op die plaas Ge­luk woon. Die een wat nie som­mer af­kom dorp toe nie.

“Ek bly maar soos ’n mol in my eie ton­nel­tjies on­der die grond. Daar ken ek al die gan­ge en sy­paad­jies. En as ek lug wil skep, kom ek vir ’n ruk­kie op,” sê sy.

Dees­dae het sy ook ’n an­der naam: Sam­pi­oen­vrou.

Van vroeg tot laat sit die 52­ja­ri­ge Ce­lia en op­lees oor sam­pi­oe­ne. Loop die plaas plat op soek na nu­we spe­sies, maak aan­te­ke­nin­ge, ver­sa­mel voor­beel­de, te­ken op, fo­to­gra­feer, droog, skets en maak spoor­af­druk­ke op pa­pier van die ver­skil­len­de spe­sies. Want as dié gog­ga ’n mens eers ge­byt het, ver­tel sy en­toe­si­as­ties, is daar geen keer nie.

DIE VROU WAT RUS­TIG­HEID so deel van haar le­we ge­maak het, is ’n an­der mens as die Ce­lia wat de­ka­des ge­le­de SuidA­fri­ka se eer­ste ge­kwa­li­fi­seer­de vrou­li­ke groot­wild­jag­ter was. Ie­mand wat oor­se­se kli­ën­te ge­neem het om die Groot Vyf te jag. Ie­mand wat nie ge­skroom het om by le­wen­di­ge kro­ko­dil­le te duik om ’n dooie een vir ’n kli­ënt uit te sleep nie.

“Ek was jonk. Mis­kien was ek ’n bie­tjie wind­gat oor die Tv­on­der­hou­de, ar­ti­kels in oor­se­se tyd­skrif­te; oor die o­li­fan­te, bi­sons en an­der die­re wat ek ge­jag het. Maar daai tyd is vir al­tyd ver­by. Ek het ge­jag om­dat ek lief is vir die veld. Om­dat ek in die na­tuur wou wees, en nié om­dat ek die­re wou dood­maak nie,” sê sy. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.